肆客足球

Ons verbind ons om ons werk te verrig op 'n wyse wat uitnemendheid demonstreer
SLEUTELTEMAS: PERSONEELSLEUTELTEMAS: STUDENTE

Kommunikasie en deursigtigheid

  • Verskaf aktuele, tersaaklike inligting.
  • Prioritiseer oop, professionele kommunikasie met studente, insluitend duidelike en doeltreffende skryfwerk.
  • Erken en beloon goeie werk, voer gereelde evaluasies uit, wees buigsaam met spertye.

Kommunikasie en deursigtigheid

  • Voorsien 'n platform vir studente om insette oor voorgestelde veranderinge te lewer, en vir eerlike kommunikasie tussen personeel en studente.
  • Sluit kritiese betrokkenheid en dialoog by alle aspekte van die kampuslewe in.
  • Voorsien die beste tegnologie vir aanlyn leer, duidelike standaarde van opvoedkunde, toeganklikheid, en beskikbaarheid vir raadpleging.

Diversiteit en insluiting

  • Bevorder diversiteit in personeel en studente, veral in senior posisies.
  • Erken en ondersteun swart vroue in belangrike, besluitnemende rolle.
  • Prioritiseer 'n gedekoloniseerde en feministiese kurrikulum.

Inklusiwiteit en diversiteit

  • Aanvaar en inkorporeer diverse menings en akademiese agtergronde, en wees doelgerig en onboetvaardig oor die transformasiereis.
  • Bevorder inklusiwiteit en die dekolonisasie van studenteverblyf.
  • Diversifiseer personeel, inkorporeer meer Afrika-intellektuele en diversifiseer taalopsies vir studies.

Gehalte en uitnemendheid

  • Streef uitnemendheid in die werkplek na, veral doeltreffende kommunikasie, onderrig en leer, leierskap, navorsing en inklusiwiteit.
  • Verseker uitnemendheid in navorsing om befondsing vir navorsing te kry, om aan internasionale standaarde te voldoen, en om fasiliteite op te gradeer.

Professionalisme en uitnemendheid

  • Bevorder professionalisme en uitnemendheid in gedrag, kleredrag en kommunikasie.
  • Moedig kritiese denke aan, voorsien toegang tot die jongste navorsing, operasionele uitnemendheid, en bemeestering van vaardighede.
  • Verseker bevoegde dosente en ondersteuningspersoneel wat op studente gefokus is en 'n ho? vlak van kundigheid handhaaf.

Etiese gedrag

  • Lê klem op die belangrikheid van konsekwentheid, vertroue, gedeelde menslikheid, en toewyding aan diens.
  • Beklemtoon eerlikheid, integriteit, deursigtigheid, en etiese leierskap.
  • Aanvaar persoonlike verantwoordelikheid vir jou optrede, handelinge en gedrag.

Akademiese integriteit en gehalte

  • Handhaaf institusionele waardes en neem besluite wat studente se akademiese ontwikkeling prioritiseer.
  • Verseker dat besluite nie deur finansi?le lewensvatbaarheid be?nvloed word nie, maar eerder op waardetoevoeging tot studente se opvoedkunde fokus.
  • Skep 'n omgewing wat akademiese vryheid, geloofwaardigheid en integriteit ondersteun.

Professionele ontwikkeling

  • Fokus op professionalisme, verantwoordbaarheid, inklusiwiteit, gehalteversekering, buigsaamheid, probleemoplossing en korporatiewe oorsigbestuur.
  • Bly op hoogte van bedryfsontwikkelings, voortdurende leer, samewerking met deskundiges.
  • Bied geleenthede vir loopbaanontwikkeling, en reageer doeltreffend op navrae en probleme.

Bemagtiging en ontwikkeling

  • Moedig vaardigheidsontwikkeling aan; benut die geleenthede wat die universiteit aanbied.
  • Oorweeg middelinkomstehuishoudings wanneer beurse aangebied word, en ondersoek die verskaffing van laekoste-handboeke.
  • Bemagtig diegene met gestremdhede en bou verhoudinge wêreldwyd vir beter werkgeleenthede.

Ondersteuning en samewerking

  • Skep 'n positiewe en ondersteunende werksomgewing.
  • Bevorder konsekwentheid, vertroue, gedeelde menslikheid, aktiewe luister en toeganklikheid.
  • Doen meer as jou plig, bied ondersteuning in moeilike tye, en maak seker dat almal gerespekteer en gewaardeer voel.

Samewerking en vennootskappe

  • Bou verhoudinge wêreldwyd vir beter werkgeleenthede, werk saam met internasionale akademiese instellings, en verbeter verhoudinge met tesisleiers.
  • Moedig kritiese denke aan, verskaf toegang tot die jongste navorsing, en die bemeestering van vaardighede.

Verantwoordbaarheid en verantwoordelikheid

  • Verseker stiptheid, betroubaarheid en verantwoordelikheid onder dosente.
  • Beklemtoon die belangrikheid van toewyding, betroubaarheid en 'n positiewe gesindheid.
  • Aanvaar persoonlike verantwoordelikheid vir fisiese en psigiese welstand, en eienaarskap van jou optrede, handelinge en gedrag.

Verantwoordbaarheid en verantwoordelikheid

  • Hou jouself en eweknie? verantwoordbaar vir optrede.
  • Implementeer doeltreffende dissiplinêre prosesse vir sowel personeel as studente.
  • Beklemtoon tydbestuur en die nakoming van spertye.
  • Wees verantwoordelikheid en vermy plagiaat of onetiese gedrag.

Innovasie en aanpasbaarheid

  • Moedig kreatiwiteit en innovasie aan, en luister na personeel se aanbevelings.
  • Bly op hoogte van bedryfsontwikkelings, leer voortdurend en werk saam met deskundiges.
  • Bevorder deurlopende verbetering, weetgierigheid en die verbreding van kennis.
  • Verseker betrokkenheid by die gemeenskap en neem deel aan navorsingsvergaderings en -konferensies.

Volhoubaarheid en omgewingsverantwoordelikheid

  • Verleen hulp aan gemeenskappe in nood en lewer werk wat die samelewing op 'n volhoubare wyse bevoordeel.
  • Skep 'n veilige omgewing, belê in inheemse kennisstelsels en volhoubaarheid, en beskerm fasiliteite en bates vir toekomstige geslagte.

Studente-ondersteuning en -betrokkenheid

  • Lewer diens van ho? gehalte, reageer doeltreffend op studente se behoeftes, en wees buigsaam.
  • Kommunikeer duidelik en doeltreffend met studente.
  • Lewer studente met die beste gegradueerde-kenmerke.

Studente-ondersteuning en -welstand

  • Sien om na die welstand van alle studente, betoon vriendelikheid en bedagsaamheid teenoor ander, behandel ander met respek en deernis.
  • Bevorder in-persoon-ondersteuning aan studente, en luister na die behoeftes van studente.
  • Skep 'n veilige en inklusiewe omgewing vir studente, insluitend gestruktureerde opleiding, leierskapontwikkeling en programme vir loopbaanvordering.

Welstand en balans tussen werk en lewe

  • Bevorder eerlike en billike behandeling, en die erkenning en beloning van goeie werk en gedrag.
  • Hou van wat jy doen, weerspie?l 'n gesindheid van uitnemendheid, bly oop vir opbouende kritiek wat groei ondersteun.
  • Skenk aandag aan die onrealistiese verwagtinge van personeel, ondersteun hulle en verseker 'n beter balans tussen werk en lewe.
  • Skep 'n "groen" kultuur, voorsien veilige ruimtes, en moedig buigsame spertye aan.

Gelykheid en regverdigheid

  • Sorg dat assessering billik is, ongeag velkleur.
  • Erken en behandel rasse-ongelykhede, bly feitelik en objektief, verseker deursigtigheid in besluitneming.