Konvokasie
??????????????????????????????
Universiteit
Stellenbosch
Konvokasie:
Uitvoerende
Komitee Verkiesing
2024
Ingevolge klousule 51 van die Statuut (2019), moet die Konvokasie 'n president, 'n visepresident, 'n sekretaris en twee ander lede uit Konvokasiegeledere kies wat deel sal uitmaak van die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie. Lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch word hiermee uitgenooi om 'n lid of lede te benoem om vir 'n termyn van drie (3) jaar as lede van die Uitvoerende Komitee te dien nadat die vorige Uitvoerende Komitee se termyn ge?indig het. Die termyn van die nuut verkose Uitvoerende Komitee sal strek vanaf die dag wat die uitslae van die verkiesing aangekondig is.
Lede van die Konvokasie word versoek om ingevolge die Prosedure vir die nominasie en verkiesing van die Konvokasie se Uitvoerende Komitee, elektroniese nominasies in te dien vir geskikte kandidate om hierdie vakatures te vul.
Nominasievorms is hier onder beskikbaar:
Die Konvokasie dien as ’n platform vir US-alumni om hulle mening te lug, idees uit te ruil en tot die rigting en toekoms van die instelling by te dra. Volgens die
institusionele re?ls ?vir die Konvokasie sowel as die US Statuut is dit die Konvokasie se mandaat om ’n wedersyds voordelige verhouding tussen die Universiteit en Konvokasielede te handhaaf. Deur die Raad en Senaat van advies te voorsien, vervul die Konvokasie ’n belangrike rol in die welstand van die Universiteit.
Wie is die Konvokasie?
Die Konvokasie bestaan uit alle US-gegradueerdes, akademiese personeel, en voormalige voltydse akademiese personeel wat aftreeouderdom bereik het. Om doeltreffende kommunikasie te verseker, is dit noodsaaklik dat jy jou kontakbesonderhede by OAB bywerk. As ’n Konvokasielid, kan jy stem oor kwessies wat ter tafel gelê word, en sal jy belangrike kennisgewings ontvang.?
?Uitvoerende Komitee??
?? |
?? |
? |
??? |
?????? |
?Vakant President |
Vakant Visepresident |
?Vakant Sekretaris? |
Vakant Addisionele Lid |
Vakant?? Addisionele Lid |