
Kontakbesonderhede vir navrae
Studente moet asseblief hul US-studentenommer in die onderwerpre?l (subject line) voltooi wanneer hulle navrae per epos stuur.
Die studente-handleiding (Access Exam Timetable and Concession Letter on Student Portal) kan moontlik help om assesseringsverwante navrae op te los.
Die US se Klientedienssentrum is die primêre aankloppunt vir navrae en hulp, telefonies (021 808-9111) of per epos: info@sun.ac.za. Let asseblief daarop dat die Kli?ntedienssentrum vanwe? die opknapping van Admin A, tydelik in die Anorganiese Chemie-gebou in Bosmanstraat (direk oorkant Huis Marais) gehuisves word.
Vir bykomende inligting oor assesseringslokale, kan daar per epos by die Assesseringskantoor navraag gedoen word: stbexam@sun.ac.za
Navrae oor assesseringstoegewings — ook nuwe noodtoegewingsversoeke — kan per epos gestuur word na die Eenheid vir Gestremdhede: concessions@sun.ac.za
Studente kan hul briewe vir assesseringstoegewings via die SUNStudent portaal aflaai. Raadpleeg bladsy 7 van die studentehandleiding vir aanwysings.
Meld asseblief enige assesseringsverwante sake tydens die assesseringstydperk per epos aan by mev Ruby Frans:
ruby@sun.ac.za?







