
Re?lings vir die midjaar-assesserings? (2025)
Die midjaar A2- en A3-assesserings gaan voort soos beplan en gekommunikeer van Maandag, 19 Mei — Saterdag, 28 Junie 2025 vir studente onder toesig in assesseringslokale op die Stellenbosch-kampus.
SUNStudent het nog nie 'n selfoon-vriendelike koppelvlak nie. As jy dus jou selfoon gebruik om inligting op SUNStudent te probeer nagaan, sal die inligting moontlik nie op 'n gebruikersvriendelike manier vertoon word nie. Julle word daarom aangeraai om 'n rekenaar/skootrekenaar (en nie 'n selfoon nie) te gebruik om julle assesseringsroosters en lokaalinligting op SUNStudent na te gaan.
Hoe/waar vind ek my assesseringsrooster?
Lees die studentehandleiding en volg die stappe vir toegang tot jou assesseringsrooster (eksamenrooster) noukeurig. Die handleiding bevat ook skermgrepe wat jou deur die proses sal lei. Jy het hou USnommer@sun.ac.za (gebruikersnaam) en wagwoord nodig om toegang tot jou SUNStudent-profiel te kry.
Let asseblief daarop dat die SUNStudent-portaal slegs inligting oor die assesserings wat sentraal deur die Assesseringskantoor geadministreer word, vertoon. Dit sluit nie assesserings in wat deur die onderskeie akademiese departemente geadministreer word nie. Kontak julle dosente vir die rooster en lokaalinligting vir dié modules wat deur hulle bestuur word.
Hoe/waar vind ek my A2|A3-assesseringslokale?
Daar word van alle studente verwag om deeglik kennis te neem van die instruksies om hul assesseringslokale op SUNStudent te vind vir die modules wat deur die Assesseringskantoor geadministreer word. Daar is 'n handleiding ontwikkel (Access Assessment Timetable and Concession Letter on Student Portal) om julle daarmee te help.
Die A3-rooster en -lokaalinligting (per module/per datum/per sessie) vir studente sonder assesseringstoegewings sal
EEN dag voor die geskeduleerde A3-assessering op hierdie webblad gelaai word ingeval studente teenstrydighede vind of nie hul roosters op SUNStudent kan sien nie.
Vanwe? die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI-wet) mag inligting oor lokale vir assesseringstoegewings nie op hierdie assesseringswebblad gepubliseer word nie. Die US se Klientedienssentrum kan help met navrae oor A3-assesseringslokale vir studente met assesseringstoegewings: info@sun.ac.za of 021 808-9111. Let asseblief daarop dat die Kli?ntedienssentrum vanwe? die opknapping van Admin A, tydelik in die Anorganiese Chemie-gebou in Bosmanstraat (direk oorkant Huis Marais) gehuisves word.
Assesseringsre?ls
Studente word daaraan herinner dat alle assesseringre?ls streng nagekom moet word. Neem asseblief kennis van die omvattende Re?ls vir studente by assesseringslokale op die Stellenbosch-kampus. Hierdie re?ls is van toepassing op alle studente op die Stellenbosch-kampus, en sommige studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat hul assesserings op die Stellenbosch-kampus aflê.
Let spesifiek op die volgende re?ls wat betrekking het op selfone en ander elektroniese toerusting in alle assesseringslokale.
- Selfone moet te alle tye in assesseringslokale afgeskakel wees. Sodra studente by 'n lessenaar sit, moet hulle selfone in 'n ondeurskynende sak op die lessenaar voor hulle plaas vir die volle duur van die assessering. Eers nadat studente die assesseringslokaal verlaat het, mag selfone uit die sak gehaal en aangeskakel word.
- Studente word nie toegelaat om persoonlike skootrekenaars of ander elektroniese toerusting saam te neem na lokale waar geskrewe assesserings afgelê word nie.
- Indien 'n assessering 'n spesifieke aanmeld-prosedure vereis (byvoorbeeld wanneer aangemeld word in 'n elektroniese klaskamer), moet studente daardie presiese aanmeld-prosedure gebruik, en nie enige ander prosedure nie. Let asseblief daarop 'n selfoon vereis sal word wat veelfaktorbekragtiging (multi-factor authentication – MFA) moontlik maak met die aantekening op rekenaars in alle rekenaargebruikersareas slegs tydens aanlyn assesserings.
Verlof-tot-afwesigheid gedurende assesserings
Alle studente moet voldoen aan die relevante bywoningsvereistes van akademiese aktiwiteite (bv. klas, praktiese-, kliniese-, navorsings- of assesseringsaktiwiteite) wat deel vorm van die kurrikulum van die betrokke graad-, sertifikaat- of diplomaprogram waarvoor hulle geregistreer is. In die geval van afwesigheid van enige akademiese aktiwiteit, ook A2- en A3-assesserings, moet studente kennis neem van die re?ls in afdeling 12 van die Jaarboek 2025, Deel 1 (Algemene Re?ls).
Indien 'n student weens siekte of ander oorsake afwesig is tydens 'n A2- of A3-assesseringsgeleentheid, moet die dosent(e) wat vir die betrokke module verantwoordelik is, onverwyld in kennis gestel word.
- As 'n student wees siekte afwesig is, moet die aansoekvorm vir verlof-tot-afwesigheid so gou moontlik by die Sentrum vir Akademiese Administrasie (stbloa@sun.ac.za) ingedien word, tensy die afwesigheid slegs vir een eksamen was — dan sal die betrokke dosent die verlof-tot-afwesigheid administreer.? 'n Mediese sertifikaat wat aan spesifieke vereistes voldoen moet saam met die aansoekvorm ingedien word.
- Die aansoekvorm vir verlof-tot-afwesigheid moet vir ko-kurrikulêre aktiwiteite by die Afdeling Studentesake ingedien word, en vir sportaktiwiteite by Maties Sport.
?Akkommodering van godsdienstige oorwegings
Die Universiteit Stellenbosch respekteer die godsdienstige oortuigings en kulture van alle personeel en studente. Gevolglik sal, benewens nasionale openbare vakansiedae waartydens die Universiteit vir besigheid gesluit sal wees, geen assesserings geskeduleer word op sekere godsdienstige dae wat in die US-almanak gepubliseer word nie; behalwe vir Saterdae en Sondae, sal die Universiteit egter op hierdie dae oop en in werking bly.
Woensdag 29 Januarie 2025 - Chinese Nuwejaar
Maandag 31 Maart 2025 - Eid-ul-Fitr (tentatief)
Sondag 13 April 2025 – Joodse Paasfees (Pesach) Dag 1
Sondag 20 April 2025 – Joodse Paasfees (Pesach) Dag 8
Saterdag 7 Junie 2025 - Eid-ul-Adha (tentatief)
Dinsdag 23 September 2025 - Rosh Hashanah Dag 1**
Woensdag 24 September 2025 - Rosh Hashanah Dag 2
Donderdag 2 Oktober 2025 - Yom Kippur**
Maandag 20 Oktober 2025 - Diwali
** Hierdie godsdienstige dae begin die vorige aand. Dus sal geen assesserings na 17:30 die vorige aand geskeduleer word nie.
Studente wat vanwe? godsdiensige beperkings nie van 'n assesseringsgeleentheid gebruik kan maak nie, word op soortgelyke wyse geakkommodeer as studente wat tydens daardie assesseringsgeleentheid siek was, aan sportgeleenthede deelgeneem het of trauma van enige aard beleef het.
Let asseblief daarop dat geen assesseringsgeleenthede buiten dié wat normaalweg geskeduleer is, aan jou verskaf sal word as jy vanwe? godsdienstige beperkings 'n assesseringsgeleentheid nie benut nie.
Wanneer assesseringsroosters opgestel word, probeer die Roosterkantoor dit vermy om meer as een van die A1-, A2- of A3-assesserings (of ooreenstemmende assesserings vir jaarmodules) te skeduleer op dae wat in die algemeen aan godsdienstige beperkings onderhewig is.
Roosterbotsings tydens A2- en A3-assesserings
Die feit dat jy toegelaat word om te registreer vir modules wat op die assesseringsroosters bots, verleen aan jou geen reg om tegemoetgekom te word rakende assesseringsroosterbotsings buiten soos hieronder uiteengesit:
- Die Assesseringskantoor, en gewoonlik ook die tuisfakulteit, kom jou nie tegemoet as jy tydens die A2-tydperk roosterbotsings ervaar nie. In so 'n geval moet jy kies watter A2 jy wil benut, en dan A3 vir die botsende module gebruik.
- Die Assesseringskantoor kom jou wel tegemoet as jy tydens die A3-tydperk roosterbotsings ervaar met assesserings wat deur die Assesseringskantoor afgeneem word. Tegemoetkoming behels dat re?lings getref word dat jy die botsende assesserings onmiddellik opeenvolgend tydens die A3-tydperk skryf, onder toesig wat deur die Assesseringskantoor gere?l word.
Verwys na afdeling 6.1 van Jaarboek 2025, Deel 1 (Algemene Re?ls) vir omvattende roostervewante assesseringsvoorskrifte.
Nuwe antwoordboeke vir assesserings
Die Universiteit Stellenbosh het in 2024 'n nuwe antwoordboek vir assesserings bekendgestel. Alle studente moet hulself vergewis van die instruksies, asook die teken van die verklaring op die voorblad. Studente moet ook kennis neem van die assesseringsre?ls op die agterblad van die nuwe antwoordboek. Let asseblief op die inligting op die voor- en agterblad van die antwoordboek voordat jy na die assesseringslokaal vertrek. Voorbeelde van die voor- en agterblad is te sien op bladsy 9 en 10 in die
Re?ls vir studente by Assesseringslokale op die Stellenbosch-kampus.







