
A2- en A3-assesserings by die Universiteit Stellenbosch
Die Universiteit Stellenbosch (US) erken dat assessering ’n integrale deel van leer en onderrig uitmaak. Die US se Assesseringsbeleid ?omskryf assessering as “’n integrale deel van die onderrig-en-leerproses” wat “sistematies en doelgerig gebruik word om inligting aan die hand van die vereiste vaardighede uit te wys, in te samel en te vertolk ten einde ’n student se prestasie te beoordeel (RHO, 2016:12; eie vertaling)”. Dit kan ’n verskeidenheid take, produkte, uitsette of bekwaamhede insluit wat gebruik word om getuienis in te samel en die studente se prestasie volgens die gestelde assesseringsmaatstawwe en -uitkomste te beoordeel.
Dit is elke student se eie verantwoordelikheid om te verseker dat hulle elke aspek van die Universiteit Stellenbosch se assesserings verstaan, en betyds kennis te neem van die inligting wat beskikbaar is.
- ?Hierdie assesseringswebblad verskaf inligting oor spesifiek voorgraadse A2- en A3-assesserings op die Stellenbosch-kampus wat sentraal deur die Assesseringsadministrasie, Akademiese rekords en Gradekantoor (Assesseringskantoor) geadministreer word. Hierdie groep sluit studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe in wat ook hul assesserings op die Stellenbosch-kampus aflê.
- Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, die Fakulteit Krygkskunde en die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe op die Bellvillepark-kampus kommunikeer self oor kampus-spesifieke assesserings.
- Ander assesserings – byvoorbeeld A1, AF en A4 – word deur 'n module se tuisdepartement of sentrum geskeduleer en geadministreer. Studente moet hieroor met hulle dosente in verbinding tree.
- Raadpleeg afdeling 4 op bladsy 38 van die Jaarboek 2025, Deel 1 (Algemene Re?ls) vir meer besonderhede oor die onderskeie assesseringstydperke. ?







