
Waar/hoe kry ek A2- en A3-punte en finale uitslae??
Punte vir die A2- en A3-assesserings, asook die final midjaar-uitslae sal via die SUNStudent-portaal met studente gekommunikeer word. Verwys na die studente-handleiding: How to access your Examination Results en volg die instruksies stap vir stap.
Studente kan egter nog nie op die SUNStudent-portaal sien of hulle vir 'n A3-assessering kwalifiseer nie. Die dosent of akademiese departement sal studente wat kwalifiseer via SUNLearn of 'n ander kanaal soos deur die departement bepaal, in kennis stel.
Die besluit oor 'n A3-assessering moet verkieslik minstens vyf assesseringsdae voor 'n spesifieke module se A3-assesseringdatum gekommunikeer word, maar niks minder as drie assesseringsdae nie. Tensy openbare vakansiedae, word Maandag tot Saterdag as assesseringsdae getel. Vir korter kennisgewings moet die dekaan van 'n fakulteit of afdelingshoof van 'n sentrum gemotiveerde toestemming verleen. Studente moet binne twee weke na die begin van 'n module van so 'n afwyking in kennis gestel word. Let asseblief daarop dat sperdatums vir die finalisering van punte, soos in die almanak gepubliseer, voorkeur kry bo die bogenoemde bepaling van drie of vyf dae.
Die lokaaltoekenning vir 'n A3-assessering sal minstens
een of twee dae voor die assessering op die SUNStudent-portaal aangedui word. Vir studente sonder assesseringstoegewings wat moontlik teenstrydighede raaksien, of nie hul roosters op SUNStudent kan vind nie, sal die A3-lokaalrooster (per module/per datum/per sessie) minstens een dag voor die geskeduleerde A3-assessering op hierdie webblad gepubliseer word.
Die laaste dag vir die laai van die finale midjaar-uitslae, met die A2- en A3-punte ingesluit, is 18 Julie 2024.







