肆客足球

Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

???????????????????Uitkoms: Konvokasie Verskiesingsproses??Untitled-1.jpg

?Beste Lede van die Konvokasie

Ek het opregte waardering vir alle lede wat deelgeneem het aan die verkiesingsproses om persone te verkies om op die Konvokasie se Uitvoerende Komitee te dien. Soos vroe?r gekommunikeer, was ál vyf (5) posisies op die Konvokasie se Uitvoerende Komitee vakant. Ons het die Prosedure vir die nominasie en verkiesing van die Konvokasie se Uitvoerende Komitee (die Prosedure), soos gepubliseer op die Konvokasie-webwerf, gebruik om die proses te rig.

Kragtens paragraaf 6.1 van die Prosedure, het my Kantoor die suksesvolle kandidate in kennis gestel dat hulle verkies is en dié kandidate wat hulleself vir hierdie verkiesing beskikbaar gestel het, maar onsuksesvol was, bedank.

Ons maak hiermee die uitslag van die verkiesing bekend. Daar is ? totaal van 3943 stemme uitgebring.

Die deelnamekoers is 2.06%.

Die stemme is as volg uitgebring: ?

Vir President (een vakature)  
Dr Theo de Jager (3007)
Ds Riaan de Villiers (730)
Mnr Mfundo X Makanda (134)
Bly buite stemming (72)

Vir Vise-President (een vakature)
Mnr Lwazi Phakade (762)
Mnr Johan A Smit (3021)
Bly buite stemming (160)

Vir Sekretaris (een vakature))
Me Nomzamo P Ntombela (805)
Mnr Bernard Pieters (2996)
Bly buite stemming (142)

Vir Addisionele Lede (twee vakatures) 
Mnr Chris Briel (281)
Mev Taryn Cohn (Moos) (504)
Mev Isabelle de Taillefer (2282)
Mnr Jan de Villiers (2537)
Mnr Celenkosini G Lukhele (276)
Mnr Simphiwe Malaza (125)
Me Karen-Christine Meiring (Kabous) (1138)
Mnr Bernard JH Oosthuizen (357)
Bly buite stemming (25)

Die Konvokasie se Uitvoerende Komitee vir 'n driejaartermyn vanaf 1 Junie 2024 tot 31 Mei 2027 is:

President:
Dr Theo de Jager (3007 stemme, 76.3%)

Vise-President:
Mnr Johan Acker Smit (3021 stemme, 76.6%)

Sekretaris:
Mnr Bernard Pieters (2996 stemme, 76%)

Addisionele Lede:
Mnr Jan Naude de Villiers (2537 stemme, 33.7%); 
Mev Isabelle de Taillefer (2282 stemme?, 30.3%)

Paragraaf 4.1.1 van die Mandaat van die Konvokasie (beskikbaar op die Konvokasie-webtuiste) vermeld dat “Die Konvokasie se Uitvoerende Komitee help die Konvokasie om sy oogmerk te bereik en sy funksie uit te voer. Die Uitvoerende Komitee gee uitvoering aan besluite van die Konvokasie.”

Ons bedank al die kandidate wat hulleself vir hierdie posisies beskikbaar gestel het en wens die Uitvoerende Komitee sterkte toe met die uitvoering van die Komitee se mandaat. 

???Vriendlike groete

Dr Ronel Retief??
REGISTRATEUR
Universiteit Stellenbosch
31 Mei 2024


?
?