肆客足球

Die gebruik van leertegnologie? ter ondersteuning van onderrig en leer het al hoe belangriker geword. Nie net het ontwrigtings en ontwikkelinge in die ho?r onderwyssektor in die verlede die geleenthede wat deur opvoedkundige tegnologie? geskep word, uitgelig nie, maar die belangrikheid van leergesentreerde benaderings, verbondenheid en die student se konteks is ook benadruk, saam met die gebruik van leertegnologie? om die leeromgewing van studente te verryk.

Die Sentrum vir Leertegnologie? (SLT) vorm deel van die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking (Afdeling vir LOV) van die Universiteit Stellenbosch. Die SLT werk nou saam met ander sentra in die Afdeling vir LOV (nl. die Sentrum vir Onderrig en Leer, die Taalsentrum en die Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering) en in samewerking met die fakulteite (in noue samewerking met die Gemengde Leer Ko?rdineerders – GLK's – in elke fakulteit) om die leer- en onderrigervaring vir studente en akademici uit te brei.??

Die wederkerige betrokkenheid tussen die SLT en ander sentra en fakulteite vind plaas deur:

die betekenisvolle en innoverende gebruik van leertegnologie?

die gebruik van leertegnologie? om leeraktiwiteite vir inwonende en nie-inwonende studente uit te brei

die voorsiening van raad oor betekenisvolle en innoverende maniere om leertegnologie? te gebruik wat gegrond is in die akademieskap van onderrig en leer en wat die doeltreffendheid van onderrig en leer sal verhoog

digitale sosiale responsiwiteit en welsyn om gehalte ho?r onderwys te verseker, asook die gesamentlike skepping van kennis, studentesukses en lewenslange leer

Wat begin het as Telematiese Dienste aan die US staan nou bekend as die Sentrum vir Leertegnologie?. Telematiese Dienste? is egter steeds ’n integrale aanbieding van die SLT. Hierdie aanbod het verder uitgebrei na ’n projek wat bekend staan as die Telematiese SkoleProjek, wat aangebied word deur die Wes-Kaap Onderwysdepartement en die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Leertegnologie?. Soos die SLT gegroei het, het die behoefte aan akademiese ontwikkeling, opleiding en ondersteuning in verskeie aspekte wat verband hou met leertegnologie? al hoe duideliker geword. Die SLT verskaf strategiese leierskap, leiding en ondersteuning oor die integrasie van leertegnologie? aan verskeie belanghebbendes aan die US, asook in vennootskap met hulle. Die meerderheid opleiding en ondersteuning wat deur die SLT verskaf word, is op die Moodle-gebaseerde Leerbestuurstelsel (LBS), genaamd SUNLearn. Hierdie belangrike platform word as ’n virtuele leerruimte gebruik waar dosente en/of tutors gebruik maak van leertegnologie? om by studente betrokke te raak, en waar studente, op hulle beurt, toegang kry tot dosente, tutors, leermateriaal, leeraktiwiteite, assesserings en ander studente.

Kontak Ons

??

Dr Jan Petrus Bosman

Direkteur: Sentrum vir Leertegnologie?

E-pos?
+27 21 808 3077
+27 21 808 3565

?

Me A'isha Salaam

Senior Sekretaresse

E-pos?
+27 21 808 3563
+27 21 808 3565????

?

Me Christina Harvett

Navorsings Beampte

E-pos?
+27 21 808 3563
+27 21 808 3565????

Klik hier? vir die SLT organogram.

? CLT Organogram.jpg??


?
Alle ikone onder lisensie via Adobe Stock?

???????????????????????????????????