?Au?xin Hulpbronne 2023
?
?
? 3 Oktober 2023????
|
|
In die vier jaar waarin hulle onderwys studeer, gaan onderwysers wat nog nie in diens is nie, om met ? verskeidenheid assesseringsprosesse en ?take oor hulle studiemodules heen, om hulle vordering met die bereiking van die module- of programuitkomste te bepaal. Die skoolgebaseerde praktikum is ? integrale deel van daardie proses en beoog om onderwysstudente se begrip van assessering as leer en assessering vir leer te ontwikkel. Tot watter mate word selfbesinningspraktyke aangemoedig sodat onderwysstudente hulle kritiese denke oor die self kan ontwikkel? Daar word aangevoer dat, “hoewel selfbesinning na binne fokus, dit ? gewoonte [is] wat interpersoonlik beoefen en ontwikkel word, binne betekenisvolle verhoudings wat gerig word deur opsetlike vrae en ? strewe na doelbewuste oogmerke" (Costa en Garmston, 2016; Wetzel et al., 2017). Die aanbieder sal die impak deel van ? refleksiewe en geleide ontwikkelingsgesprekshulpmiddel, wat op onderwysstudente en hulle skoolgebaseerde mentors getoets is en op die skoolgebaseerde praktikum fokus. Sodoende sal die klem val op die rol wat hierdie hulpmiddel in die aanpassingskundigheid (Hunskaar en Gudmundsdottir, 2023) van onderwysstudente en hulle mentoronderwysers gespeel het en kan speel. Die dialoog sal boonop ook gemik wees op die rol en impak van geleide ontwikkelingsgesprekke as volhoubare assessering om onderwysstudente op hulle lewenslange reis na onderwyser word, by te staan. ?
isiXhosa:
|
? 22 Augustus 2023????
|
|
Het jy al ooit ? fantastiese leerervaring aangebied, maar jou studente het jou steeds onbegrypend aangegaap? Jy is nie alleen nie. Dit gebeur met die beste dosente. Hoe kan ? mens sin maak van waarom studente nie sin maak nie? In hierdie Auxin bespreek dr Hanelie Adendorff die legitimasiekodeteorie (LKT) as ? analitiese raamwerk wat aan akademici toegang verleen tot die diskoers oor vakkundige onderrig, leer en assessering.??
|
? 25 Julie 2023????
|
|
“My studente begryp uiteindelik die konsep!” Wat presies gebeur dan in die verstand van die studente? Die eerste deel van hierdie aanbieding ondersoek verskillende kognitiewe modelle van “begrip” en hoe dit in pas gebring word met verskeie benaderings tot onderrig, leer en assessering. In die besonder ondersoek ek die begrippe “konsep” en “konteks”, “antwoordskepping” en “sin maak”, asook die begrip “beliggaming”. Die tweede deel van die aanbieding ondersoek die kognitiewe wetenskap van affektiewe kwessies soos vrees en onsekerheid en hoe dit in ’n klaskameromgewing kan manifesteer. Byvoorbeeld, wanneer ’n vraag aan ’n enkele student in ’n groot klas gevra word, kan die student se sin van status onder dié se portuurgroep bedreig word, wat kan omsit in ’n vreesreaksie en verminderde kognitiewe vermo? om aandag aan die vraag te gee. Gegewe hierdie twee bre? kognitiewe raamwerke van “begrip” en “emosie”, wil ek graag ’n bespreking fasiliteer oor hoe hierdie modelle by kollegas se ervarings van beste onderrigpraktyke aansluit. “Abafundi bam ekugqibeleni bayayivisisa le ngcamango!” Yintoni eyona yona yenzeke ezingqondweni zabafundi bakho? Isigaba sokuqala sale ntetho siza kuphonononga iintlobo ngeentlobo zeemodeli “zokuqonda” neendlela ngeendlela ezo modeli ezingqamana ngazo neendlela zokufundisa, zokufunda nokuvavanya. Ikakhulu, ndiza kugocagoca le nto, “ingcamango, umxholo, ulwenziwo lweempendulo nolwenziwo lwengqiqo” ndawonye naleyo kuthiwa “lufaniso”. ?Funda kaba??nzi a?pha...???
|
? 23 Mei 2023????
|
|
Met kunsmatige intelligensie (KI) wat die wêreld vinnig verander, het die ho?r onderwyssektor die uitdaging om ons doel te herbedink én om studente toe te rus met die vaardighede wat nodig is vir 'n KI-toekoms. In hierdie tweede AI? x Auxin-sessie kyk ons hoe KI by ons leerpraktyke ingesluit kan word. Daar word gesteun op Aoun (2017) en McKenna (2023) om vas te stel watter vaardighede studente kan verwerf om "robot-bestand" te wees en tot diens van die samelewing te wees. Met Dai, Lui & Lim (2023) se beskrywing van ChatGPT as 'n fasiliteerder (“enabler”) in die ho?r onderwys-omgewing, stel ons dit voor as 'n hulpmiddel wat studente se selfgereguleerde leer kan bevoordeel en die leerproses kan versterk. Ons stel 'n oopkop, maar kritiese benadering tot die gebruik van KI vir leer voor. Dr. Albert Strever van die Departement van Landou Ekonomie demonstreer hoe hy ChatGPT in voorgraadse leerpraktyke benut. Die geleentheid sluit af met ’n vrae en antwoorde-sessie, bring dus gerus enige vrae.? Nanjengoko iAl iqhubekeka nokuzisa iinguqu kwimekobume yethu, imfundo ephakamileyo (HE) ijamelene nomngeni wokuyijonga ngokutsha injongo yayo nokuxhobisa abafundi ngezakhono ezifunekayo ukulungiselela ikamva elixhotyiswe ngeAl. Kule seshoni yesibini yeAI? x Auxin, siphengulula izinto ezinako ukwenzeka ekufakeni iAl kwimisebenzi yethu yokufunda.. ?Funda kaba??nzi apha...???
|
? 12 April 2023????
|
|
Die afgelope paar weke het KI-tegnologie beduidend gegroei met innovasies van industrie-leiers soos Google en Microsoft wat onder meer KI-funksies by hulle onderskeie pakkette begin inbou. Hierdie soort tegnologiese vooruitgang sal ’n radikale impak hê op hoe ons werk, leer en leef, en dit lig belangrike vrae oor die implikasies vir onderrig, leer en assessering in die ho?r onderwyssektor. In hierdie sessie sal ons die impak van KI op onderwys verder ondersoek en ons bespreking sluit die volgende in:
Daar sal, soos gebruiklik, genoeg tyd vir vrae en bespreking wees. Sluit gerus aan vir wat 'n insiggewende en informatiewe sessie beloof te wees. Siye sabona inkqubela phambili ebalulekileyo kwizixhobo zeAI kwiiveki ezimbalwa ezidlulileyo, kubandakanya ukungeniswa kwezinto ezintsha ezibalulekileyo ezivela kwiziseko zoshishino njengoGoogle kunye noMayikhrosofti, nokusebenza okutsha kweAI kungekudala eza kufakwa kuGoogle Suite kunye noMayikhrosofti wekhspeyisi. ?Funda kaba?nzi apha...??? |
? 28 Maart 2023????
|
|
Die studenteprestasiedata wat die Raad op Ho?r Onderwys in die vorm van die VitalStats-kohortontledings publiseer, toon reeds jare lank dieselfde konstante patroon: Ongeag die vakke wat hulle studeer, die programme waarvoor hulle ingeskryf is, en die universiteit waar hulle geregistreer is, vaar swart Suid-Afrikaners minder goed as hulle wit eweknie? op universiteit. Die ‘gesondeverstandredenasie’ dat dít aan die gehalte van skoolonderwys te wyte is, hou om verskeie redes nie steek nie. In plaas daarvan, lê die werklike oorsaak vir swart studente se leerervarings op universiteit onder meer in die ‘wanverhouding’ tussen die tipe kennis wat onderskeidelik binne en buite die universiteit as waardevol beskou word, en die praktyke wat daaruit voortvloei.
Die aanbieding lewer ’n betoog vir elke akademiese opvoeder om hulle werk nuut te benader sodat gegradueerdes tot die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van ons land kan bydra. ?
isiXhosa: |
? 21 Februarie 2023????
|
|
Dringende kwessies soos klimaatsverandering, biodiversiteitsverlies en gronddegradasie is tereg en noodwendig op die voorgrond van die kurrikulum in Bewaringsekologie, wat dit die titel van ‘krisisdissipline’ besorg. Dit is onvermydelik dat studente gereeld met negatiewe nuus oor die stand van ons omgewing te doen kry. Die feite oor die probleme dra boonop weinig daartoe by om hulle hoop te gee dat die grade waarvoor hulle studeer enige merkbare verskil aan die wêreldwye uitdagings van die Antroposeen sal maak. Die veldtog #dosomething ontwrig die gedagte dat “ons niks aan die probleme kan doen nie”. Studente word gevra om ’n dringende bewaringskwessie waaroor hulle in hulle eie, persoonlike hoedanigheid passievol is die hoof te bied. Deur ’n aantal leeraktiwiteite word semesterlesingtemas en -assesserings ge?ntegreer met individuele veldtogte wat aan die begin van die semester gekies word. Iterasie oor vyf jaar het gelei tot 'n onderrig- en leerproses wat drie onverwagte voordele opgelewer het: a) Studente kry dit reg om wêreldwye verandering op groot tydskale met hulle eie lewenservarings te verbind, wat hulle in wese in staat stel om hulleself as deel van die stelsel te sien. b) Studente leer ken mekaar se lewenservarings en steek sosiale (rasse- en ekonomiese) grense oor om die sienings te verstaan van klasmaats met wie hulle nie andersins sou gesosialiseer het nie. c) Terwyl studente self verandering oor tyd moniteer, leer hulle dat hulle individuele optrede verandering en kreatiewe reaksies kan teweegbring. Dit is nie om dowe neute dat die titel van my aanbieding Paulo Freire se pedagogie van hoop eggo nie. Ek besin ten slotte oor die metafisika van 'n benadering tot onderrig en leer wat hoop skep en mense aanmoedig om self op te tree. ??
isiXhosa: |
??????