OLA Seminare
SOL organiseer elke kwartaal 'n virtuele Onderrig- en Leerseminaar, onder beskerming van die Viserektor (O-L-A), Prof Deresh Ramjugernath, en die Afdeling Leer- en Onderrigverryking??. Die seminare beoog o?m die akademieskap van onderrig en leer te bevorder. Tydens hierdie sessies deel US ?Onderrigvennote? hulle navorsing, innovasies en ervarings oor onderrig en leer met kollegas. ?
???? 15 Augustus 202?4
?? Prof. Plastow definieer “beroepsregverdigheid" as 'n vorm van sosiale geregtigheid waarin mense gelykheid en regverdigheid ervaar met betrekking tot hulpbronne en geleenthede vir deelname in 'n wye reeks gesonde en betekenisvolle beroepe. Om beroepsregverdigheid te ervaar beteken om die geleenthede en hulpbronne te hê vir doen, wees, behoort en word (Mthembu, 2021). | ? ? |
Prof. Plastow het dienooreenkomstig 'n pedagogie van beroepsregverdigheid voorgestel wat daarop gemik is om beroepsregverdigheid vir sowel studente as gesondheidsdiensgebruikers moontlik te maak. Met gebruik van 'n voorbeeld van een diensleerterrein in Bishop Lavis het sy ge?llustreer hoe akademici studente in staat kan stel om te doen, wees, word en behoort; terwyl hulle terselfdertyd toegang tot hulpbronne en geleenthede vir betekenisvolle deelname vir mense wat verskeie vorme van beroepsonreg kan ervaar, moontlik maak.
Verwysings:
- ?Jacobs, C. (2020). Advancing a social justice agenda in health professions education. Critical Studies in Teaching and Learning, 8(2).
- Louw, H. (2023). A Co-constructed Strategic Framework for Transformative Learning that Promotes Occupational Justice in Health Science Education at a Higher Education Institution in Namibia: A Participatory Action Research. Universiteit Stellenbosch PhD Protokol. Promotors: Lana van Niekerk, Quenton Wessels, Nicola Plastow.
Mthembu, Thuli G. (2021). A Commentary of Occupational Justice and Occupation-based Community Development Frameworks for Social Transformation: The Marikana Event. South African Journal of Occupational Therapy, 51(1), 72-75. https://dx.doi.org/10.17159/2310-3833/2021a10.
?
???? 16 Mei 202?4
?? Dr. Bernard se aanbieding is in 'n interdissiplinêre konteks geplaas in ooreenstemming met die sienings van Gulsen en Symes (2007:97) dat opvoedkundige teorie op ander dissiplines gegrond is en dat opvoedkundiges geneig is om bre? epistemologiese “wendinge” na te volg eerder as om laasgenoemde te inisieer. Sy het die dekoloniale wending in Suid-Afrikaanse Ho?r Onderwys (HO) kontekste erken, terwyl sy terselfdertyd gesteun het op die werk van kritiese geograwe soos Harvey (1996) en Massey (2005) asook idees wat voortspruit uit die “ruimtelike wending” – 'n wending wat HO-praktisyns in Suid-Afrika nog nie op 'n stelselmatige manier opgeneem het nie, volgens dr. Bernard. | ? ? |
Dr. Bernard se aanbieding het op die bevindinge van haar Onderriggenootskap-navorsingsprojek gekonsentreer. Sy het drie jaar se visuele, etnografiese data wat sy van 'n groep meertalige studente by die Universiteit Stellenbosch versamel het gebruik om te verstaan hoe hulle Stellenbosch as ’n “plek” ervaar. Dr. Bernard het beklemtoon hoe aandag aan “ruimte” en ruimtelike teorie bydra tot genuanseerde en gesofistikeerde begrip van diversiteit, toegang, insluiting en uitsluiting. Sy het die sleutelrol van posisionaliteit in die vorming en hervorming van die veelvoudige identiteite binne elke persoon bespreek en verduidelik dat die ondersoek van Stellenbosch vanuit 'n ruimtelike perspektief nie gaan oor die skep van nuwe probleme nie – dit gaan eerder oor die verskaffing van verduidelikende raamwerke wat kan ontwrig wat ons dink ons weet, en in die proses nuwe moontlikhede vir onderrig, leer en assessering kan voorhou. Volgens dr. Bernard moet onderrig sowel “grense oorsteek” as “br?e bou”.
Dr. Bernard se aanbieding het die vorm aangeneem van 'n kritiese selfrefleksie waarin sy oor die proses van “die wording van 'n etnograaf” nagedink het. Sy het haar data met teorie verweef en het aan die einde haar teoretiese refleksies in konkrete voorbeelde van hoe aandag aan “ruimte” haar pedagogiese praktyke verander het, gegrond.
Verwysings:
- ?Gulson, K.N. & Symes, C. (2007) Knowing one's place: space, theory, education. Critical Studies in Education, 48(1): 97-110. DOI: 10.1080/17508480601123750
- Harvey, D. (1996) From space to place and back again. In: Bird, J., Curtis, B., Putnam, T. & Tickner, L. (eds.). Mapping the future: Local cultures, global change. London: Routledge. Pp. 3-29.
- Massey, D. (2005) For space. London: Sage.?
???? 14 Maart 202?4
?? Prof. van Schalkwyk het insigte beskryf wat verkry is uit haar werk oor doktorale studieleiding wat, onder meer, die ervaring van die ontvang van studieleiding, of die lei van andere, tydens 'n reeks onderhoude (sommige aanlyn) met 23 doktorale kandidate en 10 studieleiers in 10 lande verken het. Sy het die voortdurend veranderende aard van die verhouding tussen studieleier en kandidaat, wat dryfvere vir nuwe modelle en benaderings insluit, gedeel. Hierdie werk het implikasies vir die inisi?ring van gesprekke oor doktorale studieleiding, die hersiening van die benaderings wat ons volg, en kritiese betrokkenheid by die begrippe van kennis en mag. ? |
Doktorale studies is daarop gemik om die grense van wat bekend is uit te brei, met die doel om 'n kennisbydrae tot die veld waarin sulke studies onderneem word te maak. Kennis wat as waardevol beskou word deur diegene wat ho? aansien in die veld geniet, is inherent kragtig – dit rig die wetenskap en dra by tot die kanon. Die nastreef van sulke kennis staan sentraal in die doktorale onderneming wat gekenmerk word deur 'n proses van “wees en word” soos die student die oorgang na 'n gekose dissiplinêre gemeenskap maak – 'n gemeenskap wat gedefinieer word deur 'n stel norme en waardes wat oor die tyd heen ontwikkel is, en deur wat as kennis geld binne hierdie struktuur. Die begrip van die oorsteek van grense bied 'n lens waarmee hierdie oorgang verken kan word. Doktorale skryfwerk verteenwoordig byvoorbeeld 'n spesifieke grens waarmee studente moet omgaan soos hulle die korpus werk wat uit hulle akademiese ondernemings na vore kom probeer inskryf om uiteindelik kragtige skrywers te word (Van Schalkwyk & Jacobs, 2021). Die proses van studieleiding is sentraal in die doktorale reis en probeer hierdie omgang fasiliteer terwyl die integriteit van die dissiplinêre kanon terselfdertyd gehandhaaf word. Dit bring vrae na vore oor die aard van daardie studieleiding, die manier waarop dit georganiseer word, en hoe dit beoefen word.
Prof. van Schalkwyk se aanbieding het die bevindinge van haar Onderriggenootskap-navorsingsprojek verteenwoordig.
Verwysings:
- ?McKenna, S; Van Schalkwyk, S. (2023). A scoping review of the changing landscape of doctoral education. COMPARE. https://doi.org/10.1080/03057925.2023.2168121
Van Schalkwyk, S; Jacobs, C. (2021). Borders and tensions in Doctoral Writing. In: Badenhorst C; Amell and B & Burford J. (eds). Re-imagining doctoral writing. WAC Clearing House: Colorado.
Verwys asseblief na die aanbieding vir verdere verwysings of kom in aanraking met prof. Van Schalkwyk.
???? 11 Mei 2023??
Dr Strever se OBU-genootskapsprojek (2022-2023) fokus op die identifisering van maniere waarop entrepreneurs- en ander toekomsnoodsaaklike vaardighede tot ? sluitsteenprojek ge?ntegreer kan word. Die projek is ontwerp om ? gerigte strategie in die Fakulteit AgriWetenskappe te ontwikkel, wat voldoen aan die eise wat gestel word deur die voorbereiding van studente vir die wisselvallige, onsekere, komplekse en dubbelsinnige (VUCA-) omgewing waaraan hulle as graduandi blootgestel sal word. ? |
Hoewel sommige departemente in die fakulteit reeds beperkte blootstelling aan entrepreneurskap en ander verwante aspekte bied, is daar ? steeds groeiende behoefte aan ? omvattende en gerigte strategie, ook in ooreenstemming met die Universiteit se huidige Spelwisselaarprojekte. Die projek behels ook interaksie met ander fakulteite om uit hulle ervaring te leer en het ? praktykgemeenskap in die Fakulteit AgriWetenskappe aangevoor om aan hierdie behoefte te voldoen. Die oogmerk is om ontwrigting van die huidige kurrikulums tot die minimum te beperk, terwyl ? gedeelde hulpbronbasis vir onderrig, leer en assessering met betrekking tot entrepreneurskap en verwante bevoegdhede ontwikkel word. Die projek het reeds suksesvolle verandering aan een departement se moduleraamwerk bewerkstellig om die sluitsteenbeginsel te implementeer en word tans oor die drie studiejare van die BScAgric (Wingerd- en Wynkunde) program toegepas. Die projek se pogings word ook aangevul deur ? navorsingsopdrag in bedryfsingenieurswese, wat daarop gemik is om ? ‘radar’ vir bevoegdhede en tegnologie? wat op landbou betrekking het, te ontwikkel. Hierdie opdrag sal ook kortliks bespreek word. ?
Bronverwysings
- Fitz-Koch, S., Nordqvist, M., Carter, S., & Hunter, E. (2018). Entrepreneurship in the Agricultural Sector: A Literature Review and Future Research Opportunities. Entrepreneurship Theory and Practice, 42(1), 129–166. https://doi.org/10.1177/1042258717732958
- Futures of Agricultural Employment in South Africa: 2035, Instituut vir Toekomsnavorsing, Stellenbosch Bestuurskool, toegang April 2023.??
? ?
???? 20 Oktober 2022??
Die moderne Westerse wetenskap is verstrengel met kolonialisme (Roy, 2018) en positivistiese paradigmas wat sosiaal gekonstrueerde kennis as irrelevant of minderwaardig beskou. Kwessies van dekolonialiteit en sosiale geregtigheid in die wetenskap is kompleks (Ally, 2018) en uitdagend om by tegniese kurrikulums in te sluit. Daarom het Marianne in haar TAU- (“Teaching Advancement at 肆客足球”-)genootskapsprojek in 2021 probeer vasstel hoe personeellede en nagraadse studente in die US se WTIW- (wetenskap-, tegnologie-, ingenieurswese- en wiskunde-)fakulteite dekolonialiteit beskou en daarmee omgaan, in die lig daarvan dat die instelling se Transformasieplan spesifiek na Afrikanisering en dekolonisasie as vereistes in onderrig en leer (O&L) verwys. |
Institusionele etiekgoedkeuring is bekom (TL-2021-23895). Gesprekke met personeellede en nagraadse studente is opgeneem en getranskribeer. Ná ’n gegrondeteoriebenadering is getranskribeerde inhoud stelselmatig in drie iteratiewe rondtes vergelykende ontleding gekodeer. Die resultate beklemtoon die hindernisse waarvoor personeel ten opsigte van hierdie kwessies te staan kom, waaronder verwarring en angs, ’n veronderstelde gebrek aan sistemiese steun of erkenning vir transformerende O&L, en onvoldoende kennis oor hoe om verandering te implementeer. Om uitkomste van sosiale geregtigheid in wetenskaponderrig en -leer aan die US te bereik, moet personeel dus opgelei en ondersteun word in “kulturele bevoegdhede” (Demosthenous, 2013) en maniere om hulle eie én studente se stemme by kontrapuntale benaderings in te sluit. Die navorsingsbevindinge en -aanbevelings dra by tot die bestaande kundigheidsbasis oor dekolonialiteit in WTIW. Dit onderstreep ook hoe belangrik dit is om te sorg dat die US hom in sy Transformasiebeleid (tans in konsepvorm) “verbind tot die verbintenis” deur seker te maak dat personeel en studente toegerus word met, en erkenning ontvang vir, bevoegdhede wat Afrikanisering en dekolonisasie gedurende kurrikulumvernuwing prioritiseer om ’n waarlik transformerende en inklusiewe studenteleerervaring te bied.?
???? 8 September 2022??
Prof Essop se TAU-genootskapprojek het gefokus op die idee dat wetenskaplikes/ingenieurs dikwels hul dissipline as “neutraal” beskou, en dus sonder enige sosiopolitieke en historiese kontekste. Hierdie “wetenskaplike elitisme” kan dus skynbaar wetenskaplikes van sodanige kontekste vryspreek, bv. ongeregtighede wat tydens apartheid gepleeg is asook hedendaagse dringende kwessies soos die herstelling van billikheid en dekolonialisering. ? |
Met die 肆客足球-pandemie is wetenskaplikes toenemend in die publieke domein inforseer en daar is dikwels van hulle verwag om op buitensporige aansprake/sameswerings te reageer en om die wetenskaplike bedryf te verdedig. Sodanige response vereis egter grondige en kritiese insigte in die aard van die wetenskaplike proses (bv. swak punte, sterk punte, filosofie? en sosiokulturele-politieke kontekste) en die ideaal van hierdie proses om tot samehangende waarhede te kom. Daar is dus ? gaping in die opleiding van wetenskaplikes ten einde beter toegerus te wees om in die “post-waarheid”-wêreld te werk. Die doel van die TAU-genootskap was om ? nuwe honneursmodule in Geneeskundige Fisiologie te ontwikkel en om die opname daarvan deur studente en die moontlike impak daarvan te assesseer. Hier is die idee om ? geskikte pedagogiese raamwerk vir die bekendstelling van bre?r geesteswetenskappe- en kunskonsepte in die kurrikulum van die biomediese wetenskap te vestig. Dit behoort die skepping van ? transformatiewe onderrig- en leerervaring in die hand te werk, wat sal lei tot goed afgeronde graduandi (met versterkte graduandi-eienskappe) wat beter toegerus en opgelei is om sommige van die hedendaagse samelewingsuitdagings waarvoor ons te staan kom, te hanteer (en daarin leiding te gee). ?
??? 12 Mei 2022??
Binne die konteks van programhernuwing aan die US, sal dit belangrik wees om ? doeltreffende programevalueringsraamwerk te hê, wat ook op die dinamiese aard van leer fokus. Dit sal ? skuif behels van die lineêre benadering tot programevaluering, met vier basiese komponente – insette, aktiwiteite, uitsette, uitkomste – na ? benadering wat die veelvlakuitkomste wat in programme na vore tree, verstaan. In hierdie seminaar word ? raamwerk vir programevaluering aangebied wat die vyf beginsels van kompleksiteitsteorie – netwerke, ontluiking, selforganisasie, terugvoersensitiwiteit en ratsheid – vaslê. ? |
??? 11 Maart? 2022??
As dosente by die Universiteit Stellenbosch moet ons ons institusionele waardes van uitnemendheid, deernis, billikheid, respek en aanspreeklikheid beliggaam in al ons ondernemings. Kurrikulumvernuwing bied aan ons ’n uitstekende geleentheid om hierdie waardes uit te leef deur ruimtes te bied om innoverende en inklusiewe leeromgewings te help skep wat ons in staat stel om ons visie om wêreldwyd erken te word as Afrika se toonaangewende navorsings-intensiewe universiteit, te bereik. Deur die skep van integrerende en holistiese leeromgewings (Quinlan, 2014) wat ontwerp is om die kurrikulumdomeine van kennis (epistemologie), self/eienskappe (ontologie) en aksie/praktyk (prakties) te balanseer (Barnett, 2000; Barnett et al, 2001, Gilmore et al, 2017), kan ons nader beweeg aan hierdie doel. In dié seminaar word voorbeelde uit ingenieursonderrig binne hierdie raamwerk aangebied om maniere ten toon te stel waarop dosente hul kennis en deskundigheid kan aanwend deur verrykte leerervarings te bied wat studente lei in die ontwikkeling van professionele eienskappe en dissiplinêre insig. Sodoende word hulle voorberei om produktief deel te neem in ’n komplekse, diverse en vinnig-veranderende wêreld.? |
??? 21 Oktober?? ??20?21??
Daar is al heelwat oor die Vierde Industri?le Revolusie, outomatisering en een-en-twintigste-eeuse vaardighede geskryf. Hierdie narratiewe het ook al hulle weg gebaan na die gebied van die ho?r onderwys. Wêreldwyd word daar van ho?ronderwysinstellings verwag om vooruitdenkend te wees en nuwe tegnologiese vooruitgang, soos kunsmatige intelligensie en masjienleer, aan te gryp.
| ||
?
Hierdie seminaar sal beklemtoon hoe belangrik dit is om hierdie twee wêrelde krities in o?nskou te neem. Dit vereis dat ons op die unieke kontekstuele behoeftes van studente in verskillende instellings reageer, terwyl ons terselfdertyd ? dieper begrip ontwikkel van die geleenthede en impak wat outomatisering, en spesifiek kunsmatige intelligensie, in onderwys kan bied. Die seminaar kan beskou word as die eerste stap in die bewusmaking van en die aanvoor van die bespreking oor hierdie belangrike komponente, en oor hoe ons as dosente en professionele administratiewe steundienstepersoneel, steeds binne die Universiteit Stellenbosch en die bre?r leeromgewing in ho?r onderwys hierop kan reageer.??? | ? |
???
09 September? ??20?21??
?Van ERTLA tot ARTLA; van vermengdeleerondersteuning tot hibriedeleerprojekte; van die Akademieskap van Onderrig en Leer tot the Skollieskap van Opvoedkundige Leierskap: Waarheen is ons op pad en hoe gaan ons daar uitkom? Prof Ramjugernath deel sy insigte en visie vir leer en onderrig by die Universiteit Stellenbosch, en bepeins die vraag: Waarnatoe volgende? ? ? | |
?????
Prof Ramjugernath deel sy insigte en visie vir leer en onderrig by die Universiteit Stellenbosch, en bepeins die vraag: Waarnatoe volgende? Hoe gebruik ons ons institusionele meganismes, soos programhersiening en -vernuwing en die AVOL-konferensie om die gehalte van studente se leerervarings te bevorder? Hoe ry ons die volgende tegnologiese golf, sonder om in diepe werksladings te verdrink of deur ’n maalstroom van pandemiese verdriet meegesleur te word? In die jaar waarin ons kies om met assesseringskwessies te worstel, met ’n opdoemende institusionele oudit wat wag, hoe evalueer ons onsself krities en reflekteer ons sorgsamenderwys op die pad vorentoe? Hoe beplan ’n mens te midde van wisselvallige onsekerheid en verweefde go?lery wat soos ’n vloedgolf wag om te breek? ? |
??? 13 Mei ??20?21??
?? | |
?????
Opvoedkunde staan nie bekend as ? vakgebied wat maklik en vinnig verander nie. Gedurende die inperking moes mense in die vakgebied onderrig- en assesseringspraktyke nie net vinnig nie, maar ook onder druk herbedink. Soos alle wesens wat spanningsvolle situasies beleef, moes opvoeders kies of hulle gaan veg of vlug, en nie een van die response dra by tot goed beplande en goed uitgevoerde onderrig nie. Assessering is heel moontlik die moeilikste aspek om te bestuur in hierdie tyd. In hierdie referaat bespreek ek sommige van die probleme wat ons ondervind met die assessering van taalverwante onderwerpe. Ek sal uit my eie perspektief oor die opleiding van taalonderwysers argumenteer dat ons tradisionele toetse waarvoor daar beperkte tyd toegelaat word en wat gesit en skryf moet word, met hul eie uitdagings gepaard gaan wat versluier word deur hul bekendheid en ons weerstand teen verandering. Die bespreking sal plaasvind in die konteks van internasionale perspektiewe op die geldigheid en betroubaarheid van aanlyn assesserings en kontroversi?le praktyke soos toesighouding en ‘outomatiese’ assesserings.? |
??? 25 Maart ?20?21??
?? | |
?????
Hierdie seminaar verken die verband wat getrek kan word tussen hoe ons studente in ‘STEM’-dissiplines (wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde) assesseer en die aankweek van ? gerigtheid op die bre?r samelewing, waarmee bedoel word ? sin van onderlinge verbondenheid tussen die self en ander. Uit die perspektief van kritiese teorie behoort opvoeding ? verskuiwing te fasiliteer van die begrip van die individu as outonoom, na die individu as lid van ? groter samelewing. Ons beskryf ? longitudinale studie onder voorgraadse studente in chemie en chemiese ingenieurswese aan universiteite in die Verenigde Koninkryk, Suid-Afrika en die VSA. Volgens die studente se respons op assesseringstake toon slegs ? baie klein aantal enige gerigtheid op die samelewing. Hierdie uitslag is verrassend en ietwat ontstellend, omdat die kurrikulums van die meeste programme wat nagevors is, ? aantal samelewingsverwante assesseringstake insluit. Dit is dus duidelik dat meer as die doelbewuste insluiting van samelewingsverwante aktiwiteite in die kurrikulum of as assesseringstake nodig mag wees om die ideaal te verwesenlik van ho?r onderwys wat op die samelewing en maatskaplike geregtigheid ingestel is. Hierdie seminaar is ? klein deeltjie van ? groot projek getiteld Die Begrip van Kennis en Studente-agentskap, ? internasionale gesamentlike onderneming gelei deur prof Paul Ashwin van die Universiteit van Lancaster. Margaret Blackie sal die seminaar aanbied, maar die referaat, wat tans ewekniebeoordeling ondergaan, is deur Jan McArthur, Margaret Blackie, Nicole Pitterson en Kayleigh Rosewell geskryf.? |
?? 26 November ?20??20??
? | |
Soos begrond deur die Beleid oor Gehalteversekering en -bevordering aan die Universiteit Stellenbosch (US, 2019), om “gesamentlike betekenisskepping en besinning” te bevorder, besin Prof Arnold Schoonwinkel oor die suksesse en uitdagings van die portefeulje, Leer- en Onderrigverryking wat in 2013 in die lewe geroep is – en bespiegel oor die verwikkelinge wat vir ons voorlê. Te midde van die #FeesMustFall beweging, oproepe tot ’n gedekoloniseerde kurrikulum en ’n ontwrigtende KOVIS-19 pandemie, stel hy die Programvernuwing- en Hibriede-leer projekte in. Hy belyn die doelwitte van sy verantwoordelikheidsentrum (VS) met die Universiteit se Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019-2024, o.a. met die kern strategiese temas: ’n Transformerende studente-ervaring en Genetwerkte en samewerkende onderrig en leer, wat tot ’n Florerende Universiteit Stellenbosch lei. Prof Schoonwinkel begin sy eerste termyn met ’n hergestruktureerde VS. Hy hersien die lidmaatskap van die Akademiese Beplanningskomitee, die Komitee vir Leer en Onderrig en die Gehaltekomitee en versterk só die rol en verantwoordelikhede van die Visedekane (Onderrig en Leer), en bevorder die Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap, sowel as die Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) in die bre?. Tydens sy termyne, hersien die Universiteit haar
Taalbeleid in 2016 en die
Onderrig en Leer Beleid in 2018, en word ’n nuwe
Gehalteversekering en -bevorderingsbeleid in 2019 ingestel. Slegs één van dié eindig in die Grondwetlike Hof.
|
?? 23 September ?20??20??
? | |
????
Haar navorsingsbelangstellings sluit in die transformasie van ho?r onderwys deur maatskaplike geregtigheid, dekolonialiteit, gelykwaardigheid en akademiese agentskap, of bemiddeling, in die opstel van curricula en sistemiese verandering. ? Gedurende ? relatiewe kort tydperk is daar heelwat geskryf oor die globale pandemie wat die wêreld tot stilstand geruk het. Te midde van hierdie krisis word ons uitgedaag om die moontlikhede vir ? hernude “pedagogie van hoop" raak te sien, om nie “die stryd teen fatalisme gewonne te gee nie," maar om “al ons kragte in te span vir ? verbete stryd wat die wêreld sal herskep" (Freire, 2014). Hierdie seminaar sal geleentheid bied om te besin oor opvattings oor akademiese agentskap en hoe die bereiking van hierdie soort bemiddeling moontlikhede om anders te dink en op te tree ontsluit, ook aan die ander kant van die COVID-19-oomblik. Agentskap is ? “ontluikende verskynsel" (Priestley et al. 2015) en het die vermo? om die vorm van reaksies op uitdagende situasies krities te be?nvloed (Biesta 2006). Dit is nie iets wat mense hét nie, maar iets wat hulle dóén (Priestley et al. 2015). Die COVID-19-oomblik sal ? impak op toekomstige agentskap hê en hou groot moontlikhede in vir vernuwing. Dis is byvoorbeeld moontlik dat ons aan die anderkant van COVID-19 uitkom met dieper deernis, medemenslikheid en wysheid. Ons universiteit kan opnuut omvorm word tot ? plek waar hoop en medemenslikheid gedy en waar meting nie hoogty vier nie. Bandura herinner ons dat “om ? agent te wees, is om dinge intensioneel te laat gebeur deur ? mens se optrede". Agentskap maak dit moontlik vir “mense om ? rol te speel in hul selfontwikkeling, aanpassing en selfvernuwing in veranderende tye" (Bandura, 2001). Hierdie seminaar sal akademiese agentskap uitlig as 'n verbintenis tot aksie wat individueel en gesamentlik funksioneer. Aksie in hierdie sin sou kon manifesteer as weerstand, transformasie en innovering. Weerstand teen selfgenoegsaamheid hou moontlikhede in vir ? beredeneerde, konstruktiewe proses van introspeksie, besinning en dialoog. Dit is nodig dat ons gunstige omstandighede skep vir verandering met betekenis nie net
ten spyte van nie, maar ook
as gevolg van die krisisoomblik. Hoop lê daarin om te besef dat ons nie net omstanders is nie, maar “agente van ervarings" (Bandura, 2001). Hoe kan ons ons agentskap aanwend om ons eie en ons studente se ervarings en omgewing by die Universiteit Stellenbosch
aan die ander kant van COVID-19 te verryk?? |
?
? 6 AUGUSTUS 20??20??
| |
?????? | |
?
? 12 Maart 20??20???
Miné de Klerkis adviseur vir aanlyn- en hibriedeleer by die Sentrum vir Leertegnologie? en het die aanlyn-leerontwerp van bg. kortkursus bestuur. | |
Dr Nompilo Tshuma is 'n dosent by die Sentrum vir Ho?r en Volwassene Onderwys (Departement Kurrikulumstudie). Haar betrokkenheid by hierdie aanlyn kortkursus sluit haar rol as aanlyn-tutor in, asook die opleiding van ander aanlyn-tutors en 'n bydrae tot die leerontwerp.? ? Universiteit Stellenbosch (US) se akademiese aanbod word tans uitgebrei om meer buigsame leermodelle in te sluit wat studente buite ons fisiese kampus kan bereik. Die onlangse aanvang van hibriedeleer* en die toename in kortkursusse wat óf uitsluitlik óf gedeeltelik aanlyn aangebied word, vra 'n sterkter bewuswording van die uitdagings en geleenthede wat gepaard gaan met die virtuele klaskamer. Die aanbieders van hierdie seminaar het sinvolle lesse geleer uit die ontwerp en implementering van verskeie rondtes van 'n aanlyn-kortkursus vir doktorale studieleiers. Die idee van akademiese identiteit dien as 'n oorkoepellende tema vir hul nadenke oor die (verskuiwende) rolle van dosente en professionele, akademiese ondersteuningspersoneel, deur die verloop van hierdie samewerkende proses. In hierdie seminaar sal ons fokus op die volgende aspekte:
* Hibriedeleer verwys na 'n kombinasie van kontakleer en volledige aanlynleer. Studente sien fasiliteerders vir blok-kontaksessies in fisiese leeromgewings, moontlik geografies versprei tussen US se bestaande kampusse. 'n Groot deel van die leerproses word egter via die Internet gefasiliteer.?? | |
?
? 24 Oktober 20??19???
Biografie?: | |
Die doel van die konsepweergawe van die Beleid oor Gehalteversekering en -bevordering is om ’n kultuur van gehaltebevordering aan die Universiteit Stellenbosch aan te moedig. Een faset van só ’n kultuur sou kon wees om ’n ingebedde stelsel vir die gereelde hersiening en vernuwing van akademiese programme te ontwikkel. Tans ko?rdineer die Afdeling vir Onderrig en Leerverryking (LOV) ’n institusionele Programvernuwingsprojek, befonds deur die Department van Ho?r Onderwys en Opleiding (DHOO) se Universiteitskapasiteitsontwikkelingsfonds. In hierdie seminaar:
Verwysings?
| |
?
?
? 5 September 2019??
| ??Dr Sebolaiis sedert Januarie 2017 Vise-Direkteur van Taal en Kommunikasieontwikkeling in die Taalsentrum van Stellenbosch Universiteit (SU). Voor dit was hy navorsingsleier vir akademiese taaltoetsing aan die Centre for Educational Testing for Access and Placement van die Universiteit van Kaapstad. Sy navorsing is veral rondom akademiese-geletterdheid-kurrikulumontwikkeling en toetsing, met 'n fokus op die verband tussen taalvaardigheid en akademiese prestasie. |
? Dr Sebolai het hierdie aanbieding begin deur die agtergrond te skets. In die afgelope twee dekades van die post-apartheid era, was die taalbeleide van Suid-Afrikaanse universiteite 'n strydveld, en baie sulke beleide het verander. SU is een van die voormalig Afrikaanse instellings waar die beleid geskuif het na die bevordering van multitaligheid met Afrikaans, Engels en IsiXhosa in die middelpunt, as die tale wat meestal in die Wes-Kaap gepraat word. Hoewel parallele pogings aangewend word om die ander twee tale aan die SU te bevorder, is Engels meestal die taal van leer en onderrig hier. Daarom gebruik SU die Engelse weergawe van die National Benchmark Test in Akademiese Geletterheid (NBT AKG) om die vlakke van akademiese-taalgereedheid van nuwe studente te toets. ?Dr Sebolai se aanbieding het gekyk na die mate van akkuraatheid waarmee hierdie toets se hoogste prestasiestandaard (naamlik bekwame taalbeheersing) daarin slaag om studente uit die drie taalgroepe (Engels, Afrikaans en isiXhosa) te klassifiseer om waarskynlik goed of sleg te vaar in hulle eerstejaar aan universiteit. Dr Sebolai het met 'n statistiese analise van sensitiwiteit en spesifiekheid aangetoon dat die NBT AKG toets op die bekwame vlak meer effektief is met die klassifikasie van Engelse studente, as vir studente uit IsiXhosa en Afrikaanse taalagtergronde, en hulle kanse om akademies goed te vaar of nie. Volgens Dr Sebolai is dit 'n aanduiding dat die toets se voorspellings nie regverdig was teenoor die laasgenoemde twee groepe studente se kanse om akademies goed te vaar of nie. Hy het die bywoners van die seminaar gemaan om die NBT AKG toets met omsigtigheid te gebruik wanneer dit gaan om besluite waar baie op die spel is. Nieteenstaande het Dr Sebolai tog bevind dat die NBT AKG toets 'n beter voorspeller van SU studente se moontlikheid is om akademies goed te vaar of nie, as hulle Graad 12 punte vir Engels. ?Kontak gerus vir Dr Sebolai by ?ksebolai@sun.ac.za?? vir navrae. | |
?
? ?9 Mei 2019???
???? | |
Onlangs is vier bre? tipes aktiewe leerintervensies vir voorgraadse Fisiologie klasse voorgestel: a) die stel van vrae (aan die begin of einde van lesings); b) die aanmoediging van denkpaar-deelaktiwiteite; c) die gebruik van veelvuldige analogie?; en d) bekendstelling aan probleemoplossingsaktiwiteite. Dit is egter moeilik om die effektiwiteit van sulke metodologie? te vergelyk ten einde te identifiseer watter die geskikste is om binne die klaskamer te gebruik. In die aanbieding sal geselekteerde voorbeelde van Fisiologie-klasaktiwiteite, wat aan die US ontwikkel is en daarop gerig is om kritiese denk- en probleemoplossingsvaardighede te bevorder, ondersoek word met behulp van die Outonomie (Autonomy) dimensie van die Legitimasie Kode Teorie (Legitimation Code Theory). Die assessering van aktiewe leertegnieke deur die lens van outonomie kan help om die vermeende waarde en effektiwiteit van elke onderskeie metode, ten opsigte van die bevordering van 'n probleemoplossingskultuur, binne Fisiologie voorgraadse klaskamers te bepaal.?
Die resultate van hierdie studie kan ook van nut wees in ander kontekste waar problem oplossing en kritise denkvaardighede belangrik is.? | |
?
? ?13 Maart 2019????
? | |
Die doel van hierdie sessie is om te demonstreer hoe die verskeie fasette van die e-portefeulje leerproses studente se interaksies met hul ontwikkelende onderwys filosofie? ondersteun en bydra tot hul ontwikkeling as opvoedkundige vakkundiges en leiers in Gesondheidsberoepe Onderrig. Daarbenewens sal uitdagings, slaggate en studentervarings van die intervensie bespreek word.? | |
?
? ?8 November 2018?
Sentraal tot die sukses van al twee programme, en spesifiek die nuwe leweringsmodus, was die doeltreffende gebruik van verskeie nuwe tegnologie? deur studente, steundienspersoneel en fakulteite. ? | |
Die oorgang na hierdie tegnologie-intrinsieke omgewing het die beplanning en uitvoering van meervoudige intervensies genoodsaak om te verseker die fokus bly op studenteleer en verskuif nie na die “verleidelikheid" van die tegnologie nie. Daarbenewens was dit 'n groot uitdaging om fakulteite met meer as 20 jaar se klaskamerervaring sover te kry om die nuwe leeromgewings en interaksiemetodes te omhels. Hierdie aanbieding fokus op die sleutel- teoretiese perspektiewe, die toepassing daarvan deur die USB, sowel as waardevolle lesse wat in die proses geleer is.? Verwysings?
| |
?
? ??6 September 2018?
Die gesprek rondom die dekolonisering van ho?ronderwyskurrikula het Suid-Afrika soos 'n storm getref met die #RhodesMustFall- en daaropvolgende #FeesMustFall-veldtogte. Voorheen was gesprekke oor dekolonisering, wanneer hulle enigsins by ho?ronderwysinstellings plaasgevind het, beperk tot klein areas van belang. Terwyl die teenwoordigheid en invloed van die Westerse ideologie in kurrikula in die geestes- en sosiale wetenskappe redelik herkenbaar is, is die dekolonisering van wetenskapkurrikula meestal 'n veel minder voor die hand liggende projek. Die studie waaroor hierdie aanbieding verslag sal doen, het Legitimation Code Theory (LCT) gebruik om te besin oor wat in dekoloniseringgesprekke op die spel is. Resultate van die studie sal potensieel help om 'n raamwerk te verskaf wat personeel en studente sou kon gebruik in gesprekke oor en pogings tot die dekolonisering van wetenskapkurrikula. | ????? |
LCT bied 'n wyse om die beginsels of spelre?ls onderliggend aan verskillende kennispraktyke te konseptualiseer (Maton, 2012). Dit is in hierdie projek gebruik om die beginsels onderliggend aan die kennispraktyke in die gesprek oor die dekolonisering van wetenskapkurrikula te onthul. Die aanbieding sal begin deur te fokus op die manier waarop die gesprek in sosialemediasirkels en 'n paar wetenskaplike domeine ontwikkel het. Die bevindings van hierdie gedeelte van die studie dui daarop dat sommige van die driftige argumente in dekoloniseringgesprekke beskou kan word as “kodebotsings" volgens dít wat as legitieme kennis gesien word deur diegene wat argumenteer vir dekolonisering en die dominante praktyke op die gebied van die wetenskap. ?Die vraag word dus: kan die wetenskap gekoloniseer word, en indien wel, hoe? Ten einde hierdie vraag aan te spreek, is LCT gebruik om 'n aantal dekoloniseringvoorbeelde te ondersoek, insluitend drie scenario's vir 'n gedekoloniseerde ingenieurskurrikulum, soos voorgestel deur Winberg & Winberg (2017). Die resultate van hierdie deel van die studie help verklaar (1) die begunstigde scenario in die Winberg & Winberg studie asook (2) waarom sommige pogings tot dekolonisering nie noodwendig as sodanig ervaar word nie.? Verwysings?
| |
?
? ?13 Junie 2018?
?Mobiele toestelle is 'n wêreldwye fenomeen wat nuwe geleenthede vir leer en onderrig bied. 'n Vak-spesifieke elektroniese woordeboek, MobiLex, is deur akademiese spesialiste van die Fakulteit van Opvoedkunde saamgestel. Dit het onlangs gelei tot die ontwikkeling van 'n mobiele toepassing. Soos belyn met die universiteit se raamwerk vir meertaligheid, is MobiLex drietalig deur voorsiening te maak vir Afrikaans, Engels en isiXhosa. |
? |
?
? 14 MaART 2018?
?Die seminaar sal die veranderende internasionale en nasionale kontekste wat institusionele beleid en praktyk be?nvloed, in o?nskou neem, en aanvoer dat akademiese leiers gevolglik meer oorweging sal moet skenk aan die beskerming van die integriteit van akademiese werk, die betrokkenheid van die gemeenskap en die aanneem van 'n etiek van omgee. Van hierdie gedagtes is aanvanklik voorgestel tydens 'n Auxin aanbieding oor akademiese leierskap in 2016, en daarna verder ontwikkel, onder andere in gesprekvoering van die Akademiese Leierskap Belangegroep. Moontlike navorsingsprojekte wat aan die einde van 2017 deur die Belangegroep ge?dentifiseer is, sal ter tafel geplaas word vir oorweging en bespreking deur die seminaargangers.? |
? |
?
? 8 November 2017?
?Hierdie navorsingsprojek was daarop toegespits om onderrig en leer oor kritiese burgerskap en maatskaplike geregtigheid in verskillende fakulteite/departemente van die Universiteit Stellenbosch se verken. Dosente van verskeie fakulteite/departemente is by die projek betrek en maatskaplikegeregtigheidsteorie? het as lens gedien. Die gedagte was om deur gesprekvoering tussen navorsers en dosente, sowel as voortdurende kritiese besinning deur almal, 'n ruimte te skep om die vereiste transformasieproses aan die Universiteit Stellenbosch te hanteer.
| ?
|
Die einddoel van die projek was om insig te verkry in hoe onderrig en leer oor kritiese burgerskap en maatskaplike geregtigheid in die verskillende fakulteite/departemente verryk en verbeter kan word. 'n Aksienavorsingsmetodologie is vir die studie gebruik. 'n Meningsopname, seminaar en onderhoude is gebruik om data in te samel. Die projekbevindinge is by konferensies sowel as deur individuele en gesamentlike artikels bekend gemaak. Die TAU-projek het gelei tot die inisiatief “Dekolonisasie van die kurrikula" sowel as die artikel “#FeesMustFall and decolonising the curriculum: Stellenbosch 肆客足球 students' and lecturers' reactions" deur Elmarie Costandius, Ian Nell, Neeske Alexander, Margaret Blackie, Evodia Setati, Rhoda Malgas en Marianne Mckay, wat in Maart 2018 in die South African Journal of Higher Education verskyn het.? ? | |
Hierdie aanbieding was gegrond op 'n ontwerpgebaseerde navorsingsprojek met die doel om onderrig-leeraktiwiteite (met inbegrip van assessering) vir samewerkende leer in 'n bepaalde module van 'n LLB-program te ontwikkel. Die doelwit was die ontwikkeling, implementering en evaluering van 'n eerste weergawe van 'n benadering om samewerkende leer in die betrokke module te fasiliteer, wat daarná as 'n raamwerk vir die ontwerp van algemener samewerkende leer in LLB- (en moontlik ook ander) programme kon dien. Die beweegrede vir die soeke na 'n samewerkende leerbenadering was die behoefte aan 'n teenvoeter vir die hoogs individualistiese benadering tot onderrig en leer wat meestal in regsopleiding gevolg word en wat dikwels wedywering eerder as samewerking tussen studente aanmoedig.
| ?
| ?
In teenstelling met die tradisionele benadering, is daar 'n toenemende behoefte aan 'n samewerkende perspektief wat meer outentieke leeromgewings bied, veral binne die raamwerk van transformasiegerigte regsopleiding. Boonop is dit nou ook 'n vereiste van die Raad op Ho?r Onderwys se nuwe LLB-kwalifikasiestandaard. Samewerkende leer gaan oor méér as om studente te oorreed om in groepe te werk. Dit gaan oor die aktiewe ontwikkeling en assessering van studente se samewerkingsvaardighede. In hierdie projek is 'n onderrig-leerontwerp op grond van die literatuur oor spangebaseerde leer in werking gestel. Die ontwerp het berus op insigte uit die literatuur, sowel as op fokusgroeponderhoude met LLB-finalejaarstudente van 2015 oor hulle ervarings van samewerkende leer. Die sentrale struktuur van die proef was die permanente leerspan (PLS) – groepe van vyf lukraak gekose studente wat deur die hele semester saamgewerk het, dikwels ook in die klas. Die aanbieding bied terugvoer oor die ontwerp van die PLS-struktuur, studente se oordenking oor die leerervaring, sowel as voortdurende pogings om 'n ontwikkelingsevaluering van die proef te onderneem.?? ? | |
Selfgerigte leer (SGL) word bestempel as 'n noodsaaklike instrument om lewenslange leer aan te moedig en te sorg dat gesondheidsberoepslui bewysgebaseerde gesondheidsorg van gehalte voorsien. Die doel van hierdie studie was om die omvang, rol en impak van SGL in gesondheidsberoepsonderwys te verken met behulp van 'n bestekopname van die literatuur. 'n Soektog na “selfgerigte leer" op PubMed het 1 134 artikels opgelewer, waarvan 154 by die ondersoek ingesluit is. 'n Soektog op die databasis Education Resources Information Centre (ERIC) het 'n verdere 12 artikels ge?dentifiseer. Die meeste artikels het met voorgraadse opleiding verband gehou. Opsommings van hierdie 166 artikels is daarna op 'n Excel-spreiblad ingevoer.
| ?
| ?
Saamgestelde data is kwalitatief ontleed en temas ge?dentifiseer. Bewyse is opgespoor wat SGL verbind met beter graduandi-bevoegdheid en doktersprestasie, die bevordering van lewenslange leer, die ontwikkeling van kritiese denke, die bemagtiging van leerders, en die verbetering van akademiese prestasie. Kurrikulumwysigings ter bevordering van SGL kan dus akademiese prestasie en bevoegdheid sowel as selfmotivering en doeltreffendheid verbeter. Of SGL dít beter as ander vorme van leer in gesondheidsberoepsonderwys regkry, en of dit lewenslange leer tot gevolg het, is onduidelik. Die rol van SGL in bepaalde kliniese omgewings en programme vereis dus verdere ondersoek.? | |
?
? ??21 Augustus 2017
| ? |
Tegnologie is 'n essensi?le kenmerk van die moderne samelewing. Dit voorsien studente met onmiddelike toegang tot verskillende bronne van kennis. Informasie, die stapelvoedsel van onderrig, is nou vrylik beskikbaar met die druk van 'n ikoon. Voorts kan toestelle wat studente daagliks dra toegang voorsien tot universele netwerke van leer. Dit maak derhalwe nie meer sin dat slegs akademici die bewaarders en oordraers van kennis is nie. Die alledaagse gebruik van tegnologie in die samelewing het wêreldwyd druk op opvoedkundige instansies geplaas om hulle funksie as toesighouers en verspreiders van kennis te hersien en om die rol van tegnologie in die onderwys te ondersoek. Dit word veral van universiteite verwag om ho? kwaliteit leerervarings aan te bied wat belyn is met die nuwe vaardighede en uitkomste vereis in 'n digitale wêreld. Die doel van hierdie sessie is om te bespreek hoe tegnologie, konstruktiewe leerbeginsels en projekgebaseerde leerervaringe ge?ntegreer kan word om 'n toekomsgerigte kursus vir B Ed studente by Stellenbosch Universiteit te ontwerp.?? | |
?
? ?12 Junie 2017?
?Hierdie seminaar maak gebruik van die bevindinge van 'n PhD-studie wat ondersoek het hoe dosente aan die Universiteit Stellenbosch, 'n navorsingsgerigte instelling, die rol van studenteterugvoer in hul onderrig ervaar het. Min studies teoretiseer die invloed van studenteterugvoer op universiteitsonderrigpraktyk, veral binne die konteks van navorsingsgerigte universiteite. In die meeste navorsingsstudies word studenteterugvoer oor onderrig gekoppel aan idees van effektiewe onderrig, terwyl minder studies die praktyke en aktiwiteite wat dosente betrek om studente-terugvoerinligting te omskep in bruikbare professionele leergeleenthede, ondersoek.
| |
?Die studie, waarop hierdie seminaar gebaseer is, gebruik Aktiwiteitsteorie as 'n analitiese raamwerk vir die ondersoek van hierdie kwessie. 'n Gevallestudie-navorsingsontwerp is gevolg, met die verband tussen studenteterugvoer en universiteitsonderrigpraktyk as analise-eenheid. Kwalitatiewe data is gegenereer deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude met 16 doelbewustelik geselekteerde dosente. Die bevindinge dui daarop dat die navorsingsgerigte konteks, sowel as die praktyke van middelvlakbestuur in hul gebruik van studenteterugvoer vir die evaluering van onderrig, 'n belangrike rol speel in hoe dosente studenteterugvoer ervaar en daarop reageer.?? | |
?
? ?20 Februarie 2017?
Universitieit Stellenbosch het haar eerste “MOOC" (Massive Open Online Course), Teaching for Change: An African Philosophical Approach ontwikkel en suksesvol aangebied op FutureLearn, die Britse MOOC platvorm. Die kursus se aanbieder was Professor Yusef Waghid (Fakulteit Opvoedkunde) en dit was die eerste Afrika filosofie van opvoedkunde MOOC van sy soort in die wêreld. Teaching for Change kan beskou word as 'n gedekoloniseerde kurrikulumontwikkelingsinisiatief wat ten doel het om die Afrika leefervaring in die sentrum van leer en onderrig te plaas. Kliek hier om na die kursus te gaan op FutureLearn.?
| |
??Universitiet Stellenbosch se eerste MOOC kan as 'n sukses beskou word. Nie net kon die US voortreflike navorsing ten toon stel as een van FutureLearn se uitnemende vol-vennoot instellings nie, maar kon sy ook bydra tot die wêreldwye kennis-ekonomie vanuit 'n unieke Afrika perspektief. In hierdie L&O seminaar gaan ons reflekteer oor die reis van konseptualisering, deur ontwerp, tot aflewering van die MOOC. Die refleksie gaan gedoen word vanuit drie perspektiewe: die universiteit (institusioneel), die leerontwerpspan, en die dosent se ervaring. Indien jy nog altyd gewonder het wat 'n MOOC is, wat dit verg om 'n volledig-aanlyn kursus te ontwikkel, of indien jy self jou eie MOOC beplan, behoort hierdie seminaar die belangrikste aspekte van hierdie ontluikende L&O modus aan te spreek. Baie van die kwessies wat bespreek gaan word sal ook waardevol wees vir enigeen wat SUNLearn gebruik, en wys die weg aan as moontlike voorloper vir die digitale Afrika Universiteit van die toekoms.? | |
?
? ?7 November 2016??
Die gebruik van die sogenaamde omgekeerde (“flipped") klaskamer benadering raak al hoe meer gewild in Ho?r Onderwys onderrig. Ten spyte van die voordele van tradisionele kontaksessies, voorsien so 'n benadering die geleentheid vir alternatiewe maniere om met kennis om te gaan. Die doel van hierdie sessie is om te demonstreer hoe 'n voorgraadse dermatologie module herontwerp is op die beginsels van 'n omgekeerde (“flipped") klaskamer benadering waardeur studente aangemoedig is tot aktiewe deelname in die leerproses en nie om net passiewe omstanders te wees nie. Uitdagings, slaggate en studente ervarings van die intervensie sal bespreek word. | |
?
? 15 Augustus 2016?
| ? |
In Suid-Afrika worstel ons nie net met die nalatenskap van Apartheid in sy vele strukturele en institusionele vorms nie, maar word ons ook geforseer om met koloniale diskoerse en die dekolonisasie van die kurrikulum in Ho?r Onderwys betrokke te raak. Die doel – en een van die vernaamste uitdagings – van teologiese opleiding in 'n Afrika-konteks is om 'n hermeneutiese sleutel te vind om teologie kontekstueel te beoefen in reaksie op prosesse van geestelike onderskeiding wat sal lei tot 'n gekontekstualiseerde teologiese kurrikulum en onderrig (Pobee, 2013; Hendriks, 2014). Die idee van “kontekstuele onderrig en kurrikula" word ondersteun deur die resultate van empiriese navorsing wat gedoen is onder alumni wat in die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch studeer het, ná etlike jare in die bediening. Die sogenaamde Westelike en Christelike paradigma het vir meer as twee eeue teologiese opleiding op die Afrika-vasteland oorheers en het gelei tot vele ongelykhede op verskillende vlakke van die samelewing. Die suidelike skuif van die hartland van die Christendom wys egter in nuwe rigtings en eis 'n herstrukturering van die dissipline en nuwe kurrikula vir teologiese onderwys en opleiding. Wanneer ons kyk na die veranderende konteks, die invloed van globalisering en die inligtingsrevolusie word 'n herbesoek van die sleutel- teologiese parameters en programme dringend. Die sentrale navorsingsvraag wat die seminaar wil aanspreek, is: Op watter wyses kan kritiese burgerskap en die rol van graduandi-eienskappe ge?ntegreer word in wat sommige geleerdes na verwys as “verantwoordelike burgerskap" en hoe kan hierdie idee behulpsaam wees in die prosesse wat gevolg word vir die kurrikulumvernuwing van die Magister Divinitatis-program? Die seminaar sal poog om hierdie vraag te beantwoord deur:
| |
?
? ?15 Junie 2016??
Die gebruik van digitale stories as 'n gemengdeleerinstrument kom algemeen in die Sosiale Wetenskappe voor, terwyl die toepassing daarvan nie dikwels in die Natuur- of Landbouwetenskappe gesien word nie. Digitale stories verbeter die leerproses effektief deurdat die skepping van 'n logiese vertelling in die vorm van beeldmateriaal , alle vlakke van leer (volgens Bloom se Taksonomie), vanaf die laagste tot die hoogste kognitiewe prosesse, inspan tydens die skeppingsproses. Derhalwe is die implementering van hierdie gemengdeleerinstrument in 'n platetelingsmodule ondersoek. Die doel van hierdie sessie is om te toon dat digitale stories effektief gebruik kan word om leer in 'n toegepaste wetenskap-gebaseerde Hortologie module te bevorder. Die uitdagings, slaggate en studente ervarings tydens die projek sal ook bespreek word.? | |
?
? ?22 Februarie 2016?
?Die titel van die seminaar is geneem uit fokusgroeponderhoude wat in fakulteite gevoer is deur 'n groep akademici wat ingeskryf het vir 'n 肆客足球 of British Columbia (UBC) Sertifikaatkursus getiteld “Curriculum and Pedagogy in Higher Education". Dit maak deel uit van die “International Faculty SoTL Leadership Program" (kyk http://international.educ.ubc.ca/sotl/program-of-study/). Die program se hoofdoel is om akademiese leiers voor te berei om kundigheid in navorsingsgebaseerde benaderings tot die akademieskap van onderrig-, leer- en kurrikulumpraktyk binne konteksspesifieke ho?ronderwys omgewings te ontwikkel. | |
As deel van die vereistes van die sertifikaatkursus moes die deelnemers 'n sluitsteenprojek inhandig vir assessering. Die deelnemers het as 'n groep besluit dat in plaas van om nuwe projekte vir die kursus te ontwikkel, hulle eerder 'n refleksie oor die programvernuwingsproses wat alreeds gebeur by die US gaan aanbied, 'n beter meer ideale proses gaan voorstel en die gapings tussen die bestaande proses en die geprojekteerde ideale proses identifiseer. Dit belyn ook met een van die Viserektor (Leer en Onderrig) se strategiese inisiatiewe, naamlik programvernuwing. ?Dr Antoinette van der Merwe (Senior Direkteur: Leer- en Onderrigverryking) sal die seminaar aanbied en die resultate van die sluitsteenprojek namens die Stellenbosch kohort wat die UBC sertifikaatkursus voltooi het, deel. Die ander deelnemers was: Prof Arnold Schoonwinkel, Prof Ronel du Preez, Prof Anton Basson, Prof Ingrid Rewitzky, Prof Arend Carl, Prof Ian Nell, Dr Berna Gerber, Prof Johan Louw, Mnr Gert Young and Mnr André Müller. Waarderende Ondersoek (WO) is gebruik as die toepaslike navorsingsmetodologie vir die projek omdat dit die sleutel aandeelhouers betrek by 'n genetwerkte gemeenskap van praktyk wat gegrond is in opvoedkundige ondersoek, en dit fokus op die bestaande beste praktykvoorbeelde en kontekstuele veranderlikes om die sistematiese ontwikkeling van onderwyskundige kwessie(s) wat ondersoek word te verbeter (Cooperrider, 1986 and Cooperrider & Whitney, 2005). Coghlan, et al, (2003) bied insigte in hoe WO gebruik kan word om organisasies te verander. Die gebruik van die metodologie is hier van toepassing, omdat programvernuwing in sommige aspekte wel 'n verandering in die organisasie insluit terwyl dit fokus op die bestaande beste praktyk voorbeelde sowel as kontekstuele veranderlikes soos die persepsies van die personeellede. Dit fokus ook op sosiaal gekonstrueerde praktyk en betrek die deelnemers op 'n waarderende wyse (deur die idees van wat die beste werk te ondersoek terwyl ruimte gelaat word om 'n beter scenario voor te stel). Fokusgroeponderhoude is in fakulteite gehou om met fakulteite in gesprek te tree. Die voorlopige resultate van die fokusgroepe is ook op die jaarlikse Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) konferensie in Oktober 2015 gedeel en verdere besprekings is gehou. Die voorlopige analise van die fokusgroeponderhoude sowel as die groepbesprekings by die AvOL konferensie sal by die seminaar aangebied word. Daar sal 'n spesifieke fokus wees op die eksterne en interne struikelblokke en instaatstellers tot programvernuwing. Daar sal op die interne vlak 'n onderskeid gemaak word tussen institusionele, fakulteit, departementele en individuele vlakke. Spesifieke aandag sal ook gegee word aan die moontlikheid van meer samewerking tussen fakulteite en steundienste om 'n holistiese programvernuwingsproses te verseker. Die doel van die seminaar is om meer terugvoer te verkry wat die akademiese gesprek sovel as die institusionele strategie vir programvernuwing by die US sal informeer. Dit is dus baie belangrik dat verteenwoordigers van fakulteite en ondersteuningsdienste hierdie seminaar bywoon om aan te dui of die data wat tot dusver versamel is ooreenstem met hulle ervaring van programvernuwing en aandui wat gedoen moet word om te beweeg na 'n meer ge?ntegreerde strategie vir programvernuwing.? | |
?
? 26 Augustus?? 2015?
| ? |
Die titel van die seminaar is geneem uit ? studente-evaluasie van ? tweedejaar Sosiologie-kursus by die Universiteit Stellenbosch, waarin prof Pattman poog om deelnemende pedagogiese benaderings (tesame met massa-lesings) te ontwikkel wat daarop gemik is om studente te betrek as produseerders van kennis. Hul lewens en die wyses waarop hulle hul lewens konseptualiseer word dan sleutelbronne binne die kursus. Een van die ironiese aspekte van hierdie kursus is dat dit juis die onderwerp wat onderrig word bevraagteken. Eerder as om ras as vanselfsprekend te aanvaar, word studente aangemoedig om krities oor ras te reflekteer en die belangrikheid en betekenisse, indien enige, wat dit vir hulself en vir andere inhou. Die konsep ras was op verskillende wyses deur verskillende studente, asook die dosent, gekonstrueer en aangespreek, bv as ? sensitiewe onderwerp wat moeilik is om oor te praat (soos die studente-aanhaling in die titel impliseer) en as iets wat hulle maak wie hul is, as werklik onwerklik en as ? materi?le werklikheid, as voorspelbaar en onvoorspelbaar (bv in gevalle van rasvermenging), as absurd en pynlik, as iets wat oor generasies heen strek en ook in geslag ingebed is. Die verskillende en kontrasterende wyses waarop studente en die dosent die term ras gekonstrueer het in verskillende kursusaktiwiteite en die besprekings daarvan vorm die basis van hierdie aanbieding. Dit word gestel dat hierdie kursus modelle vir goeie praktyk (pedagogies en navorsing) in die konteks van kontemporêre kwessies oor transformasie bied, deur vorme van kritiese selfrefleksie deur middel van wedersydse leer tussen verskillende en diverse studente aan te moedig, en deur krities om te gaan met die wye verskeidenheid en selfs kontrasterende wyses waarop verskillende en diverse studente ras konseptualiseer en ervaar.? |