Konsultasies en klasbesoeke
Konsultasies op versoek
SOL-personeellede doen op versoek klasbesoeke. Dosente mag 'n klasbesoek van die SOL-adviseur in hulle fakulteit versoek, en mag dit herhaaldelik doen om die waarde van hierdie groeigeleentheid te maksimeer.
Die klasbesoek word deur 'n bespreking en geskrewe verslag opgevolg, waarin daar vanuit 'n waarderende perspektief die volgende uiteengesit word: 1) die sterkpunte van die lesing en die dosent en 2) moontlike veranderinge wat beide die onderrig en leer kan verbeter. Die verslag word as vertroulik hanteer deur SOL en word slegs aan die dosent gestuur. Die dosent mag egter die verslag aanwend vir enige doel van sy/haar keuse. SOL beskou klasbesoeke as 'n voorreg en 'n geleentheid om verhoudings met akademiese personeel te bou.
Dosentkonsultasies rakende algemene onderrig- en leerondersteuning en die beplanning van 'n werksessie vir 'n departement/fakulteit geskied ook op versoek.
Dosente word ook aangemoedig om hulle kollegas uit te nooi om by hulle klasse in te sit. Navorsing toon dat portuurobservasies en -terugvoerbesprekings waardevolle professionele leergeleenthede is.
Tree asseblief met die SOL-adviseur in u fakulteit in verbinding indien u 'n klasbesoek of werksessie wil versoek:
SOL adviseurs in fakulteite
Fakulteit | Adviseur | E-pos | Uitbreiding |
AgriWetenskappe | Nicoline Herman | nherman@sun.ac.za | 3076 |
Ekonomiese & Bestuurswetenskappe | Gert Young | gyoung@sun.ac.za | 4937 |
Geneeskunde & Gesondheidswetenskappe | Jean Farmer | jeanlee@sun.ac.za | 2956 021 – 938 9832 |
Ingenieurswese | Karin Wolff (PREDAC) Cecilia Jacobs |
3751 | |
Krygskunde | Claudia Swart (PREDAC) Cecilia Jacobs | 4502 3751 | |
Lettere & Sosiale Wetenskappe | Karin Cattell | kcattell@sun.ac.za | 3074 / 9617 |
Natuurwetenskappe | Hanelie Adendorff | hja@sun.ac.za | 9191 |
Opvoedkunde | Anthea Jacobs | jacobsa@sun.ac.za | 9258 |
Regsgeleerdheid | Claudia Swart | claudias2@sun.ac.za | 4502 |
Teologie | Melanie Petersen | mpeter@sun.ac.za | 3544 |