??????????????????????????Die kortkursus in die Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap (in Engels "Scholarship of Educational Leadership", afgekort na SoEL) fokus op
beide leierskap in en akademieskap van onderrig-leer-assessering (OLA). Die
idee is om 'n kritieke massa OLA-leiers by die Universiteit Stellenbosch te
kweek wat belyn met die professionalisering van die onderrigrol soos
beskryf in die voorlopige US Onderrig-Leer Beleid (2023). Die kortkursus put uit
twee kennisgebiede: Akademiese leierskap (AL) en die akademieskap van onderrig
en leer (AvOL, of in Engels "Scholarship of Teaching and Learning" afgekort as SoTL), met die doel om konseptuele raamwerke uit hierdie twee domeine
met mekaar te verbind. Hierdie
raamwerke
bied
aan
deelnemers
teoretiese
lense
om hul
eie
praktyke
as opvoedkundige
leiers
te
ondersoek
en
daarop
te
reflekteer.
Die SoEL-kortkursus
neem 'n bre?
beskouing
van opvoedkundige
leierskappraktyk
en
sluit ander
ondersteunende
praktyke
in, soos
refleksie,
veranderingsbestuur,
innovasie
en
kontekstuele
bewustheid.
Die vlagskipkursus is gemik op senior akademici en PASS-personeel met 'n sterk belangstelling in OLA aan die US. Een deelnemer (senior akademikus) per fakulteit per jaar word genomineer deur die dekaan/visedekaan (O&L) en deur Prof Ramjugernath uitgenooi.
Aanbod:?
- NQF-vlak 8; twaalf krediete en 120 leer-ure.
- Een inname per jaar.
Modus:
- Gemengdeleer
?Datums van kontaksessies:?
Voorgestelde datums | Kontaksessie |
1 Des 2023 | Verwelkoming en bekendstellin |
23 Feb 2024 | Sessie 1: Pedagogiese leierskap |
26 Apr 2024 | Sessie 2: Kurrikulum en leierskap |
14 Jun 2024 | Sessie 3: Leierskap van opvoedkundige veranderingsinisiatiewe |
30 Aug 2024 | Sessie 4: Opvoedkundige navorsing as leierskap |
3 &4 Okt 2024 | SoEL Skryfwegbreek (2 dae) |
4,5,6 Nov 2024 | Neem deel aan die jaarlikse SoTL-kongres |
29 Nov 2024 | SoEL-viering, aanbiedings en verwelkoming van nuwe kohort |
Die kursus is gestruktureer rondom vier OLA-leierskapsgefokusde temas, naamlik: Leierskap in pedagogiek; leierskap in kurrikulum; leierskap in OLA-veranderingsinisiatiewe, en opvoedkundige navorsing as leierskap. Hierdie vier temas is vervleg deur die loop van die kursus.
Die kortkursus het dit ten doel om:
- Deelnemers (bv. visedekane onderrig en leer, programleiers, departementshoofde, innoverende en akademiese dosente, personeel van OLA-verwante eenhede, ens.) te betrek by akademiese benaderings tot opvoedkundige leierskapspraktyke.
- Deelnemers bekend te stel aan die akademieskap van opvoedkundige leierskap om hierdie navorsing te integreer en die implikasies daarvan vir hul eie opvoedkundige leierskapskonteks te realiseer.
- Deelnemers te lei om SoTL-navorsingsvaardighede toe te pas op hul eie opvoedkundige leierskapskonteks (soos die hersiening van literatuur, die defini?ring van SoEL-navorsingsvrae, die ontwerp van navorsingsmetodes, die verspreiding van resultate).
- Deelnemers aan te moedig om krities reflektiewe praktyk van hul OLA in die vorm van 'n mini-portefeulje te demonstreer.
- SoEL-deelnemers as vakleerlinge in te lei in die SoTL- en SoEL-praktykgemeenskappe en deel te word van die US se OLA-leierskorps.?