肆客足球

?Au?xin Hulpbronne 2024

?


???????????

??2024  ?

?    
???????????

??2023  ?

?    
???????????

??2022  ?

?    
???????????

??2021  ?

?    
???????????

??2020  ?

?    
???     

2018  

???     

2017 

???     

2016  

???     

2015 

?

? 23 Julie 2024????

  • Tussen Ateljee en Laboratorium: Die gebruik van kunsgebaseerde metodes vir kuns-wetenskap- en interdissiplinêre onderrig en leer aan die US en verder.?
  •   Kathryn Smith??
  • Kathryn Smith (PhD, UMU) is ? interdissiplinêre visuele kunstenaar en ‘prakademikus’ wat belang stel in hoe kennis geproduseer en gedeel word wanneer kuns, wetenskap, geskiedenis en tegnologie kruis. Haar kurator- en forensiese werk het saamgekom as aanvullende uitdrukkings van noodsaaklike sorg vir liggame, infrastrukture en niemenslike goed, deur haar werk oor uitstallings-, argief-, erfenis- en humanitêre kontekste heen. Sy is ? medeprofessor en voorsitter van die Departement Visuele Kunste aan die Universiteit Stellenbosch, besoekende navorsingsgenoot by Face Lab (Liverpool John Moores Universiteit) en adjunk-kurator by die A4 Kunsstigting in Kaapstad.

 
?

Net meer as tien jaar gelede het ek die proses van nisspesialisasie in forensiese gesigsafbeelding begin, ná amper twintig jaar as ? praktiserende kunstenaar, kurator en opvoeder in ateljeekuns-praktyk binne die Suid-Afrikaanse ho?ronderwyskonteks. Hierdie drie aspekte van my professionele identiteit het min beteken (of só het ek aanvanklik gedink) toe ek my as ? medestudent (hoewel ‘ouer’) en ervare opvoeder in ? wetenskaplaboratorium saam met meestal (baie) jong voorgraadse studente bevind het. Ná ? MSc en ? PhD, albei van Britse instellings, het ek na ateljeekuns-onderwys aan die US teruggekeer, met die dwingende begeerte om studente by radikale weetgierigheid betrokke te kry; gate te steek in die grens tussen kunsateljee en wetenskaplaboratorium; en ? bre?r begrip van die rol van ateljeekuns-onderwys in die akademiese projek te bevorder. 

Hierdie aanbieding sal, deur verwysing na spesifieke onderrig- en leerprojekte, my persoonlike reis weerspie?l van wissel tussen leerkrag en student en weer terug en hoe die ervaring van ‘wetenskap doen’ uit die perspektief van ? kunstenaar vars pedagogiese geleentheid in albei wêrelde moontlik gemaak het. My omgang met studente in die visuele kunste en wetenskappe het vir my gewys hoe kennis binne hierdie paradigmas gekonstrueer word, saam met die vooroordele, blinde kolle en mites wat elkeen oor die ander handhaaf. Dit het ? lopende haalbaarheidstudie, genaamd ‘Die Aankweek van die Derde Kultuur’, ge?nspireer, wat die vraag na kuns-wetenskap-interaksies aan die US verken.  


? 21 Mei 2024????

  • Die Uitdagings van die Transformasie van Kurrikulums: Besinnings deur ? interdissiplinêre?
  •   Dr. Ruenda Loots, Dr. Jerome Joorst, Dr. Jennifer Feldman, Dr. Gerda Dullart, Dr. Anthea Jacobs, Dr. Jean Farmer, Mnr Simbongile Ntwasa??
  • Dr Ruenda Loots is ? dosent en die hoof van die diplomaprogram vir volhoubare ontwikkeling in die Skool vir Openbare Leierskap.
  • Dr Jerome Joorst is is ? dosent in die Fakulteit Opvoedkunde: Opvoedkundige Beleidstudies.
  • Dr Gerda Dullart is ? bestuurder in onderrig en leer in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.
  • Dr Jean L Farmer is ? programbestuurder in die Transformasiekantoor.
  • Dr Jennifer Feldman is ? senior dosent in die Fakulteit Opvoedkunde: Opvoedkundige Beleidstudies.
  • Dr Anthea Jacobs is ? senior adviseur by die Sentrum vir Onderrig en Leer.
  • Mnr Simbongile Ntwasa is ? adviseur by die Sentrum vir Onderrig en Leer.?

 
?

Institusionele transformasie en insluiting raak geleidelik al hoe meer prominent in die strategie? van die histories wit instellings in Suid-Afrika. Ten spyte van hierdie pogings is daar slegs beperkte vordering met hierdie doelwitte, ook op die gebied van die transformasie van die kurrikulum. In die artikel waarop hierdie Auxin-sessie berus, besin die outeurs oor hulle gesprekke oor die transformasie van kurrikulums en onderrigpraktyke as ? interdissiplinêre praktykgemeenskap. Die gesprekke worstel met die gebrek aan kurrikulumtransformasie aan die Universiteit Stellenbosch, ten spyte van sy ambisieuse transformasieplan. Die outeurs voer aan dat moeilike interdissiplinêre gesprekke noodsaaklik vir die ontwrigting van onderrigpraktyke en deurslaggewend vir die dekolonisasieproses is. Hierdie gesprekke moet deurlopend en blywend wees, omdat agente van kurrikulumtransformasie in verskillende kontekste deur die deel van verhale ondersteun word. Die outeurs se konseptuele gesprekke verken verskeie teorie? van dekolonialiteit, deur die gebruik van ubuntu-pedagogie, asook die konsepte van herverdeling, erkenning en verteenwoordiging uit die maatskaplike-geregtigheidsteorie. Die medewerkende energie van ? interdissiplinêre praktykgemeenskap word ingespan, met die meegaande vertelkuns, lees- en skryfwerk, en besinning om die diversiteit van persoonlike en dissiplinêre perspektiewe bloot te lê. Enkele nadenkende vinjette is in die referaat ingesluit om hierdie proses te illustreer. Die tersaaklikheid van hierdie studie, verder as slegs binne die kontekste van die outeurs, spruit uit ? gaping tussen die teorie en die praktyk in die dekoloniseringsproses. Die argument is dat selfs ? goeie institusionele transformasieplan nie die dekolonialiteit van kurrikulums sal waarborg nie. Meer is nodig. Sistemiese verandering is nodig en moeilike interdissiplinêre gesprekke is deel van hierdie proses. Gemarginaliseerde stemme moet erkenning en verteenwoordiging geniet en die spesifieke konteksverwante herverdeling van kurrikulums moet plaasvind, sodat transformasieplanne en -teorie? in werking kan tree. 


? 21 April 2024????

  • Studenteterugvoer: Die navorsingsmoontlikhede?
  •   Dr Gert Young??

Aanbevole leeswerk:??

  • Hounsel, D. (2003). “The Evaluation of Teaching” in Heather Fry, SteveKetteridge and Stephanie Marshall (eds). A Handbook for Teaching and Learning in Higher Education,. Kogan-Page: London. 200-212
  • Spooren, P., Brockx, B. and Mortelmans, D.(2013). On the validity of student evaluation of teaching: The state of the art. Review of Educational Research, 83:4, 598-642
 

Studenteterugvoer aan die US is ? proses waardeur beduidende hoeveelhede inligting oor verskillende sake wat met studente se leerervarings verband hou, ingesamel word. Vir hierdie inligting om verandering aan te dryf en te onderlê, moet dit ontleed word. Wat is die ontledingsmoontlikhede vir hierdie data? Hierdie sessie fokus op die navorsingsgeleenthede vir studenteterugvoer. Daar word in die besonder onderskei tussen studenteterugvoer as die voorwerp van navorsing en studenteterugvoer as ? datainstrument vir navorsing. Die doel van die sessie is om akademici aan te moedig om studenteterugvoernavorsing te onderneem. 

isiXhosa: Ingxelo yomfundi: Uphando olunokwenziwa
Ingxelo yomfundi eSU yinkqubo apho izixa ezibalulekileyo zolwazi ziqokelelwa kwimiba eyahlukeneyo enxulumene namava okufunda kwabafundi. Ukuze olu lwazi luqhube kwaye luzise utshintsho, kufuneka luhlalutywe. Ngawaphi amathuba anokusetyenziswa ukuhlalutya le datha? Le seshoni igxile kumathuba ophando ngokunikezela ingxelo yabafundi. Ngokukodwa umahluko okhoyo phakathi kwengxelo yomfundi njengento yophando kunye nengxelo yomfundi njengesixhobo sedatha sophando. Injongo yale seshoni kukukhuthaza izifundiswa ukuba zenze uphando ngengxelo yabafundi.


? 26 Maart 2024????

  • How do we respond to student feedback??
  •   Dr Brendon Pearce and Dr Jeannine Marais??
  • ?   PPT?

Aanbevole leeswerk:??

  • Lewis, K.G. (2001), Using Midsemester Student Feedback and Responding to It. New Directions for Teaching and Learning, 2001: 33-44. https://doi.org/10.1002/tl.26?
 

US studente verskaf gereeld terugvoer oor hulle ondervinding van dosente en/of modules. Die meeste van hierdie terugvoer kom egter aan die einde van ? module, wat beteken dat dosente min geleentheid het om die ‘lus toe te maak’ deur met studente oor hulle terugvoer te gesels. En selfs al het dosente die geleentheid gehad om met studente om te gaan, is daar dalk onsekerheid oor hoe om op die terugvoer te reageer. Hierdie vraag – wat doen ek met die terugvoer nadat dit deur studente verskaf is – word deur drs Marais (Departement Voedselwetenskap) en Pearce (Departement Genetika) verken. Dit vorm deel van ? reeks oor studenteterugvoer, waarvan die eerste (28 Februarie 2024) alternatiewe maniere vir die insamel van studenteterugvoer verken het. 

isiXhosa:
Abafundi beSU banika ingxelo rhoqo ngamava abo ngakubahlohli kunye/okanye iimodyuli. Nangona kunjalo, uninzi lwale ngxelo luza ekupheleni kwemodyuli ethetha ukuba abahlohli banethuba elincinci lokuthi 'close the loop (lokuvala umsantsa)' ngokubandakanya abafundi kwingxelo abayinikileyo. Kwaye nokuba abahlohli bebenethuba lokubandakanya abafundi, kunokubakho ukungaqiniseki malunga nendlela yokuphendula kwingxelo. Lo mbuzo - ndenza ntoni ngempendulo xa sele inikezelwe ngabafundi - iphononongwa nguGqr. Marais (iSebe leNzululwazi yoKutya) kunye noGqr Pearce (iSebe lezifundo ngezeMfuzo). Iyinxalenye yoluhlu lweengxelo zabafundi, eyokuqala (28 eyoMdumba 2024) yaphonononga ezinye iindlela zokuqokelela ingxelo yabafundi.


? 28 Februarie 2024????

  • Hernuwing van Studenteterugvoer aan die US: Die gebruik van klasverteenwoordigers as ? alternatiewe manier om terugvoer in te samel?
  •   Prof Gareth Arnott, Prof Debby Blaine??

  • Huxham, M., Laybourn, P., Cairncross, S., Gray, M., Brown, N., Goldfinch, J. & Earl, S. (2008). Collecting student feedback: a comparison of questionnaire and other methods, Assessment & Evaluation in Higher Education, 33:6, 675-686, DOI: 10.1080/02602930701773000
  • Richardson, J. (2005). Instruments for obtaining student feedback: a review of the literature, Assessment & Evaluation in Higher Education, 30:4, 387-415, DOI: 10.1080/02602930500099193
 

Die doeleindes waarvoor studenteterugvoer ingesamel word en die instrumente wat ons gebruik om hierdie terugvoer in te samel, is belangrike aspekte om in ag te neem met die hernuwing van studenteterugvoer aan die US. Tradisioneel benader die US se onderriggemeenskap studenteterugvoer as ? evaluasie van dosente en hulle onderrig en maak staat op die formele terugvoeropnames wat aan die einde van modules uitgedeel word, om studente se stemme oor hulle ervarings te hoor. In hierdie sessie sal die twee aanbieders ? alternatiewe manier van terugvoer insamel – die betrokkenheid van klasverteenwoordigers – demonstreer. Hulle aanbieding sal ook aanvoer dat die insamel van terugvoer op hierdie wyse ? ander doel dien – die verryking van studenteleer. Prof Arnott sal sy gebruik van klasverteenwoordigers op die vlak van ? individuele module beskryf en prof Blaine sal aantoon hoe dit na verhouding tot op die vlak van die program vergroot kan word. Die doel van hierdie sessie is om die US se onderriggemeenskap aan te moedig om verskillende maniere van terugvoer invorder, wat uiteindelik studenteleer kan verryk, te verken.

isiXhosa: Ukuhlaziya iNgxelo yoMfundi eSU: Ukusebenzisa abameli beklasi njengenye indlela yokuqokelela ingxelo?
Iinjongo ekuqokelelelwa yona ingxelo yomfundi kunye nezixhobo esizisebenzisayo ukuqokelela loo ngxelo yimiba ebalulekileyo ekufuneka iqwalaselwe kuhlaziyo lwengxelo yomfundi eSU. Ngokwesiqhelo uluntu lokufundisa laseSU lubona ingxelo yabafundi njengovavanyo lwabahlohli kunye nokufundisa kwabo kwaye luxhomekeke kuphando lwengxelo olusesikweni olusasazwa ekupheleni kweemodyuli ukuva amazwi abafundi ngamava abo. Kule seshoni abanikezeli ngcaciso bobabini baya kubonisa enye indlela yokuqokelela ingxelo - ngokubandakanya abameli beklasi. Iintetho zabo ziya kuphinda zicebise ukuba ukuqokelela ingxelo ngale ndlela kufezekisa injongo eyahlukileyo - ukuphucula ukufunda kwabafundi. UNjing Arnott uya kuchaza ukusebenzisa kwakhe abameli beklasi kwinqanaba lemodyuli nganye kwaye uNjing uBlaine uya kubonisa oku kunokunyuswa kwinqanaba lenkqubo yokufunda. Injongo yale seshoni kukukhuthaza abahlohli baseSU ukuba baphonononge iindlela ezahlukeneyo zokuqokelela ingxelo enokuphucula ukufunda kwabafundi ekugqibeleni.
?


????????????????????????