
Registrasie 2025
Sedert aanlyn registrasie op 2 Januarie 2025 vir die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe oopgestel is, en vir die Stellenbosch-kampus op 13 Januarie 2025, is ‘n stelselmatige toename in registrasiegetalle aangeteken, met 31 584 studente wat teen 13 Februarie 2025 hul plek by die Universiteit Stellenbosch opgeneem het. Aanlyn self-registrasie het op 6 Februarie 2025 gesluit. Die finale datum vir die laat registrasie van voorgraadse en nagraadse studente, asook module/program-veranderinge is 21 Februarie 2025. M- en D-studente moet kennis neem van die onderskeie registrasiedatums, en re?lings vir sommige gestruktureerde Meerstersprogramme in die betrokke paragraaf hieronder.
Meld asseblief stelselkwessies by Kli?ntedienste (info@sun.ac.za) aan. Ons personeel sal julle navrae na die betrokke afdeling vir hulp verwys.
Aanlyn registrasie het op die volgende datums begin:
- Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe: 2 Januarie 2025
- Stellenbosch-kampus: 13 Januarie 2025
Installeer Microsoft Authenticator op jou foon voor registrasie: Alle nuwe en terugkerende studente moet die Microsoft Authenticator (MA)-applikasie op hulle Android- of Apple-slimfoon of -tablet installeer voordat hulle registreer. Dit is 'n verpligte vereiste van Microsoft. Klik hier vir instruksies oor hoe om die MA-applikasie te installeer.
Hulp met registrasie
Let asseblief daarop dat 'n spesifieke datum en tydgleuf vir registrasie aan elke fakulteit, akademiese program en studiejaar toegeken is. Raadpleeg die registrasieskedule betyds indien jy hulp benodig om te kan registreer.
- Studente (buiten die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe en die Stellenbosch Bestuurskool) wat hulp benodig met aanlyn selfregistrasie, kan tot 6 Februarie 2025 (gedurende kantoorure) die rekenaargebruikersarea in Kamer E24 in die Neelsie-studentesentrum besoek.
- As ‘n bepaalde kwessie ondanks ons beste pogings onopgelos bly en aanlyn registrasie belemmer, of as julle spesiale vereistes het, sal daar van 27 tot 31 Januarie 2025 op die Stellenbosch-kampus (NARGA-rekenaargebruikersarea in Admin A, Ryneveldstraat) personeel beskikbaar wees om julle met registrasie te help. Elke fakulteit het ‘n spesifieke datum en tydgleuf. Besonderhede is in die registrasieskedule.
Registrasiedatums vir M- en D-studente
- M-studente moet asseblief daarop let dat die registrasiedatums vir sommige gestruktureerde Meestersprogramme dalk vroe?r kan wees as die algemene registrasiedatums wat in die registrasieskedule aangedui word. Studente moet dié datums met hul programko?rdineerders bevestig.
- 21 Februarie 2025: Dit is die finale registrasiedatum vir M- en D-studente wat hul programme vanjaar voortsit (dus nie nagraadse nuwelinge nie), en ook die laaste dag vir die laat registrasie van voorgraadse en nagraadse studente, asook module/program-veranderinge.
- 27 Maart 2025: Finale registrasiedatum vir nuwe M- and D-studente wat vanjaar vir die eerste keer inskryf.
Finale toelating vir eerste aansoekers
Let asseblief daarop dat die finale toelatings en kommunikasie vanaf 14 Januarie 2025 verwerk sal word. Klik hier vir meer inligting.












Studentegelde 2025
Vir meer inligting oor studentegelde en verwante prosesse, klik op die skakels hieronder:
?