Koshuise
Maak seker dat jy vóór registrasie verblyf verseker het
Belangrike kennisgewing: Akkommodasie is nie by jou akademiese aanbod ingesluit nie. Jy is verantwoordelik om jou eie verblyf op eie koste te verseker voordat jy op kampus aankom en registreer. Besoek www.maties.com vir meer inligting oor koshuis en privaat geakkrediteerde verblyf.
Koshuise sal volgens die skedule hieronder uiteengesit vir verskillende studentekategorie? open
Nuwelingeerstejaarstudente
- Fakulteit Regsgeleerdheid, nuweling-eerstejaarstudente: Maandag 27 Januarie 2025
- Nuwelingstudente wat plek in 'n universiteitskoshuis gekry het, moet by hulle koshuise aanmeld in ooreenstemming met die tye wat vanaf 29 Januarie 2025 deur individuele koshuise gekommunikeer is.
Let asseblief op die volgende: Indien eerstejaarstudente sonder enige voorafre?lings versuim om teen die intrekdatums by die koshuis aan te meld, sal hulle koshuisplek gekanselleer word en aan studente op die koshuiswaglys toegeken word.
Senior en terugkerende studente
- Voorgraadse koshuise op Stellenbosch-kampus
- Huiskomiteelede (HK): Vrydag 17 Januarie 2025
- Senior studente: Woensdag 5 Februarie 2025 - Senior koshuise (Huis Mac Donald/Concordia/Lobelia/Huis de Villiers/The Village, Huis Russel Botman en Walter Parry House), LLL-huise and US-huise op die Stellenbosch-kampus: Vrydag 10 Januarie 2025
Indien jy nie jou koshuisaanbod aanvaar nie, moet jy ons asseblief in kennis stel om koste te vermy
Studente (nuwelingeerstejaars én seniors) wat nié van plan is om hulle plek in die koshuis te gebruik nie, moet die Studenteakkommodasiekantoor by rescancellations@sun.ac.za in kennis stel om te voorkom dat huisvestingsgeld op hulle studenterekening verskyn.
Verseker privaat verblyf betyds
Indien jy nie verblyf in ’n koshuis gekry het nie, verseker asseblief privaat verblyf. Besoek ons webwerf vir privaat verblyf hier. Jy is ook welkom om die Privaat Akkommodasiekantoor in Administrasie A te besoek. Dit bly jou verantwoordelikheid om op eie koste verblyf te verseker voordat jy op kampus aankom.
Indien jy 'n beurshouer is, moet jy ook onthou om bewys van finansiering te verseker. Indien jy nie bewys van finansiering het nie, sal ons jou nie kan help om privaat geakkrediteerde verblyf te verseker nie.
Registreer op die waglyste indien jy vir koshuisplasing in aanmerking kom
Die koshuiswaglyste vir alle geregistreerde studente sal op 10 Januarie 2025 op jou studenterekening oopmaak. Hou asseblief in gedagte dat die plek beperk is en dat plasingskriteria steeds van toepassing sal wees.
- Voorkeur sal aan NSFAS-eerstejaars gegee word in ooreenstemming met die Koshuisplasingsbeleid.
- Terugkerende studente wat nie hiervoor in aanmerking kom nie, sal nie oorweeg word nie. Verwys asseblief na privaat akkommodasie.