Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Toewydingseremonie
Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe bied op Maandag 24 Maart sy toewydingseremonie vir voorgraadse Gesondheidswetenskappe-, MBChB- en Verpleegkunde-graduandi en diegene wat met ’n BScHons in Biokinetika gradueer, aan.
Lokaal
Die toewydingseremonie word op 24 Maart van 12:00 tot 13:00 in die JN de Villiers-raadsaal op die eerste vloer van die Kliniese Gebou op die Tygerberg-kampus gehou. Arriveer asseblief nie later as 11:30 nie. Ons nooi jou ook uit om by ons aan te sluit vir ’n bietjie vonkelwyn of sap daarna.
RSVP?
?Alle voornemende graduandi sou teen einde Februarie ’n aparte uitnodiging na die toewydingseremonie vir RSVP-doeleindes ontvang het.
Gaste
As ’n graduandus is jy welkom om vier gaste na jou toewydingseremonie te nooi.
Akademiese drag
Dit is verpligtend vir FGGW-graduandi om ’n swart toga vir die toewydingseremonie te dra. Let asseblief daarop dat geen band benodig word vir die toewydingseremonie nie. ’n Band word slegs vir die gradeplegtigheid benodig.
Om jou swart akademiese toga te huur, kontak asseblief die verskaffer Dippenaar & Reinecke by 012 343 2945/7 of admin@diprei.com.
Die akademiese drag kan by die on?derstaande lokale afgehaal en terugbesorg word:
Afhaal:
Tygerberg-kampus:
Lesinglokaal 12, Onderwysgebou:
1. Vrydag, 21 Maart 2025 van 09:00 tot 12:00
2. Maandag, 24 Maart 2025 van 07:30 – 16:00.
Stellenbosch:
24 tot 28 Maart, 07:00-19:00, Coetzenburg-atletiekverversingskiosk, Stellenbosch (langs die Coetzenburg-atletiekstadion).??
Terugbesorging:
Stellenb?osch (slegs):
24 tot 28 Maart, 07:00-19:00, Coetzenburg-atletiekverversingskiosk, Stellenbosch (langs die Coetzenburg-atletiekstadion).
Fotografie
Ons amptelike fotograwe, die Stellenbosch-sentrum vir Fotografiese Dienste (SCPS), sal foto’s neem wanner die koker aan jou oorhandig word en met jou ondertekening van die toewydingsboek. ?
Hoewel ons ongelukkig nie private fotograwe gedurende die seremonie kan akkommodeer nie, is jy en jou gaste welkom om ná afloop van die seremonie foto’s by die toewydingsboek te neem.
Verdere vrae
Vir meer inligting oor die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se toewydingseremonie, besoek die bladsy met gereelde vrae. Antwoorde op jou gradeplegtigheidsnavrae is beskikbaar onder die verskillende oortjies van die gradeplegtigheidswebwerf.