???????

Toegangskaartjies en aankomstyd

Aankomstyd

Die lokaal se deure open een uur voor die seremonie begin. Ons vra asseblief dat jy én jou gaste minstens 45 minute voor die aanvang van die plegtigheid reeds sal sit. Alle gegradueerdes moet direk na die Coetzenburg-sentrum gaan. Maak seker dat jy jou gehuurde akademiese drag by jou het. Jou toegangskaartjie sal jou toegekende sitpleknommer aandui, en jy sal jou aankondigingskaartjie op jou aangewese sitplek vind.??

Toegangskaartjies

Vasgestelde getal kaartjies beskikbaar

Die Coetzenburg-sentrum se populasiesertifikaat stipuleer die ma?ksimum getal mense wat op enige gegewe tyd in die lokaal toegelaat word. Aangesien dit 'n wetlike vereiste is, kan die Universiteit slegs 'n vasgestelde getal kaartjies per gegradueerde uitreik.

  • Voorgraadse en honneursgraduandi mag twee gaste nooi.
  • Meestersgraadstudente mag drie gaste nooi.
  • Doktorale graduandi? mag vier gaste nooi.

Aangesien ons nie enige bykomende kaartjies kan uitreik nie, nooi ons familie en vriende om die gradeplegtigheid aanlyn te volg by www.sun.ac.za/streaming.

Uitreikingskedule

Neem asseblief kennis dat jou toegangskaartjies (jou eie en jou gaste se kaartjies) op Donderdag 20 Maart na jou amptelike @sun.ac.za-inboks gestuur sal word. Maak asseblief ook seker dit het nie in jou gemorspos-lêer beland nie. ?Indien die e-pos nie arriveer nie, kan jy steeds jou kaartjies op die dag van jou gradeplegtigheid by die inligtingskiosk in die Coetzenburg-sentrum afhaal.

Indien jy aangedui het dat jy in absentia gaan gradueer, sal jy steeds jou kaartjies per e-pos ontvang, sou jy van plan verander.

Kaartjies kan gedruk of op selfone gestoor word en moet by die deur gewys word. Let daarop dat hierdie re?ling van toepassing is op sowel graduandi as gaste.

‘Kaartjiehandel’ verbode
Indien jy nie jou gradeplegtigheid gaan bywoon nie, moet asseblief nie jou kaartjies verkoop, oordra of andersins vir ’n ander graduandus of gas gee nie, aangesien dit streng verbode is. Deur dit te doen, sal jy aan dissiplinêre stappe ingevolge die Studente Dissiplinêre Kode blootgestel word en sal die bykomende kaartjies gekanselleer word.

Lokaal-etiket

Kom ons werk saam om te verseker dat al ons graduandi en hul gaste die beste moontlike ervaring het:

  1. Daag asseblief betyds op. Laat aankomelinge, selfs diegene met toegangskaartjies, kan toegang tot die lokaal geweier word.
  2. Gee aan al ons graduandi en hul gaste ’n kans om die geleentheid te vier deur te bly sit tot aan die einde van die seremonie.
  3. Bring asseblief slegs ongegeurde water na die lokaal, en geen kos of ander drankies nie.
  4. Gradeplegtighede is lank en kan vermoeiend wees vir voorskoolse kinders. Ons moedig jou aan om alternatiewe re?lings te tref vir die versorging van klein kinders. Indien dit nie moontlik is nie, onthou asseblief dat elke persoon wat die lokaal inkom, insluitend voorskoolse kinders, ’n kaartjie moet hê.
  5. As jy van plan is om ’n privaat fotograaf in die lokaal te hê, moet hulle ook ’n kaartjie hê, wat uit jou gastetoewysing moet kom. Ons vra vriendelik dat privaat fotograwe bedag moet wees om nie afbreuk te doen aan die verrigtinge nie.
  6. Gaste wat sonder ’n toegangskaartjie by die Coetzenburg-sentrum opdaag, sal in twee oorlooplokale in die Sportwetenskapgebou geakkommodeer word waar hulle die gradeplegtigheid aanlyn via ’n regstreekse stroomuitsending sal kan volg.

Indien jy enige verdere vrae het, e-pos ons asseblief by graduation@sun.ac.za.