肆客足球

???????????????????????Departement Ekonomie??

Die Departement Ekonomie is in 1920 gestig en het ’n jare lange tradisie van navorsing oor die makro-ekonomie, strukturele ekonomiese kwessies en die formulering, implementering en assessering van ekonomiese beleid teen die agtergrond van ’n ontwikkelende land.

Die Departement het uitruilooreenkomste met onder andere die Vrije Universiteit Amsterdam, die Erasmus Universiteit Rotterdam, en die Universiteit van Maastricht. ’n Opwindende nuwe ontwikkeling is die bekendstelling van ’n dubbele magisterprogram in Ontwikkelingsekonomie in samewerking met die Universiteit van G?ttingen in Duitsland.

ReSEP (die Navorsingsgroep oor Sosio-ekonomiese Beleid) is ’n groep navorsers wat uit personeellede, kontrakpersoneel en nagraadse studente bestaan wat op kwessies van armoede, inkomsteverdeling, sosiale mobiliteit, ekonomiese ontwikkeling en maatskaplike beleid konsentreer. Hulle navorsing is verder gestimuleer toe prof Servaas van der Berg in 2008 aangestel is as bekle?r van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel oor die Ekonomie van Maatskaplike Beleid, wat finansi?le steun van die Nasionale Navorsingstigting ontvang.

*Die onderrigtaal is Engels, en alle programme is geskik vir internasionale studente.??

Die Departement bied twee voltydse, lesinggebaseerde honneursprogramme aan:

?Die Honneurs in Ekonomie bied kandidate twee opsies. Diegene wat die opsie Algemene Ekonomie kies, doen gespesialiseerde kennis in ekonomie en ekonomiese ontleding op. Die opsie Finansi?le Ekonomie is meer loopbaangerig en berei studente vir poste in die finansi?le sektor van die ekonomie voor.

Die Honneurs in Ekonomie en Wiskundige Statistiek behels gespesialiseerde studie van sowel ekonomie as inferensi?le statistiek. Hierdie program stel studente in staat om verwantskappe in die ekonomie te ontleed.

Ná ’n honneursgraad of gelykstaande kwalifikasie kan studente kies tussen ’n navorsingsgebaseerde magisterprogram waarvoor ’n tesis vereis word wat op onafhanklike navorsing berus, of ’n lesinggebaseerde magisterprogram. Laasgenoemde is ’n voltydse program wat beoog om bekwame professionele ekonome op te lewer wat in die openbare of privaat sektor in diens geneem kan word. Studente kan Algemene Ekonomie kies, of in die Ekonomie van die Onderwys of Ontwikkelingsekonomie spesialiseer.

’n Uitgesoekte groep studente sal toegelaat word om vir die dubbele lesinggebaseerde magisterprogram in Ontwikkelingsekonomie in samewerking met die Universiteit van G?ttingen, Duitsland, te registreer.

Die hoogste kwalifikasie in die Departement is ’n Doktoraat in Ekonomie, wat deur middel van ’n proefskrif verwerf word.

????

NAGRAADSE KWALIFIKASIES?????
 HONNEURSGRADE? ? ?  MAGISTERGRADE ?  DOKTORALEGRADE

Aansoekproses