肆客足球

????????????????????????????????????SENTRUM VIR VOLHOUBAARHEIDSOORGANGE?

Die Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange (SVO) is ? vlagskip- navorsings-, onderrig- en opleidingsentrum in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Dit bring navorsing bymekaar oor die komplekse dinamika van volhoubaarheidsoorgange en transformasies wat bewerkstellig word deur onderwys en opleiding, navorsing en betrokkenheid, en wat fokus op vyf hoof- navorsingstemas – medeproduksie van kennis, sosio-ekologiese veerkragtigheid, transformerende denke oor die toekoms, finansies en hulpbronne, en politieke ekonomie en ontwikkeling – wat die dringende nasionale, kontinentale en globale uitdagings ten opsigte van volhoubaarheidsontwikkeling onderlê.

Die SVO vorm ? lewendige spilpunt vir die voorste wetenskaplikes en studente uit diverse vakgebiede en bevorder medewerking tussen en vennootskappe met verskeie plaaslike en internasionale universiteite. Ons benadering tot onderrig en leer beklemtoon die medeproduksie van kennis, wat die SVO in staat stel om die gaping tussen die wetenskap, beleid en praktyk te oorbrug. Deur medewerking te bevorder, kweek ons ? ge?ntegreerde en impakvolle benadering tot navorsing en volhoubare ontwikkeling aan.?

Die SVO bied drie nagraadse opleidingsprogamme aan: Nagraadse Diploma (NGDip) in Volhoubare Ontwikkeling (NKR-vlak 8), Magister in die Wysbegeerte in Volhoubare Ontwikkeling (NKR-vlak 9) en PhD in Volhoubare Ontwikkeling (NKR-vlak 10).?

?NAGRAADSE DIPLOMA IN VOLHOUBARE ONTWIKKELING

Die Nagraadse Diploma (NGDip) in Volhoubare Ontwikkeling is ? kwalifikasie op honneursvlak en bestaan uit agt gedoseerde modules wat oor een of twee jaar afgehandel kan word. Die program word in lokale op die hoofkampus van die Universiteit Stellenbosch en eksterne lokale in en om Stellenbosch en Kaapstad aangebied.

Die program is gemik op werkende beroepslui, aktiviste en praktisyns, en onlangs afgestudeerdes wat hulle betrokkenheid by aktuele denke en navorsing oor, en die praktyk van volhoubaarheidsdenke wil versterk. Die NGDip bied ? punt van toetrede tot die SVO se bre?r navorsings- en nagraadse opleidingsomgewing. Studente wat die NGDip slaag en graag hulle akademiese navorsingsopleiding wil voortsit, kan om die MPhil in Volhoubare Ontwikkeling en daarna die PhD in Volhoubare Ontwikkeling aansoek doen.

Programoorsig en gehoor?

Die NGDip sal jou begrip en kennis van volhoubare-ontwikkelingsambisies en -uitdagings in hierdie era van globale oorgang verdiep. Die program bied medewerkende leer en gevorderde nadenke, en persoonlike en professionele ontwikkelingsgeleenthede op die opkomende gebied van volhoubaarheidsoorgange en transformasies.

Volhoubaarheidsoorgange en transformasies is ? evoluerende gebied van vakkundige ondersoek en praktyk. Dit is direk toepaslik vir studente wat werkende beroepslui, praktisyns en aktiviste in diverse sektore van die samelewing is. Die inhoud en benadering tot onderrig, leer en assessering in hierdie program is pasgemaak om volhoubaarheidstudies vir ? globale gehoor tersaaklik te maak, terwyl dit steeds gegrond bly in ? Afrikakonteks – verrykend en toepaslik vir ? diverse groep studente wat daarin belangstel om verandering daar waar hulle hul bevind, te verstaan en te bewerkstellig.

Talle studente kom volhoubaarheidskwessies in hulle gemeenskappe of by hulle werksplekke te?, wat hulle aanspoor om vir ons program aansoek te doen, met die hoop om ? groter impak te maak en professioneel te vorder. Ons benadering tot onderrig, leer en assessering koester studente se vindingrykheid, selfbewussyn en skeppendheid, en kweek ? verlewendigde sin aan van hoe posisionaliteit, mag, geregtigheid en gelykwaardigheid onderlê hoe, waar en met wie hulle in interaksie tree. Ons kurrikulum bevorder innerlike groei en transformasie en delf daarbenewens diep en breed in sosio-ekologiese verandering in.

Kurrikulum

Die program bestaan uit agt modules wat die kern- navorsingsgebiede van die SVO weerspie?l en wat spreek tot die hart van ons globale polikrisis in die maniere waarop studente uitdagings en oplossings benader. Modules bied ? globale perspektief op volhoubaarheidsoorgange en transformasies terwyl dit die dinamika en tendense oor biodiversiteit en klimaatsverandering, regverdige energieoorgange, water- en voedselneksus en volhoubare urbanismes heen ondersoek. Die program beklemtoon ook kompleksiteitsgeletterdheid, regeringspraktyk en institusionele verandering, en leierskap en etiek om ? regverdige en volhoubare toekoms te ondersteun.

Gevallestudies, veldwerktoere en verdiepende ondervindings bied aan studente die geleentheid om te skakel met plaaslike inisiatiewe wat met volhoubaarheidsuitdagings eksperimenteer. Die benadering tot onderrig, leer en assessering fasiliteer strawwe teoretiese omgang met internasionaal tersaaklike kenniskorpusse, saam met oorwo? toepassing van kennis op ? verskeidenheid diverse kontekste.

MPHIL IN VOLHOUBARE ONTWIKKELING ??

Die Magister in die Wysbegeerte (MPhil) in Volhoubare Ontwikkeling bied ? intensiewe opvoedkundige ervaring wat ontwerp is om studente met die nodige hulpmiddele en perspektiewe toe te rus om die ingewikkelde uitdagings van globale volhoubaarheid aan te pak. Hierdie kursus fokus op die dinamika van verandering binne maatskaplike, omgewings- en ekonomiese stelsels, wat studente leer hoe volhoubaarheidsoorgange en transformasies doeltreffend kan bestuur en be?nvloed. In ? tydperk wat gekenmerk word deur onge?wenaarde globale kompleksiteite, fasiliteer ons program ? unieke geleentheid vir voornemende vakkundiges om die grense van dissiplines te transendeer en by betekenisvolle navorsing betrokke te raak. Studente verken innoverende strategie? en raamwerke wat volhoubare verandering aandryf, en wat hulle voorberei om die leiding te neem met inisiatiewe wat ? werklike impak op plaaslike, streek- en globale skaal het.

Programoorsig en gehoor

Die MPhil-program is pasgemaak vir studente uit verskillende akademiese agtergronde met ? gedeelde belangstelling in volhoubaarheidsoorgange en transformasies. Studente sal ? interdissiplinêre perspektief ontwikkel op hoe om volhoubaarheidsuitdagings te bestudeer en aan te pak, en akademiese en praktiese bevoegdhede, saam met etiese insigte, bekom wat hulle in staat sal stel om ingewikkelde volhoubaarheidsvraagstukke op plaaslike, streek- en globale skaal te verstaan, te ondersoek en oplossings daarvoor aan te bied. Studente doen strawwe kursuswerk en streef loopbaanvormende geleenthede na deur vasgelegde navorsingsprojekte, wat hulle in die ideale posisie plaas om ? loopbaan op die gebied van volhoubare ontwikkeling op te bou.

Kurrikulum

Die program kombineer strawwe kursuswerk, gerigte navorsing oor probleme in die werklike lewe, en geleenthede om met uitgelese vakkundiges en beleidsvormers saam te werk. Hierdie opvoedkundige benadering is daarop gemik om leiers met ? diep begrip van volhoubaarheidsuitdagings, sterk ontledingsvaardighede, en die kreatiwiteit wat nodig is om innoverende oplossings te ontwikkel, te kweek. Graduandi stap uit as etiese globale burgers, bekwaam in stelseldenke, gereed om komplekse kwessies aan te pak, en vaardig in doeltreffende kommunikasie met diverse gehore. Dit berei hulle voor om betekenisvol by te dra tot volhoubaarheidspogings regoor die wêreld, wat positiewe verandering en innoverende praktyke bevorder.

Die MPhil is oor twee jaar gestruktureer en inkorporeer ? navorsingstesis (90 krediete) en drie verpligte kursuswerkmodules (30 krediete elk). Hierdie omvattende kurrikulum verdiep studente in die grondkonsepte van en praktiese benaderings tot volhoubaarheidsoorgange, en rus hulle toe met die nodige vaardighede om dringende globale uitdagings doeltreffend aan te pak.

DOKTORALE PROGRAM IN VOLHOUBARE ONTWIKKELING?

Die PhD in Volhoubare Ontwikkeling is ? voltydse vierjaar-, navorsingsintensiewe program, vasgelê in teorie en praktyk, om studente bevoeg te maak vir leierskap met die aanpak van volhoubaarheidsuitdagings, deur doelbewuste transformerende studenteontwikkeling. Omdat dit strook met die Universiteit se missie om “'n transformerende studente-ervaring, doelgerigte vennootskappe en inklusiewe netwerke, onderrig en leer wat samewerkend van aard en binne 'n netwerk gesitueer is" te voorsien, streef die PhD in Volhoubare Ontwikkeling die ontwikkeling na van kragtige Afrikadenkers, wat dringende sosio-tegniese en sosio-ekologiese uitdagings op ? skaal van plaaslik tot globaal kan aanpak. Ons program neem die strukturele uitdagings wat die toekomstige akademiese leiers in Afrika in die gesig staar, ernstig op en:

  • lei PhD-studente op om plaaslik en internasionaal mededingend op die werksmark in die bedryf of in die akademie te wees;
  • bied ? internasionale baanbrekersprogram in volhoubare ontwikkeling binne ? Afrikakonteks;
  • bied internasionale ondervinding en blootstelling in die globale noorde en suide; en
  • maak kragtige denkers en leiers bevoeg, wat globale samelewingsuitdagings in die antroposeen kan navigeer, en ontwikkel leiers uit die globale suide, wat uit hulle volle Afrika-identiteite put. ?

Die PhD in Volhoubare Ontwikkeling bestaan uit vier hoofelemente: 

  • Proefskrif deur publikasie, ondersteun deur trans-/interdissiplinêre opleiding, diep studieleiding en mentorskap
  • Kursuswerk as ? ondersteunende element
  • Steun vir professionele ontwikkeling
  • Netwerke op meervoudige skale?

Vir ? oorsig van hierdie programme, raadpleeg die tersaaklike afdeling in die fakulteit se jaarboek. Aansoekprosedures en -datums word jaarliks in April op die SVO-webwerf geadverteer en kan hier besigtig word.

Aansoekproses