??????Welkom by die Afdeling Kliniese Farmakologie aan die Universiteit Stellenbosch.
Die Afdeling Kliniese Farmakologie is deel van die Departement Geneeskunde aan die Universiteit Stellenbosch.
?
Onderrig, Kliniese dienste & Navorsing
Onderrig:
-
Bied innoverende, ultramoderne onderrig aan studente en gesondheidsorgpraktisyns.
-
Fokus op bewysgebaseerde benadering tot die voorskryf van medikasie.
-
Ontwikkel studente en dokters wat leiers in die veld van kliniese farmakologie kan raak.
-
Lei professionele gesondheidsorgwerkers op vir geneesmiddelontwikkeling. ??
Kliniese dienste:
- ?Bied bewysgebaseerde sorg wat die gebruik van medikasie in alle gesondheidsorgkontekste sal optimaliseer.
- Verbeter gesondheidsuitkomste soveel moontlik deur middel van vennootskappe met pasi?nte, versorgers, professionele gesondheidsorgwerkers, reguleerders en beleidmakers.
- Bied 'n gifstofinligtingsdiens van ho? gehalte aan professionele gesondheidsorgwerkers en die algemene publiek.
- Lewer 'n ultramoderne moniteringsdiens oor terapeutiese middels aan plaaslike hospitale sowel as privaat laboratoriums.
- Neem deel aan plaaslike, nasionale en internasionale gesondheidsprogramme wat gesondheidsorgverbetering, welstand, siektevoorkoming en -behandeling, en toegang tot gesondheidsorg bevorder en bepleit.
- Dien as pleitbesorger vir pasi?nte, veral vir diensarm populasies. ?
- Lewer en versprei kennis om pasi?ntesorg, medikasieveiligheid, siektevoorkoming en ?behandeling, gesondheidsorg wat kostedoeltreffend en van ho? gehalte is, en kliniese farmakologieopleiding te bevorder.
- Pas nuwe kennis toe om innoverende modelle van gesondheidsorglewering, gesondheidsbeleid en opleiding in kliniese farmakologie te ontwikkel, evalueer en versprei.
- Wees as aktiewe leiers by die Universiteit Stellenbosch betrokke.