Opvoedkunde Biblioteek
????Opvoedkunde biblioteek, Media-biblioteek en ISKEMUS (Inligtingsentrum vir Kinder- en Jeugliteratuur en Media van US)?
?
Die Opvoedkunde Biblioteek is gele? in die GG Cillié-gebou waar die klasse van die voorgraadse en diploma programme in opvoedkunde aangebied word. Die biblioteek is rolstoel vriendelik. ?Die hoofdoel van die Opvoedkunde Biblioteek is om ondersteuning te bied aan onderrig, leer en navorsing deur hulpbronne en media te verskaf wat benodig word deur die opvoedkunde programme. Die personeel is verantwoordelik vir professionele hulp aan alle voorgraadse opvoedkunde-, sowel as Diploma en Sertifikaat-studente. Nagraadse studente kry ondersteuning by die JS Gericke Biblioteek. ??Die Opvoedkunde Biblioteek word geadministreer deur Departement Kurrikulumstudie.
Toegang? | Toegangsbeheer vereis 'n geldige US-studentekaart. |
Fasiliteite | Rekenaars vir soektogte op die biblioteek-katalogus en elektroniese databasisse |
? | Fotokopieermasjien |
? | Klankdigte vertrek |
? | Studieareas/werkspasies |
Dienste | Uitleen van boeke en ander media vir lesvoorbereiding en projekte (ook beskikbaar tydens skoolbesoeke) |
? | Laminering – A5- tot A2-grootte |
? | Internet- en wifi-toegang is beskikbaar vir Universiteit Stellenbosch personeel en studente geregistreer op die Universiteit-netwerk. |
? | Biblioteek-ori?ntasie en -opleiding: Opleidingsvideo's: http://library.sun.ac.za/en-za/Learning/Pages/howto.aspx Een-tot-een opleiding beskikbaar: Doen navraag by uitleentoonbank. |
? | Interbiblioteek-lenings |
? | Hulp met inligtingsnavrae en soektogte na relevante bronne |
? | Beperkte skryfbehoeftes beskikbaar, bv. karton, gekleurde papier |
Uitleenvoorregte | Voorgraads: Aantal items: 6 UItleenperiode: 14 dae per item Nagraads: Aantal items: 15 UItleenperiode: 30 dae per item Hernuwings: 2 per item, tensy iemand anders dit aangevra het. Hernu aanlyn of doen navraag by die uitleentoonbank. Ingee: By enige van die biblioteke op kampus Reservering van boeke wat tans uitgeleen is: Gratis en onbeperk. Reserveer aanlyn of vra 'n personeellid. Materiaal beskikbaar om uit te leen: Alle itemsoorte behalwe waar BELEID aangedui is as “Nie uitleenbaar" Verlore/beskadigde boeke: Vervangingswaarde betaalbaar aan die biblioteek en Inligtingsdiens |
Boetes | Boetes vir laat items: R1.00 per item per dag Boete-limiet: R30.00 (uitleenvoorregte sal opgehef word wanneer hierdie limiet oorskry word) |
?Die media-versameling bestaan uit:? | |
? Boeke | Kurrikulum-verwante akademiese materiaal en die Nasionale Kurrikulumverklaring van die Onderwysdepartement |
? | Suid-Afrikaanse skoolhandboeke – Graad R - Graad 12 |
? | Prenteboeke – Model skoolbiblioteekversameling met inligting aangebied op skoolvlak |
? | Verwysingsbronne |
? | Die ISKEMUS-versameling van kinder- en jeugliteratuur, insluitend fiksie en nie-fiksie |
Kort lenings | Items wat dikwels gebruik word Uitleenperiode tydens biblioteekure vir gebruik in die biblioteek: 3 ure Uitleenperiode (buite biblioteekure): oornag (uit 30 min voor toemaaktyd; terug 30 min na oopmaaktyd) |
Hulpbronne | Plakkate, kaarte, aardbolle, modelle, handpoppe, CD's & DVD's |
Aanbiedingsmedia | Blaaiborde |
Personeel |
? ?
Mev Laurinda Kleinhans Mev Shinnaz Charles Me Sarie Wilbers |
Diensure | Maandag tot Donderdag 08:00‐16:30 Vrydag 08:00‐16:00 |