Departement Grondkunde?
????
Wat is Grondkunde?
Grondkunde fokus op die belangrikheid van grond as 'n baie stadig hernubare natuurlike hulpbron. Dit behels die studie van die eienskappe en prosesses wat in gronde voorkom, sowel as die volhoubare gebruik en bestuur van grond. In die lig van die snelgroeiende bevolking, moontlike toekomstige watertekort?e, toenemende besoedeling, grondagteruitgang en die immergroeiende voedselbehoeftes is Grondkunde waarskynlik een van die sleutelfaktore vir 'n voorspoedige toekoms vir die mensdom.
Die Departement Grondku??nde?
Die Departement Grondkunde beskou die bestuur en verbetering van suidelike Afrika se grond as van deurslaggewende belang en daar rus 'n enorme verantwoordelikheid op die skouers van navorsers in hierdie veld om die grond sinvol en volhoubaar te gebruik. Die Departement Grondkunde gee onderrig en doen navor?sing in al die hoof sub-dissiplines van Grondkunde, insluitend grondvorming en klassifikasie (Pedologie), landevalueering, grondchemie, grondvrugbaarheid, grondfisika, grondwaterbestuur, grondhidrologie, afstandswaarneming van grond, grondbiologie en grondekologie. Voorgraadse studente word toegerus met fundamentele wetenskaplike kennis rakende grond, maar word ook aan praktiese ervaring blootgestel. Dit sluit in hoe om grond in die veld te klassifiseer en die opstel van land geskiktheid opname, hoe om grond chemiese en fisiese eienskappe te analiseer, hoe die resultate van die analise te interpreteer en die skryf van wetenskaplike verslae. Nagraadse studente word begelei om instaat te wees om eksperimente te ontwerp, data te analiseer en te interpreteer, en navorsing vir publikasie in eweknie-ge?valueerde publikasies op te skryf.?
Programinligting
Voorgraadse pro?gramme
BScAgric (Plant en Grondwetenskappe)
- Gewasproduksie
- Gewasbeskerming en-teling
- Grond-en waterbestuur
Nagraadse progra??mme
MScAgric (Grondkunde)
Hierdie program bestaan uit 'n twee-jaar navorsing-gebaseerde MScAgric-graad. Navorsing van 'n goedgekeurde onderwerp soos deur die departement. 'n MSc-tesis, Grondkunde 878, met oorspronklike navorsing is nodig. Aan die einde van die studie 'n aanvaarbare tesis ingedien moet word en 'n mondelinge eksamen sal gehou word.?
PhD (Agric) (Grondkunde)
Hierdie program fokus op navorsing in een van die verskillende spesialiteitsgebiede van grondkunde en lei studente tot 'n vakspesialis in hierdie gebied. 'n PhD-verhandeling, Grondkunde 978, met oorspronklike navorsing is nodig. Navorsing van 'n goedgekeurde onderwerp soos deur die departement. Aan die einde van die studie 'n aanvaarbare tesis moet ingedien word. 'n Mondelinge eksamen sal gehou word.?
Navorsing?
Die Departement Grondkunde speel 'n beduidende rol in die welsyn en sinvolle bestuur van Suid-Afrika se grondhulpbronne. Die Departement se navorsing sluit onder andere die volgende in: die invloed van landbou-aktiwiteit op die versouting van die Bergrivier, die waterbalans van gesproeide vrugtegewasse, die modellering van waterbeweging, hersirkulering van grond wat deur industri?le afvalprodukte versuur is, behandeling van grond met steenkool (biochar), grondfertiliteit by kleinskaalse boerdery, ekostelsels en biodiversiteit, en die beskerming van natuurlike hulpbronne teen besoedeling.
Afrika-inisiatiewe sluit navorsing oor grondbegrensings by kleinskaalse landbou in Zambi? en oor plantasiekweking van kiaat (teak) in die Soedan in. Ekologiese grondondersoeke sluit faktore soos grondinfiltreerbaarheid, determinante van savanna-graslandgrense, herstel van verswakte subtropiese kreupelhout, afsterwing van bome in die Ngorogoro-krater en bewaring van die swartrenoster in.?
??
??Kontakbesonderhed?e
Department Grondkunde
Fakulteit AgriWetenskappe
Posadres: Private Bag X1, Matieland, 7602, South Africa
Straatadres: Lombardi Gebou, Kamer 3005, Victoria Str, Stellenbosch, 7600, Suid-Afrika
Tel.: +27 21 808 4794 Fax: +27 21 808 4791
E-posl: aef1@sun.ac.za Web: www.sun.ac.za/soil
Facebook: Department of Soil Science, Stellenbosch 肆客足球?
?
Personeel
Akademise en Navorsingspersoneel
?Akademise en Navorsings personeel | ?Telefoon | ?Epos | ??Gebied van belang? |
?Dr Eduard Hoffman | ?+27 21 808 4789 | ?ehoffman@sun.ac.za? | Grondfisika, Grondwaterbestuur |
?Dr Andrei Rozanov Senior Lektor | ?+27 21 808 2397 | ?dar@sun.ac.za | ?Grondbiologie, Grondkarteering, GIS |
?Dr Ailsa Hardie Senior Lektor | ?+27 21 808 4790 | ?aghardie@sun.ac.za | ?Grondchemie, Grondvrugbaarheid |
??Dr Cathy Clarke Lektor | +27 21 808 3659 | ?cdowding@sun.ac.za | Pedologie and Land Evaluasie?? |
?Mr Eugene (Vink) Lategan Navorser | +27 21 808 4794 | vink@sun.ac.za? | ?Grondfisika, Grondwaterbestuur?? |
?Dr John Simaika Nadoktoralevernoot | ?+27 21 808 2558 | ?simaikaj@sun.ac.za | ?Grondekologie |
?Dr Anthony Mills Buitegewoone Professor | ?+27 21 715 1560 | ?mills@sun.ac.za | ?Grondekologie |
?Dr Johan van Zyl Buitegewoone Professor | ??+27 21 808 4787? | johanvz@sun.ac.za | ?Grondfisika, Grondwaterbestuur?? |
?Ondersteunende ?Personeel
?Onderstunende Personeel | ?Telefoon | ??Epos |
?Mev Annatjie French Departementele Sekretaresse | ?+27 21 808 4794 | ?aef1@sun.ac.za |
?Mev Tatiana Tarassova Labratorium Bestuurder | ?+27 21 808 9589 | ?tarassova@sun.ac.za |
?Mr Nigel Robertson Senior Tegniese Assistent | ?+27 21 808 4738 | ?rob@sun.ac.za |
?
?