肆客足球

Postharvest Technology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Na-Oes Tegnologie van Granate

Na oes granaat1.jpg

Die eeue oue granaat het eers onlangs wêreldwye belangstelling in kommersi?le produksie en verbruik ontvang. Granaatuitvoere vanaf Suid-Afrika was 4500 ton in 2015 wat 20% groei toon in vergelyking met die vorige jaar.

SARChI na-oes tegnologie fasiliteer handel- en marktoegang van landbou en ander biomateriale deur kwaliteitshandhawing, waardetoevoeging en verlies vermindering van vrugte en groente te studeer en te bevorder. Vir die ontluikende Suid-Afrikaanse granaatindustrie word innoverende na-oes oplossings ontwikkel om na-oes hantering en prosessering van granate te verbeter deur middel van die volgende navorsingstemas: 

  1. Voorspelling van vruggereedheid deur die oestydperk om onnodige vrugteverliese te voorkom. 
  2. Modellering van transpirasie- en respirasietempo's om die gedrag van heel en geprosesseerde granate onder veskillende bergingstoestande te verstaan.
  3. Bestudering van verpakking en koelkettingtegnologiee om die kwaliteit en raklewe van heel en geprosesseerde granate te verbeter.
  4. Fitochemiese analises om die gesondheidsvoordele en ekonomiese potensiaal van Suid-Afrikaanse granate uit te lig, veral geprosesseerde ariele en granaatreste.