肆客足球

Globale Verspreiding van Foc TR4

Foc TR4 is vir die eerste keer in Maleisi? en Indonesi? ontdek to multi-nasionale uitvoermaatskappye hul produksie tot hierdie lande uitgebrei het.  Die nuwe aanplantings is gou tot niet gemaak, maar die swam het ontsnap en vinnig regoor beide lande versprei, en ook ander plaaslike vari?teite wat deur kleinboere verbou is, aangeval. In 1997 is Foc TR4 op Cavendish in die Northern Territory van Australi? aangeteken, en teen 2008 was dit amptelik in die Filippyne, Taiwan en die hoofland China aangeteken. Dit is egter nog nie in Thailand, Vi?tnam en Cambodia aangeteken nie waar nie-Cavendish vari?teite verbou word. Foc TR4 het aansienlike verliese aan Cavendish produksie in al die Asiatiese lande waar dit voorkom, aangerig.  Verspreiding het onlangs buite Asi? na Oman (2012) en Jordani? (2013) plaasgevind. Die uitbraak in Jordani? kan betekenisvol wees vir inbrake na Afrika aangesien daar met appel piesangs vanaf Suid-Soedan na Jordani? handel gedryf word, so daar kan die risiko van oordrag van ge?nfesteerde grond met Foc TR4 aan voertuigbande of skoene van drywers wees.

Globale verspreiding van Foc TR4.png



(Bron: David Sikora)