肆客足球

Geskiedenis van Piesang Fusariumverwelk

Piesang Fusariumverwelksiekte is die eerste keer in 1874 deur Bancroft in Australi? ontdek, met kort daarna aantekeninge van siekte-uitbrake in tropiese Amerika (Costa Rica en Panama in 1890). Weens die vroe? ontdekking in Panama, die skade wat dit in plantasies in die land aangerig het, en die onbekende aard van die oorsaak, het die siekte as Panama siekte bekend geword.  Die siekte-veroorsakende agent is deur Dr Erwin Smith ge?soleer nadat hy 'n Kubaanse monster in 1910 ge?nspekteer het, en die veroorsakende swam is Fusarium cubense genoem. Dit was egter E.W. Brandes wat eerste sy patogenisiteit teenoor piesangs gedemonstreer het toe hy piesangs in stoom-gesteriliseerde grond, wat met die swam ge?nfesteer was, ge?nokuleer het. Panama siekte het nie veel verdere navorsingsaandag getrek nie totdat 'n ernstige epidemie in tropiese Amerika uitgebreek het, volgende op die vestiging van groot monokultuur plantasies van die hoogs aangeskrewe 'Gros Michel' piesang vir uitvoer.  Drie dekades na sy isolasie, is die patogeen as 'n variant van die alomteenwoordige F. oxysporum spesies ge?dentifiseer, en is as F. oxysporum f. sp. cubense (Foc) herbenoem.

Daar word geglo dat die beweging van Foc nou verbind word aan die verspreiding van vatbare klone na Australi?, die Amerikas en Afrika, aangesien die patogeen dikwels in nuwe areas ingebring word op ge?nfekteerde risome wat vry van visuele simptome is.  Die swam kon in die Wes Indies ingebring geword het deur die Silk vari?teit wat vanaf Suid-Indi? gekom het, en vandaar het dit moontlik na Sentraal en Suid-Amerika versprei gedurende 'n periode toe Gros Michel wyd in die area vir uitvoer aangeplant is.  Tussen 1926 en 1959 was die uitvoerhandel in Sentraal en Suid-Amerika goed gevestig en suksesvol, maar het groot verliese gely weens die vinnige verspreiding van Foc en die vatbaarheid van Gros Michel. Gros Michel is uiteindelik deur weerstandbiedende Cavendish kultivars gedurende die 1960s vervang. Daar is egter gevind dat Cavendish kultivars, vatbaar vir Foc in die subtropiese dele was.  Die kultivar het die eerste keer in die 1920s in die Kanariese Eilande weens die siekte dood gegaan, gevolg deur aantekeninge van piesang Fusariumverwelk in Suid-Afrika (1940s), Australi? (1950s) en Taiwan (1970s). 'n Vernietigende isolaat van Foc is in Cavendish plantasies in Indonesi? en Maleisi? in 1990 ontdek. Hierdie isolaat, genaamd Foc TR4, het na noordelike Australi? in 1997 versprei, en is daarna in Taiwan, die Fillipyne en die hoofland van China aangeteken. Nadat die siekte vir twee dekades tot Asi? beperk was, het Foc TR4 na die Middel-Ooste en Mosambiek versprei.

Drie rasse van Foc, gebaseer op patogenisiteit teenoor verskillende piesangkultivars, is ge?dentifiseer.  Ras 1 veroorsaak siekte in die Gros Michel (AAA) en Silk (AAB) kultivars. Ras 2 val Bluggoe (ABB) aan, en ras 4 infekteer Cavendish (AAA) kultivars en al die kultivars wat vatbaar vir Foc rasse 1 en 2 is. Foc ras 4 word verder in tropiese en subtropiese isolate onderverdeel, eersgenoemde val Cavendish piesangs in die trope aan, terwyl laasgenoemde Cavendish piesangs in die subtropiese gebiede aanval, waar aangeneem word dat die winters die kultivars vir infeksie vatbaar maak.  Ras 3 is as patogeen van piesangs uitgelaat aangesien dit slegs Heliconia spp. aanval.  Alle bewyse rondom die genetiese diversiteit en herkoms van Foc dui op 'n Asiatiese oorsprong vir die piesangpatogeen, aangesien meeste isolate van die patogeen van buite Asi? aan die Asiatiese populasie verwant is.  Onafhanklike evolusie kon egter ook buite die middelpunt van oorsprong plaasgevind het, met 'n variant van die swam wat vanuit 'n spesifieke geografiese are in Malawi ge?soleer is, wat geneties verskillend van ander isolate van Foc is.

Fusariumverwelk kan in alle piesangproduserende lande van die wêreld gevind word, behalwe die Suid-Pasifiese eilande, dele van Melanesi?, en lande rondom die Mediterreense See en Somali?.  Meer onlangs is die siekte vanuit New Guinea en Yap in die Gefedereerde State van Micronesi? aangeteken. Sodra die swam in 'n siekte-vrye plantasie ingebring word, kan dit met gekontamineerde besproeiingswater en grond wat aan implemente, skoene en voertuie vassit, versprei.  Hewige re?nval kan tot verhoogde verspreiding van die patogeen van plant tot plant en vanaf die oppervlak na die wortels lei.  Die afloopwater kan die besproeiingsdamme kontamineer en die verspreiding van die swam deur die plantasie laat toeneem.

Sedert die ontdekking van Fusariumverwelk van piesang, is verskeie beheermetodes probeer om die skade wat deur die siekte veroorsaak word, te beperk.  Ongelukkig is geen langtermyn beheermaatre?ls beskikbaar behalwe vir die aanplant van weerstandbiedende kultivars nie.  Grondberoking, fungisiedes, gewasrotasie, vloed-braak en organiese toevoegings is maar sommige van die beheerstrategie? wat in die verlede ondersoek is.  Studies oor biologiese beheer en gronde wat natuurlik onderdrukkend teenoor Fusariumverwelk van piesangs weens voordelige mikro-organismes is, het tot onoortuigende resultate gelei.  Baie effektiewe biologiese beheer-agente kan vir Fusariumverwelksiektes van ander gewasse gevind word, wat biologiese beheer 'n belowende opsie maak vir die ge?ntegreerde bestuur van Fusariumverwelk van piesangs.  Huidige praktyke vir die voorkoming van Fusariumverwelk van piesangs, sluit die gebruik van siektevrye weefselkultuur plantjies in en behoorlike sanitasiemetodes.  Die behandeling van voertuie, masjinerie, gereedskap en voete met effektiewe oppervlaksteriliseerders, is veral belangrik. In lande waar Foc reeds teenwoordig is, is die plant van weerstandbiedende kultivars noodsaaklik, indien sulke kultivars aanvaarbaar vir die plaaslike markte is.