肆客足球

Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Gereelde vrae

??Sal my dosente of ouers weet wat ek hier deel?

Nee. Die diens is vertroulik en privaat.

Watter kostes is betrokke?

Die psigoterapeutiese en beradingsdiens is gratis . Ons vra vir sekere werkwinkels ? nominale fooi.

Kan julle vir my medikasie voorskryf?

Nee, ons kan nie medikasie voorskryf nie. Maar ons kan jou na ? algemene praktisyn of psigiater verwys, wat jou sal evalueer en medikasie voorskryf volgens wat die evaluasie uitgelig het, teen ? privaat tarief. As die dokter medikasie sou voorskryf, sal jy daarvoor moet betaal. As dit nodig is en ? student het nie fondse nie, sal ons 'n student na die plaaslike publieke hospitaal of ? kliniek verwys.

As julle 'n gratis diens lewer, beteken dit dat julle nie professioneel is nie?

Ons diens is heeltemal professioneel, en die personeel is geregistreerde en gekwalifiseerde beraders, sielkundiges en maatskaplike werkers wat streng riglyne het en aanspreeklik is teenoor verskeie professionele rade.

Kan ek ? brief kry?

Ons verskaf nie gewoonlik briewe aan studente nie. Briewe van enige aard sal slegs in uitsonderlike omstandighede aan studente voorsien word, en altyd volgens die terapeut of maatskaplike werker se diskresie.   As die berader of sielkundige gedurende die behandeling tot die slotsom kom dat ? student se sielkundige probleme waarskynlik sy of haar akademiese prestasie sou kon be?nvloed, kan die berader of sielkundige besluit om die student van ? brief te voorsien wat hierdie mening uiteensit. As ons ? student net vir een of ? paar terapiesessies gesien het, is dit onwaarskynlik dat die berader of sielkundige genoeg inligting sal hê om ? deeglike, professionele en eerlike opinie te vorm. Jy kan vir ? nota vra wat die dae waarop jy afsprake vir terapiesessies nagekom het, bevestig. As ? re?l skryf ons net briewe as ons studente reeds ken of as studente reeds van ons dienste gebruik maak.

My dokter of psigiater het my gestuur vir kognitiewe gedragsterapie. Kan julle help?

Ons bied kognitiewe gedragsterapie aan as een van ons modaliteite, maar die gebruik daarvan hang af van die voorligter of sielkundige se opleiding en hul assessering van die kli?nt se behoefte of profiel. Kognitiewe gedragsterapie is net een van die benaderings wat ons volg en is nie aangedui vir alle kliente en alle probleme nie.

Moet ek 'n afspraak maak?

Ja. Ons werk volgens afsprake. Maak ? afspraak deur ? epos te stuur na supportus@sun.ac.za of skakel 021 808 4994 (Stellenbosch kampus) of 021 927 7020 (Tygerberg kampus).

Het julle 'n elektroniese diens? Kan ek byvoorbeeld terapie deur middel van aanlyn forums of epos ontvang? 

Ons lewer wel in elektroniese sessies via MS Teams of ? ander aanlyn platform. Die terapeut sal in samewerking met die kli?nt bepaal of dit ? aangewese terapeutiese modaliteit is. Epos word oorwegend gebruik vir kommunikasie en is meestal nie ? goeie platform vir terapie nie.

Wat is julle kantoorure?

Ons is oop tussen 08:00-12:45 en 13:45-16:00, Maandae tot Vrydae. Maar ons het ook  ? na ure nooddiens (ER24 krisislyn by 010 205 3032), wat van 16:00 tot 08:00 en oor naweke beskikbaar is om studente wat emosionele en sielkundige noodgevalle beleef, by te staan.

Kan julle my ? gesinslid van my of my familie, lewensmaat, vriend of vriendin sien? 

Ons sien slegs geregistreerde studente en sal ouers of lewensmaats buite die universiteit slegs in uitsonderlike gevalle saam met die student sien as dit in die belang van die student se psigoterapeutiese proses blyk te wees.

Kan ek onmiddellik gesien word?

Ons werk volgens afsprake. Ons het behoeftebepalingspesprekings waartydens ? student se behoefte en die dringendheid daarvan geassesseer word, en afsprake word dan vir studente soos dit beskikbaar is, gemaak.?