Meer oor die
Die Sentrum vir Studentevoorligting en -Ontwikkeling (SSVO) is 'n dinamiese en studentgerigte sielkundige ontwikkelings- en steundiens vir geregistreerde studente. Noukeurig gekose spesialiste soos sielkundiges, 'n psigiater, 'n maatskaplike werker en 'n leesspesialis is betrokke om aan die uiteenlopende behoeftes van die universiteitsgemeenskap te voorsien.
Van die dienste sluit in:
|
Alle fasiliteerders is by hul onderskeie beroepsrade as professionele praktisyns geregistreer, en streng vertroulikheid word gewaarborg. Alle steunsessies aan geregistreerde studente is gewoonlik gratis om vertroulikheid te help verseker.