?VIR STUDENTE

?

As jy ? US-student is, het jy toegang tot ons dienste wat jou kan help met die werksoekproses. Hierdie dienste sluit leiding in oor die skryf van ? CV, hoe om jou vaardighede vir ? werksonderhoud op te skerp en hoe om jou aanlynhandelsmerk en LinkedIn-profiel te optimeer. Ons skep ook vir jou netwerkgeleenthede met werkgewers.

Die publikasiedatum is gewoonlik in Julie, maar harde kopie? is gewoonlik regdeur die jaar beskikbaar of kan van hierdie webblad afgelaai word.?

Besoek ons loopbaanportaal, Gradlinc?, vir toegang tot aanlyn loopbaangeleenthede.

Ons dienste??

Die skryf van ? curriculum vitae en ? dekbrief

Die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste het ? toegewyde spanlid om jou te help om jou curriculum vitae (CV) en dekbrief te skryf. Dit is belangrik dat jou CV en dekbrief inligting van ? ho? gehalte bevat, en dat dit die jongste inligting is – jou inligting moet enige werkgewer kan oortuig en oorhaal om jou na ? onderhoud uit te nooi. As jy hierdie werksessie bywoon, sal dit jou help om ? oortuigende CV en dekbrief te skep om moontlike werkgewers se aandag te trek.

Onderhoudsvaardighede

Die Eenheid bied deeglike werksessies aan oor hoe jy jouself vir onderhoude in die bedryf kan voorberei. Hierdie sessies sal jou deur verskillende onderhoud-scenarios neem. Die sessies sal jou ook vir aanlyn onderhoude voorberei en jou gereedmaak vir sowel onderhoude wat op virtuele platforms plaasvind as vir bevoegdheidsonderhoude, wat bedoel is om jou vaardighede en bevoegdheidsvlakke te toets.

Die bou van ? persoonlike handelsmerk

Werwers betrek sosialemediaplatforms toenemend om potensi?le werknemers te werf. Dit word al hoe belangriker vir werksoekers om ? aantreklike aanlyn teenwoordigheid te skep. Die Eenheid bied werksessies aan oor die moets en die moenies van persoonlike handelsmerke en gee leiding oor hoe om jou digitale voetspoor te vergroot en jou soekbaarheid te verhoog.

Optimeer jou LinkedIn-profiel

Om sigbaar op sosiale media- en aanlyn werwingsportale te wees, is belangrik. Die Eenheid het ? toegewyde kenner wat waardevolle inligting en wenke met jou sal deel. Studente sal leer hoe om ? sterk LinkedIn-profiel te skep, uit te brei en op te bou om met plaaslike en oorsese werwers te skakel en hulle oor te haal om kontak te maak.

Kliek hier vir Hulpbronne en Gereelde Vrae?