???VIR WERKGEWERS

As jy ? werkgewer is, kan jy studente van die Universitei t Stellenbosch (US) deur verskeie geleenthede, aktiwiteite en platforms werf en met hulle skakel. Dit sluit in Universiteitsloopbaanskoue, die voer van werwingsonderhoude en afneem van assesserings op die kampus, of advertensiegeleenthede in ons Graduandi-werwingsprogramboekie.

?
?
Gedurende 2024 bied ons die volgende Loopbaanuitstallings aan:

5 Augustus: Algemene Loopbaanuitstalling (alle fakulteite, in markiestente op die Rooiplein 09:00 – 15:00)

6 Augustus: Rekeningkunde Loopbaanuitstalling (Rekeningkunde studente wat SAICA, SAIPA en/of CIMA registrasie beoog, in markiestente op die Rooiplein 09:00 – 15:00))

8 Augustus: Ingenieursloopbaanuitstalling (Ingenieurstudente, Academia Ontspanningsaal, 09:00 – 15:00)?


As besighede belangstel om aan enig?e aktiwiteite of geleenthede deel te nee??m, kan hulle die Eenheid gerus by 021 808 3568 of careerservices@sun.ac.za kontak. Besighede kan ook op ons loopbaanportaal Gradlinc registreer om poste-advertensies te plaas, met studente te skakel en vir geleenthede te registreer. 


GEREELDE VRAE


Kan julle vir my ? lys van al die top studente of ? lys van studente in ? spesifieke graadprogram of fakulteit stuur?

Volgens wet mag ons nie enige studentekontakbesonderhede beskikbaar maak nie en daarom kan ons geen studente-inligting verskaf nie. Julle is welkom om op Gradlinc te registreer en een van hulle werwings pakkette te kies om julle geleenthede by ons studente uit te kry.?

Ons besigheid het ? vakature wat ons dadelik wil vul. Kan ons die advertensie aan julle afgestudeerde studente stuur?

Ons hou nie ? databasis van studente wat afgestudeer het nie. Wanneer studente afstudeer, word hul e-posadresse ongeldig en kan hulle nie gekontak word nie. Ons stel voor dat die pos op ons loopbaanportaal, Gradlinc?, geadverteer word waar ge?nteresseerde afgestudeerde studente dit kan sien.

Ons besigheid het ? program vir pas afgestudeerdes ingestel en wil dit graag aan studente wat aan die einde van die jaar graad kry, adverteer. Is dit moontlik?

Ons kan julle program deur middel van e-posreklame aan ingeskrewe studente adverteer. Al wat julle hoef te doen is om ons van inhoud vir ? e-pos te voorsien (geen aanhangsels en die e-posinhoud moenie 100 KB oorskry nie), wat ons aan ons studente sal aanstuur. Daar is ? bedrag vir hierdie diens betaalbaar. Stuur asseblief julle versoeke aan careerservices@sun.ac.za.

Wat bied julle aan werkgewers?

Ons bied werkgewers kantoorruimte om onderhoude met ons studente te voer of lokale waar geskrewe assesserings afgeneem kan word. Werkgewers kan ook in ons Graduandi-werwingsboekie adverteer en registreer vir toegang tot ons loopbaanportaal, Gradlinc?.?