Ontdekking en ontwikkeling van nuwe antibitioka en biosiedes
Beukes Groep?
BIOPEP????? Pepti?edgroep?
Die BIOPEP Peptiedgroep ondersoek weerstand teen, meganisme van werking en struktuur-aktiwiteitsverwantskappe (SAV) van antimikrobiese peptiede en membraanaktiewe antibiotika, met behulp van beide natuurlike en unieke sintetiese verbindings. Hierdie antimikrobiese verbidings is gerig teen 'n aantal van teikens soos weerstandige bakteri?le patogene, in die besonder Listeria monocytogenes, swam plantpatogene, sowel as parasiete wat malaria (Plasmodium falciparum) veroorsaak?.
De Villiers Groep
Die De Villiers groep ondersoek Ko?nsiem A biosintese en benutting as 'n moontlike teiken vir die ontwikkeling vir nuwe antiparasitiese middels. Op die oomblik fokus ons hoofsaaklik op Plasmodium spp. deur gebruik te maak van 'n Chemiese Biologie benadering.
Strauss Groep??
Die Strauss Lab se kernnavorsingspogings
is in die multidissip?linêre veld van Chemiese Biologie. Ons fokus
hoofsaaklik op die chemie en biologie van die alomteenwoordige
metaboliese kofaktor ko?nsiem A, en op lae molekulêre gewig
tiol-afhanklike redoksbiologie. Ons pas ook die kundigheid wat ons op
hierdie wyse verkry toe op die ontwerp en ontwikkeling van nuwe
antimikrobiese middels - veral middels wat siektes teiken wat in die
Afrika- gesondheidskonteks belangrik is, soos malaria en tuberkulose.
Zininga Groep
Die Zininga Groep fokus op
die ondersoek van die rol van molekulere begeleiders in proteienvouding
in selle onder stres. Ons hooffokus is op die malaria agente Plasmodium
spp. Die parasiete is afhanklik van robuuste proteienvoudingsmasjinerie
vir hulle oorlewing in stresvolle omgewings. Ons hoop om die parasiet se
proteienvoudingsisteem beter te verstaan en ons beoog om hierdie kennis
toe te pas op ander siektes.