肆客足球

Statistics and Actuarial Science
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Aktuari?le Wetenskap

???Aktuarisse is professionele analiste wat die finansi?le gevolge van risiko's bestuur. Hulle bepaal die waarskynlikheid van toekomstige gebeure met behulp van wiskundige tegnieke en modelle, en ontwikkel prosedures om die impak van potensieel nadelige gebeure te beperk.

Ons moderne, vinnig veranderende samelewing word deur 'n magdom risiko's in die gesig gestaar. Aktuarisse vervul 'n onmisbare rol in die modellering van versekerings- en beleggingsrisiko's. Hulle is die argitekte van die planne wat ons lewens, gesondheid en eiendom verseker en die weg baan vir finansi?le sekuriteit in aftrede.

Die aktuari?le kwalifikasie is 'n professionele kwalifikasie en aktuarisse is van die mees gerespekteerde en bes besoldigde beroepslui in die finansi?le sektor.

Aktuarisse is al beskryf as:

  • Erkene kundiges in die analise en modellering van situasies wat finansi?le risiko en voorwaardelike gebeure.
  • Direk gemoeid met bate- en lastebestuur en die gepaardgaande risiko's - met ander woorde met beide kante van die balansstaat.
  • Professionele vakkundiges wat gerespekteer, vertrou en bewonder word, en wat 'n onafhanklik uitsig het.
  • Hoogs praktiese, innoverende, veelsydig en gesyferd.
  • In staat om realistiese oplossings te verskaf vir komplekse probleme en wat met 'n lang termyn siening na kwessies kyk.
  • Goeie kommunikeerders wat aktuari?le metodes en gevolgtrekkings aan ander kan verduidelik en wat beide tegnies bestuursvaardighede kan bydra tot multi-dissiplinêre spanne.