肆客足球

Statistics and Actuarial Science
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meer Oor Ons

??Die Departement Statistiek is gestig in 1946 met die aanstelling van professor SJ (Faantjie) Petorius. Hy was die eerste professor in Statistiese Wiskunde.

Voor 1946 is daar talle kursusse in Statistiek by die Universiteit van Stellenbosch aangebied. Dit maak dit een van die oudste Statistiek Departemente in Suid-Afrika. Aangesien die meerderheid van vakke aanvanklik aangebied is aan hoofsaaklik handels-studente, het dit deel van die Fakulteit Handel gevorm. In die afgelope paar jare het die aantal vakke, sowel as die areas waar kursusse aangebeid word deur die Departement dramaties toegeneem. Tans volg studente uit meeste van die fakulteite 'n kursus in Statistiek. Die vakke Wiskundige Statistiek, Aktuari?le Wetenskap, Statistiek en Finansi?le Risikobestuur is byvoorbeeld van die hoofprogramme wat gevolg kan word in beide die Fakulteit Natuurwetenskappe en die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Dienskursusse word aangebied aan Gesondheidswetenskappe, Ingenieurswese, Voedselwetenskap en Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-studente.

In 1985 het die Departement Statistiek begin om Aktuari?le Wetenskap kursusse aan te bied en is die besluit geneem om die naam te verander na die Departement van Statistiek en Aktuari?le Wetenskap. Professor CJB Greeff is in 1988 aangestel as die eerste professor in Aktuari?le Wetenskap.

Die Departement bied nie net 'n verskeidenheid van voorgraadse en dienskursusse aan studente nie, maar studente van die Fakulteite Natuurwetenskappe en Ekonomiese en Bestuurswetenskappe kan ook registreer vir die Honneurs, Meesters en Doktorsgrade in Wiskundige Statistiek, Statistiek, Finansi?le Risikobestuur en Aktuari?le Wetenskap.

Die Departement bestaan uit 23 permanente en 11 deeltydse dosente, die Direkteur en Hoof Statistikus van die die Sentrum vir Statistiese Konsultasie, 'n ere-professor, 'n departementele beampte en twee sekretaresses. Ons Departement is een van agt departement in die Fakulteit van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

 vicstr.jpg