肆客足球

Industrial Psycholohy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Magister/Meesters Aansoekers

???????????????

Die Department bied die volgende magister programme aan. Kliek op die relevante program hieronder  vir die programvereistes:

    • Vol-tesis magister

Vir meer inligting rakende Bedryfsielkunde programstrukture en kursusinhoud lees hier .

  • Program neem in aanvang:     Januarie
  • Program aanbieding:                  Modulêr 

Ons Magisterprogram in Bedryfsielkunde word op 'n modulêre basis aangebied.  Verpligte klasse word in drie blok-sessies gedurende een jaar aangebied, vir altesaam vyf weke.  Die weke word normaalweg soos volg aangebied:  een week in die derde week van Januarie; twee weke aan die einde/begin van Mei/Junie en die laaste twee weke aan die begin van November (dit is 'n totaal van 25 dae studieverlof dae wat u van u werknemer sal versoek vir die jaar).  Verder, enige vervoer- of akkommodasie re?lings bly die onus van die student.

Die MCom (Bedryfsielkunde) kursuswerk/gestruktureerde magister bied toelating tot 'n twaalf maande internskap wat lei tot statutêre registrasie as Sielkundige (Bedryfsielkunde) by die Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA), na die suksesvolle aflegging van die raadseksamen van die HPCSA.  Die MCom (Menslike Hulpbronbestuur) lei tot nie-statutêre registrasie as  Meester Menslike Hulpbron Praktisyn.

BEURSE

Die departement bied 'n departementele beurs? aan vir magisterstudente gebaseer op historiese akademiese prestasie. Stuur asb die voltooide beursaansoekvorm aan Me C Cillie soos aangedui op aansoekvorm.

Aansoeke open op 1 Mei.

Die Universiteit van Stellenbosch webtuiste is verkrygbaar via die volgende skakel vir die amptelike aansoek

Vir verdere navrae kontak Me C Cillie - Tel: 021-808-3005   / E-pos: cmcillie@sun.ac.za

 

?Elektroniese aansoeke sluit as volg:

Suid Afrikaanse Kandidate: 30 September  en 

Internasionale Kandidate: 1 September