Beurse
Departementele Beurs
Die departement bied 'n beurs aan vir Magister studente gebaseer op historiese akademiese prestasie. Stuur asb volledig voltooide beursvorm aan Me C Cillie soos aangedui op die vorm.
Carl Hermann Papendieck
Hierdie beurs is tans nie oop vir aansoeke.
Die Carl Hermann Papendieck beurs is beskikbaar vir Magister studente.
Studente wat sou belangstel om aansoek te doen vir die Carl Hermann Papendieck beurs moet 'n motiveringsbrief (vergesel met die ondersteunende dokumente) rig aan die afdelingshoof, Departement Bedryfsielkunde , Prof Aletta Odendaal.
Die brief moet die volgende insluit
- Kort persoonlike agtergrond
- Akademiese geskiedenis
- Beroep en /of akademiese aspirasie
- Finansiele posisie
- Motivering vir aansoek
Die motiveringsbrief sowel as die ondersteunende dokumente moet aan Me CM Cillie (cmcillie@sun.ac.za) via e-pos gestuur word
Aansoeke sal geassesseer word in die mate waarin hulle ooreenstem met die beoogde doel en gees van die Carl Hermann Papendieck-beurs.
Vir meer inligting lees die Carl Hermann Papendieck beursdokument
Algemene beurse en Lenings
Vir meer inligting oor beurse en lenings beskikbaar in verskillende vakgebiede binne SU lees hier.
???