Professionele Liggame & Internskappe
Die rol van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) en die Professionele Raad vir Sielkunde is om die voldoende opleiding van sielkunde-interniste te reguleer en te verseker dat praktisyns voldoende voorbereid is om te praktiseer wanneer hulle om registrasie as sielkundiges aansoek doen.
Statutêre registrasie as 'n Bedryfsielkundige (Onafhanklike Praktyk) by die RGBSA is moontlik na voltooiing van die MCom (Bedryfsielkunde) graad, 12 maande se raadsgoedgekeurde internskap en ‘n suksesvolle raadseksamen.
Sien asseblief die volgende vir meer inligting oor bedryfsielkunde internskappe:
- Vorm 160 – "Policy Regarding Intern Psychologists: Guidelines for Universities, Internship Training Institutions and Intern Psychologists"
- Vorm 218 – Vereistes ten opsigte van internskapprogramme in Bedryfsielkunde
- Kontrolelys vir Bedryfsielkunde Internskapprogramme
Statutêre registrasie by die RGBSA as Psigometris (Onafhanklike Praktyk) is na suksesvolle voltooiing van die BPsych Ekwivalensie-program,’n 6 maande raadsgoedgekeurde internskap en suksesvolle raadseksamen moontlik.
Sien asseblief die volgende vir meer inligting oor psigometris-internskappe:
Vir meer inligting oor RGBSA-registrasie: ?Professional Boards - HPCSA
SIOPSA is 'n lid-gebaseerde, nie-winsgewende organisasie wat gestig is om die Bedryfs- en Organisasiesielkunde-professie in Suid-Afrika te verbeter
Die volgende lidmaatskapkategorie? is beskikbaar vir studente en interniste:
- Studentlid
- Opkomende Sielkundige Lid
Vir meer inligting: SIOPSA | Vereniging vir Bedryfs- en Organisasiesielkunde van Suid-Afrika
Die Suid-Afrikaanse Raad vir Mensepraktyke (SABPP) is die professionele liggaam vir MH-praktisyns in Suid-Afrika, sowel as gehalteversekeringsliggaam vir MH-leervoorsiening. SABPP akkrediteer ook die MH-akademiese programme van universiteite. Studente het die geleentheid om as studentelid by die SABPP aan te sluit.
Vir meer inligting: ?SA Board for People Practices (sabpp.co.za)