Geskiedenis
Geskiedenis van die Departement van Bedryfsielkunde
???
Ons is waarskynlik die oudste Departement van Bedryfsielkunde in die land. Die eerste kursus in Bedryfsielkunde was in 1943 aangebied onder die vaandel van die Departement van Sielkunde. Teen 1949 was dit tot op derdejaarsvlak aangebied. Prof PA Theron van die Departement van Sielkunde was die aangewese dosent. In 1963 is Bedryfsielkunde as departement binne die Handelsfakulteit gestig (tans die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) met Prof IJ van Biljon, wat tot op daardie stadium verbonde was aan die Departement van Sielkunde, as die eerste hoof van die departement. Vanaf 1966 was die departement eers gehuisves in ? skilderagtige klein geboutjie (dit was eers Stellenbosch Hospitaal) oorkant die Van der Sterr-gebou. Die gebou is gedurende die sewentigs gesloop en die Schumann-gebou was in sy plek opgerig. In 1971 verskuif die Departement van Bedryfsielkunde na wat eens die Fakulteit Opvoedkunde-gebou was. Gedurende die duur van 2012 tot 2013 het die departement die gebou ontruim (nou bekend as die Bedryfsielkunde gebou) en tydelik die ou gebou van fasiliteitsbestuur beset terwyl die gebou opgeknap word. Gedurende die verloop van Julie 2013 het die departement teruggetrek na die gebou, wat nou bekend is as die Wiskundige Wetenskappe en Bedryfsielkunde-gebou.
Prof IJ van Biljon, wat later die Dekaan van die Fakulteit van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe word, was deur Prof IvW Raubenheimer opgevolg as departementshoof (wat later die Dekaan van die Fakulteit van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe by die Randse Afrikaanse Universiteit word), Prof AJ van Wyk (later die Hoof-Direkteur, Menslike Hulpbronne, Universiteit van Stellenbosch, Prof LC de Jager, Prof JCD Augustyn, Prof D Tromp (voorheen Hoof-Direkteur van die Nagraadse Bestuurskool), 肆客足球 of Stellenbosch, Prof AS Engelbrecht, Dr WS de Villiers, en die huidige Hoof, Prof D.J. Malan (voorheen die Dekaan van die Fakulteit van Militêre Wetenskappe).
?Voorgraadse
studente kan nou vir drie verskillende programme registreer: BCom (met fokusarea
Menslike Hulpbronbestuur), BA (Menslike Hulpbronbestuur) of BCom (Bedryfsielkunde).
Op nagraadse vlak bied ons honneurs- en magisterprogramme in Bedryfsielkunde
aan en honneurs- en magisterprogramme in Menslike Hulpbronbestuur. Dit is ook moontlik om vir ? vol-tesis opsie
in die Menslike Hulpbronbestuur magisterprogram in te skryf. Al ons voorgraadse en nagraadse programme is
geakkrediteer by die SABPP, en ons Bedryfsielkunde magisterprogram is
geakkrediteer vir die doel van opleiding en registrasie as
Bedryfsielkundige. Ons bied ook ? BPsig
Ekwivalensie Program aan vir die opleiding van psigometriste in onafhanklike
praktyk, wat volg op ons HonsBCom (Bedryfsielkunde) program.?