????Waardesambassadeur-opleiding
Fokus
’n Waardesambassadeur is ’n persoon wat sy of haar fakulteit, departement of blyplek met waardesintegrasie en/of waardegebaseerde probleemoplossing ondersteun. Ons poog om met die waardesambassadeur-program interne kapasiteit vir ondersteuning in waardesintegrasie te ontwikkel, en sodoende die Universiteit te help om Universiteitswye waardesintegrasie te verseker.
Wie kan bywoon?
- Kandidate wat reeds ’n WiA-werkswinkel bygewoon het, en
- Ook deur hul entiteite gesekondeer word.
- LW. Die getal deelnemers per omgewing / afdeling word beperk, asook die getal deelnemers per werkswinkel.
Temas
Die waardesambassadeur-opleiding bestaan uit die volgende elemente:
- ’n Verfrisserwerkswinkel oor WiA
- Noodsaaklike teoretiese raamwerke
- Bemeestering van WiA-prosesse en -hulpmiddels
- Vaslegging van waardes in aktiwiteite en verhoudings
- Toepassing van WiA-werkswinkelontwerp- en fasiliteringsvaardighede
Formaat
Die waardesambassadeur-program begin met ’n retraite van twee dae, waarna die ambassadeurs deel word van ’n verwysingsgroep van portuurmentorskap en voortdurende wedersydse ondersteuning.
Koste
- Word tans uit die projekbegroting befonds.
Kontak
- Jacolette Kloppers by jacolette@sun.ac.za of 021 808 4181