info@StellenboschUni
info@StellenboschUni is 'n weeklikse e-kennisgewing wat elke Woensdag per e-pos aan personeel gestuur word om belangrike gebeure, kennisgewings en aankondigings te kommunikeer.
Plasingsbeleid:
- Kennisgewings en gebeure moet voor 12:00 op die Dinsdag voor info@StelelnboschUni se verskyning geplaas word om vir plasing oorweeg te word.
- Om 'n kennisgewing te laai, kliek hier. Vir die plasing van 'n gebeurtenis, kliek hier.
- Maak seker dat Visibly Featured = Staff snippet vir personeelkennisgewings en -gebeurtenisse gemerk is.
- Let asseblief daarop dat kennisgewings slegs in info@StellenboschUni geplaas sal word indien dit volledig in Afrikaans en Engels beskikbaar is.
Kontak sonika@sun.ac.za met enige vrae .
nuus@StellenboschUni
nuus@StellenboschUni, is 'n weeklikse e-nuusbrief wat op Donderdae per epos aan personeel gestuur word. Dit sal belangrike universiteits- en kampusnuus dra, 'n kort boodskap van bestuur, asook 'n oorsig van hoe die US daardie week in die media uitgebeeld is.
Plasingsbeleid vir nuus@StellenboschUni:
- Die spertyd vir bydraes vir nuus@StellenboschUni is op 'n Dinsdag om 12:00.
- Om meer uit te vind oor hoe om 'n artikel op te laai, klik hier. Om 'n nuusartikel op te laai, klik hier.
- Let asseblief daarop dat artikels slegs in nuus@StellenboschUni gepubliseer sal word as dit volledig in Afrikaans en Engels opgelaai is.
Kontak newssu@sun.ac.za vir enige verdere vrae .
Oplaai van kennisgewings en gebeure
Maak asseblief gebruik van die Sharepoint user guides om kennisgewings en gebeure op die US se webblad te laai.
Let op die volgende:
- Inhoud moet in Afrikaans en Engels opgelaai word.
- Items moet op 'n Dinsdag voor 12:00 opgelaai word om vir info@StellenboschUni in ag geneem te word.
- Gebeure moet inligting oor waar, wanneer en hoe laat die geleentheid plaasvind insluit, asook meer inligting oor wat die geleentheid behels. Besonderhede van 'n kontakpersoon is 'n vereiste.
- Kennisgewings moet volledige, maar bondige inligting asook die besonderhede van 'n kontakpersoon insluit.
- Banierfoto's moet in landskapformaat en 940 x 310 pixels groot wees.
Klik hier vir 'n gids oor hoe om foto's vir die web reg te kry.
- Maak seker dat foto's nie oor die teks op die webblad loop nie.
- Gebruik hoofletters slegs waar nodig en hou opskrifte so kort as moontlik.
Vir hulp met die oplaai van items, kontak sonika@sun.ac.za.
Vir opleiding in die oplaai van artikels, kennisgewings en gebeure, kontak
spowchong@sun.ac.za. ?