Ken jou SU
?
Bron: Jaarverslag 2015
Visie 2030
Ons sien die Universiteit Stellenbosch (US) as 'n inklusiewe, innoverende en toekomsgerigte plek van ontdekking en uitnemendheid waar sowel personeel as studente denkleiers is wat tot diens van alle belanghebbers kennis bevorder.
Missie
Ons streef om ons visie van die Universiteit Stellenbosch te verwesenlik deur volgehoue transformasie en, op ons ontdekkingsreis deur die akademie tot diens van ons belanghebbers, onderneem ons om:
- 'n akademiese gemeenskap te skep waarin sosiale geregtigheid en gelyke geleenthede tot sistemiese volhoubaarheid lei
- toepaslike en volhoubare benaderings tot Afrikaontwikkeling te ondersoek en innoverend toe te pas
- ons navorsing te rig volgens die volle spektrum uitdagings waarmee die wêreld, Afrika, ons land en die plaaslike gemeenskap te kampe het
- student- en toekomsgerigte leer en onderrig, wat 'n passie vir lewenslange leer vestig, te handhaaf
- in die innoverende akademieskap en kreatiewe vermo?ns van al ons mense te belê
- die inherente krag van diversiteit te ontgin, en
- sinergistiese netwerke te vestig en uit te bou, waarin die Universiteit 'n dinamiese vennoot is.
Waardes
Diensbare leierskap
Ons bevorder die welwees van mense en die wêreld deur met nederigheid, verantwoordelikheid en begrip te lei.
Medeverantwoordbaarheid
Ons besef en aanvaar dat ons, in belang van die belanghebbers vir wie ons dien, gesamentlik vir die verwesenliking van die Universiteit se visie verantwoordelik is.
Empatie
Ons bevorder menswaardigheid deur 'n kultuur van respekvolle optrede – selfrespek, respek vir ander mense en respek vir die fisiese omgewing.
Innovasie
Ons dink en doen nuut en anders, en maak goeie keuses en neem goeie besluite vir onsself en vir ons belanghebbers, die land, die vasteland en die planeet.
Uitnemendheid
Alles wat ons doen, word gekenmerk deur uitnemendheid.
Belangegroepe
Ons dien ons belangegroepe, wat insluit:
- voornemende studente, studente en ouers
- werknemers en pensionarisse
- regering, reguleerders en professionele liggame
- alumni
- donateure, en
- gemeenskap (burgerlike samelewing, nieregeringsorganisasies, industrie, ander universiteite, skole, adviesrade, diensverskaffers en media).
Ons studente
Bron: Jaarverslag 2015