肆客足球

Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

ONDERSTEUNINGSDIENSTE 

Die Eenheid vir Gestremdhede fasiliteer toegang tot verskeie dienste aan die US. Hierdie dienste sluit in finansi?le ondersteuningsdienste, ondersteuning vir geestesgesondheid en voorligtings- en sielkundige dienste. 

Voorligting- en sielkundige dienste

Ons verwys studente na ander dienste by die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling, waar berading, loopbaanbeplanning, en hulp met stres- en tydsbestuur sowel as ondersteuning wat studies betref, verskaf word.

?Finansi?le steun

As jy finansi?le steun nodig het, skakel met Lynette Williams by die Sentrum vir Beurse en Lenings by lrw@sun.ac.za, of skakel die Kontak- en Kli?ntesentrum by 021 808 9111. Jy kan ook vir finansi?le steun aansoek doen by die Nasionale Finansi?lehulpskema vir Studente – besoek http://www.nsfas.org.za/ gerus vir meer inligting.

?Gesondheidsdienste?

Studente het toegang tot bekwame verpleegpersoneel en dokters by Kampusgesondheidsdienste. Op die Stellenbosch-kampus is hulle by Claassenstraat 7 te vinde, en op die Tygerberg-kampus is hulle in die Studentesentrum in Francie Van Zijl-rylaan. Skakel 021 808 3496/3494 (Stellenbosch-kampus) of 021 938 9590 (Tygerberg-kampus) vir meer inligting.

?Mentors in koshuise

As jy ? eerstejaar is, het jy toegang tot ? mentor. As jy op kampus woon, sal jy ? koshuismentor hê, en as jy privaat woon, sal jy toegang tot ? mentor hê deur een van die privaatstudenteorganisasie-wyke (PSO-wyke). Mentors kan jou ondersteun wanneer jy swaarkry of dinge moeilik gaan. ?