肆客足球

???????????Ons Doel

Purpose.jpg?

Om na die vestiging van ? ‘Stellenbosch-span’ te streef, synde ? personeelkorps wat deurentyd deel voel van die kernbedrywighede van Universiteit Stellenbosch?. Om werk en die lewe as betekenisvol en belangrik te beleef, om erkenning te geniet, en om deur ons positiewe betrokkenheid by US-gemeenskap gekenmerk te word.??

Ons Visie

Om ? goed gebalanseerde werkerskorps te hê wat optimaal funksioneer in ? bevorderlike, sorgsame en ondersteunende werksomgewing.

Ons Missie

Ons streef daarna om die gesondheid en welwees? van ons personeel te verbeter deur aan almal toeganklike, doeltreffende en professionele dienste in die vorm van gesondheidsbevordering, bystand en ondersteuning te lewer.?

?
 

?Wat is Welwees?

“…...n bewuste en voortdurende proses van holistiese selfontwikkeling op grond van persoonlik bepaalde welwees?doelwitte, in die strewe na die verbetering van individuele, organisatoriese en gemeenskapsgesondheid en -welwees??” Van Lingen & De Jager, 2003


Die verskillende dimensies van welwees

Binne die US konteks het die Welwee?skomitee die volgende dimensies van welwees? as fokusgebiede vir personeel uitgewys:

Sosiale welwees

??

Die vermo? om suksesvol met mense en die omgewing om te gaan. Sosiale gesondheid is die vermo? om noue bande met ander te smee en te handhaaf, en om diegene met ander menings en oortuigings te respekteer en te verdra.

Fisieke welwees

?

? Gesonde liggaam verg goeie voeding, gereelde oefening, die vermyding van skadelike gewoontes (soos rook of dwelmmisbruik), en ingeligte gesondheidsbesluite. Fisieke welwees behels ook die vermo? om daaglikse take uit te voer, kardiovaskulêre fiksheid op te bou, en die regte liggaamsvetvlakke vir jou lyf te handhaaf.

Emosionele welwees

???

Die vermo? om jou eie gevoelens te verstaan, jou perke te ken, jou stresvlakke te beheer, en toepaslik en gemaklik aan jou emosies uiting te gee. Emosionele gesondheid is die vermo? om jou gevoelens te erken en te aanvaar, nie toe te laat dat terugslae en mislukkings jou onderkry nie, en om moeilike situasies as uitdagings en groeigeleenthede te beskou.

Intellektuele welwees

??

Die vermo? om inligting doeltreffend aan te leer en te gebruik ten einde persoonlik, in jou gesinslewe en in jou loopbaan te ontwikkel. Intellektuele welwees? is die strewe na voortdurende groei en leer om nuwe uitdagings doeltreffend die hoof te bied.

Geestelike welwees

??

Die geloof in ? mag wat alle menslike wesens verenig. Dié mag sluit die natuur, wetenskap, godsdiens of ? Ho?r Hand in. Dit behels ook sedes, waardes en etiek. Geestelike welwees verleen betekenis en rigting aan die lewe, en stel ? persoon in staat om te groei, te leer, en uitdagings die hoof te bied. Optimale geestelikheid is jou vermo? om jou grondliggende lewensdoel te ontdek, te verwoord en na te jaag. Uit ? welwee?s?hoek is geestelikheid die strewe na ? ho?r lewensgehalte – Anspaugh, DJ et al (1997)

Finansi?le welwees??

??

Die vermo? om jou finansi?le situasie te verstaan, jou finansi?le verpligtinge met die nodige insig en kennis te bestuur, en om verandering te hanteer en daarop voorbereid te wees. Dit sluit ook die vermo? in om, gegewe alle moontlike opsies, die regte finansi?le besluite te neem.???

?
?