肆客足球

Microbiology
Welkom by Universiteit Stellenbosch
?Al die onderstaande modules word vir Mikrobiologie as hoofvak vir die BSc-graad vereis
?Module kode?Krediete?Module Naam?Doseerlading
?214?16Inleidende Mikrobiologie ?3L, 3P
Geskiedenis, mikroskopie, klassifikasie, struktuur en funksie, voedingsbehoeftes en groeifaktore, voedselopname, generasie van energie, kultuurmedia, groeikrommes, opbrengste en effek van voedingstofbeperkings, kontinue kulture, fisiese en chemiese beheer, omgewings?faktore, antimikrobiese terapie.

Slaagvoorvereiste modules:
  • Biologie 124 of 144
  • Chemie 124, 144
?244?16?Mikrobiese Diversiteit ?3L, 3P
Prokariote, ryke van lewe en moderne klassifikasie, Archaea-selstruktuur en -funksie, Gram-positiewe bakterie?, Gram-negatiewe bakterie?, aktinomisete, sianobakterie?. Fungus-groeperings, selstruktuur en -funksie, struktuur van virusse en virustaksonomie, bakteriofage, mensvirusse. Mikrobiologie van lug-, water- en grondomgewings, verskil?lende metaboliese tipes mikro?rganismes, mikro?rganismes se rol in mineralisasie en biogeochemiese siklusse, asook energievloei deur die voedselweb, diere en plante se afhanklikheid van mikro?rganismes, insluitend simbiotiese verwantskappe, mikrobe-plantverwantskappe en mikrobe-insek?verwantskappe, interaksies tussen mikro?rganismes.

Slaagvoorvereiste modules:
  • Biologie 124 of 144
  • Chemie 124, 144
?314?16?Mikrobiese Molekulêre Biologie ?3L, 3P
Genoomorganisasie van prokariote versus eukariote, gevorderde aspekte van DNA-replikasie in bakterie?, bv. veelvuldige replikasievurke en genoomsegregasie, gevorderde aspekte van transkripsie en translasie met Escherichia coli (bakterium) en Saccharomyces cerevisiae (gis) as modelorganismes, geenreguleringsbeginsels vanaf geenvlak tot gevorderde globale vlak, insluitende operons, regulons, netwerke en seintransduksie in bakterie?, produksie van industri?el belangrike heterolo? prote?ne in gis, kernkonsepte van gis-rekombinante-DNA-tegnologie.

Slaagvoorvereiste module: Mikrobiologie 214 
Voorvereiste modules:
  • Mikrobiologie 244
  • Biochemie 214, 244
?324?16?Mikrobiese Fisiologie en Metabolisme ?3L, 3P?
Elementale samestelling, koolstof- en energiedeurvloeie, oksidasie-reduksie-reaksies, energieproduksie deur fermentasie, respirasie en fotosintese, verskeidenheid van elek-trondonors, -akseptors en mikro?rganismes betrokke, membraanvervoer, chemotaksie, bronne en assimilasie van stikstof, sulfaat en fosfaat, koolstofdioksiedassimilasie, biosintese van aminosure en ander monomere, toepassing van metabolisme tot industri?le prosesse, Pasteur- en Crabtree-effekte, yster-oksiderende bakterie? en biomynwese.

Slaagvoorvereiste module: Mikrobiologie 214 
Voorvereiste modules:
  • Mikrobiologie 244
  • Biochemie 214, 244
?354?16Industri?le Mikrobiologie ??3L, 3P??
Voedselfermentasies, tradisionele mikrobiese prosesse, bier, wyn, brood, kaas, jogurt, salami, ens. Gespesialiseerde voedselfermentasies, bv. biologiese preserveermiddels, voorbereiding en rol van mikro?rganismes. Inleiding tot mikrobiese fermentasies, enkellading- (lot), kontinue en wisselvoer- (voedlot) fermentasies, monokultuur versus gemengdekultuur-fermen?tasies, opskaal van mikrobiese fermentasies. Kwaliteitskontrole HACCP, ISO 9000, ens. Die voorkoms van patogene en voedselbederfbakterie? en beheer daarvan. Industri?le produksie van nie-voedselprodukte: geselekteerde voorbeelde van industri?le produksie van ensieme, oorproduksie van sitroensuur en lisien, antibiotika en farmaseutiese produkte, invloed van substraat op produksievlakke.

Slaagvoorvereiste module: Mikrobiologie 214 
Voorvereiste module: Mikrobiologie 244
?364?16Mikrobiese Ekologie ???3L, 3P??
Inleiding tot omgewingsmikrobiologie, oorsig van mikrobiese omgewings, insluitende land-, water- en ekstreme omgewings, rol van mikro?rganismes in biogeochemiese siklusse, mikrobiese kommunikasie en interaksies, toepassing van mikrobes in omgewings- en industri?le remediasie, rioolwater, industri?le-afval-water- en drinkwaterbehandeling, opsporing, enumerasie en identifikasie van mikro?rganismes.

Metode van assessering: Buigsame assessering
Slaagvoorvereiste module: Mikrobiologie 214 
Voorvereiste module: Mikrobiologie 244

??