肆客足球

Microbiology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraads

??Module Kode?Krediete?Module NaamDoseerlading
?HonsBSc in Mikrobiologie ? ? ?
?10439 - 772?60?Eksperimentele Mikrobiologie?
?Navorsingsprojekte: Studente skakel in by ? navorsingslaboratorium waar hulle ? onafhanklike navorsingsprojek doen. Die assessering behels ’n projekvoorlegging, onafhanklike navorsing in die laboratorium, navorsingsverslae en mondelinge aanbieding van resultate. 
Literatuuroorsig: ? Geskrewe literatuurstudie en mondelinge aanbieding oor ? Mikrobiologie-verwante onderwerp.
Mondelinge Eksamen: Algemene kennis van Mikrobiologie word getoets.
?10721 - 773?30?Tegnieke in Molekulêre Mikrobiologie?2L, 8P, 1T
Teorie en praktika oor tegnieke in molekulêre biologie soos DNS-kloning, bakteriese en gistransformasies, plasmied-isolasies, isolasie van genoom-DNS uit bakterie? en fungi, DNS-volgordebepaling, isolasie en analise van gDNS, mRNS en prote?ene, opstel van DNS-biblioteke. Algemene tegnieke soos konfokale mikroskopie, bioinformatika en statistiese ontledings.
?10483 - 774?30?Geselekteerde Onderwerpe?3L, 4P
Geselekteerde onderwerpe word as mini-modules deur dosente of besoekende navorsers aangebied. Onderwerpe soos genoomdinamika, biologie van giste, transkripsionele beheer van eukariotiese gene, taksonomie van swamme en omgewingsmikrobiologie word behandel.
????
MSc in Mikrobiologie
?66281-828?180?Tesis Mikrobiologie?
Selfstandige navorsingswerk oor ? goedgekeurde onderwerp soos deur die betrokke studieleier(s) bepaal en wat tot ? tesis lei, word van jou vereis. Hierdie program bestaan uit ? 100% tesis.

Assessering en Eksaminering
Na voltooiing van die navorsingsondersoek moet jy ? tesis tot tevredenheid van die eksaminatore inlewer en ? mondelinge eksamen aflê.
????
PhD in Mikrobiologie
?16284–978?360?Proefskrif Mikrobiologie?
? Proefskrif word vereis vir hierdie program wat die resultate van jou selfstandige navorsing bevat en ? mondelinge eksamen wat afgelê word.