肆客足球

International Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

????????????????????Tygerberg Internasionaal?

Internasionale nagraadse studente???

Elektiewe student?


Oorsig

As u tans vir klinieseassistents- of residensie-opleiding in u land van herkoms ingeskryf is, mag u vir kort tydperke (hoogstens een jaar) aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) opgelei word.


Sluitingsdatum vir aansoeke

Dien asseblief u aansoek en bewys van bevestiging minstens sewe maande voordat die elektiewe opleiding begin in.

Aansoekproses?

  1. Skakel regstreeks met die betrokke departement. Die kontakbesonderhede is op bladsy 135-188 en 219-267 van die ?yearbook.?
  2. Stuur asseblief ’n afskrif van die volgende:?
    • u CV
    • akademiese transkripte>
    • graadsertifikate
    • Nadat die departement u aansoek goedgekeur het, sal hulle u terugverwys na die Internasionale Kantoor, wat u met die aansoekproses sal help.?
?

Toelatings- en keuringsvereistes

  • Inskrywing gedurende die rotasie vir klinieseassistents- of residensie-opleiding of vir opleiding in 'n subspesialiteit in u eie land (vir die kategorie “Nagraadse Studies")
  • Bevestiging van akkreditasie by die Amerikaanse opvoedkundige kommissie vir buitelandse gegradueerdes in geneeskunde (ECFMG) se dienste vir internasionale akkreditasie (EICS)
  • Inskrywing by die Gesondheidsberoeperaad van Suid-Afrika (RGBSA)
  • Inskrywing by die Departement Gesondheid se bestuursprogram vir buitelandse werkers (FWMP)
  • Inskrywing as geaffilieerde nagraadse student aan die Universiteit Stellenbosch??

??
Verdere besonderhede

Me? Raziyah Ajmodien
+27 21 938 9549
raza@sun.ac.za?

Nadat u u opleiding as internasionale nagraadse student afgehandel het, word u by alle US-alumni ingereken, wat beteken dat u by ’n lewenskragtige internasionale gemeenskap aansluit.??????