肆客足球

Afrikaans & Dutch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsing

Oor ons navorsing


Navorsing is een van die drie pilare van die akademie. Sonder navorsing is onderrig en sosiale impak onmoontlik. Derhalwe is die akademiese personeel by die Departement Afrikaans en Nederlands betrokke by allerlei navorsingsprojekte. Kyk gerus na individuele navorsingsprofiele deur na die blad oor ons akademiese personeel te gaan. En elke twee jaar stel ons nagraadse studente hulle navorsing by USAN ten toon.

Besoek SUNScholar om tesisse, proefskrifte, artikels en intreeredes deur ons personeel en studente te sien.


?Oproep om boekhoofstukke

The reality of revision


Beste kollega

Ilse Feinauer (aef@sun.ac.za) en Amanda Marais (alourens@sun.ac.za) beplan ’n boek getiteld The reality of revision. Die boek, onder hulle redakteurskap, sal uit vollengte portuurbeoordeelde bydraes bestaan wat lig werp op die werklike aksies van reviseurs. Ons is tans met John Benjamins Publishing Company in gesprek rakende die boek se publikasiepotensiaal.

Ons wil hê dat outeurs verslag doen oor daaglikse, normale aksies wat betekenis verleen aan die terme reviseur en revisie. Ondersoeke kan ook die volgende behels: hoe lyk die agent wat die revisie uitvoer en wat is hierdie agent se rol met ’n bepaalde voltooide produk. Outeurs kan ook die rol van KI as agent in hul revisie-aktiwiteite oorweeg. In hierdie boek groepeer ons alle revisie-aktiwiteite (tans ondervang deur die terme revisie, redigeringproefleeswerk, eindredigering, sogenaamde “fuzzy matching”) onder die sambreelterm revisie. Ons vra outeurs om na professionele praktyke ondersoek in te stel sodat teoretiese benaderings tot revisie ontwikkel en uitgebou kan word; sodoende kan daar in die praktyk weer op hierdie nuwe teoretiese perspektiewe gesteun word, byvoorbeeld dat projekbestuurders die kompleksiteite van die sosiale netwerke snap waarbinne verskillende agente moet funksioneer om ’n spesifieke produk te genereer.

Die navorsingsraamwerk sal datagebaseerd wees en voortbou op patrone wat na vore kom uit die analise van re?le data. Outeurs sal grotendeels ’n sosiologiese benadering tot navorsing oor publikasieprojekte volg, aangesien sosiologiese teorie? die agtergrond sou kon voorsien waarteen ons komplekse patrone in werklike revisie-aktiwiteite verklaar. Op hierdie tydstip is baie min bekend oor die manier waarop revisie plaasvind, maar empiriese data oor die eintlike ontstaan van gepubliseerde tekste sal beskrywings bied van die verskillende rolle, mag, sowel as sosio-kognitiewe aspekte wat tydens revisie operatief is.

Die styl(e) en toepassing(s) van revisie-aktiwiteite wissel moontlik van projek tot projek, asook van agent tot agent, afhangende van die aard van die teks en die agent se individuele werkswyse en persoonlikheid.

Ons versoek bydraes oor die volgende onderwerpe:

  • revisiepraktyke in die werkplek en klaskamer
  • revisie-agente (outeur, vertaler, reviseur, leser, keurder) en hulle agentskappe (habitus, prosesse, netwerke, mag, gender, postkolonialisme)
  • revisiepraktyke in verskillende genres (bv. literêr, tegnies, akademies) hetsy generies of in spesifieke publikasies
  • revisiepraktyke in manuskripontwikkeling in verskillende genres
  • revisiepraktyke in alle soorte (gebaretaal-)tolking

Bronnelys

Buzelin, H. 2005. Unexpected alies: How Latour’s network theory could complement Bourdieusian analyses in Translation Studies. The Translator, 11(2):193-219.

Gagné, A. 2023. Multiple constraints, multiple avenues: Exploring the sense of agency in a revision project through a multi-method approach. Translation in Society, 2(2):167-187.

Koponen, M., Mossop, B., Robert, I. en Scocchera, G. (reds.). 2021. Translation Revision and/or Post-Editing. Londen & New York: Routledge.

Linguistica Antvrepiensia, New Series: Themes in Translation Studies, 14. 2015. On Generic Translation Studies.

Mossop, B. 2014. Revising and editing for translators. 3de uitgawe. Londen & New York: Routledge.


Bevestiging en abstrakindiening

  1. Stuur asseblief teen Maandag 29 Julie 2024 – op die laatste – jou abstrak aan Annie Burger (annieburger@sun.ac.za).
  2. Abstrakvereistes:
    1. Jou probleemstelling en metodologie moet duidelik in jou abstrak aangedui word.
    2. Sluit asseblief 5 trefwoorde in.
    3. Lengte: 500 woorde (verwysings uitgesluit)
    4. Abstrakte moet in Engels wees.
  3. Jy kan terugvoer op jou abstrak teen Vrydag 30 Augustus 2024 te wagte wees. Tegniese vereistes vir hoofstukke, inklusief lengte en riglyne vir verwysings, sal gekommunikeer word sodra jou voorstel aanvaar is.
  4. Voltooide hoofstukke moet in Engels wees en teen Maandag 31 Maart 2025 ingedien word, waarna die portuuroorsigproses sal begin.