?????????????????????????????????????????????????????????Departement engels
Die Kaap dien al langer as drie eeue as ’n deurgang wat die Weste en Ooste en die Noorde en Suide aan mekaar verbind. Hierdie ineenvloeiing van die plaaslike en internasionale, van tyd en plek, bepaal ons doelwitte as die Departement Engels aan die Universiteit Stellenbosch. In ons onderrig en navorsing vra ons hoe – en
waarom – verskillende vorme van lees, voorstelling en tekstualiteit op verskillende tye en plekke verskillende goed vir verskillende groepe beteken.
Ons beskou die dissipline as ’n reeks transformerende ontmoetings tussen wêrelde en tekste, ’n proses van lees, dink, debateer en skryf wat nie net tot ons studente se kritiese en kreatiewe kennis van Engels as dissipline bydra nie, maar ook tot moontlikhede vir verandering op Stellenbosch, wat steeds deur rasse- en ekonomiese ongelykheid gekenmerk word. Indien die romans van Chimamanda Adichie en Abdulrazak Gurnah, po?sie van die Karibiese Eilande en artikels deur Njabulo S. Ndebele nuwe begrippe van rasse-, kulturele en genderidentiteite kan skep, kan fiksie deur Olive Schreiner of die po?sie van Walt Whitman ons eweneens oopstel vir nuwe sienings oor die verband tussen identiteit en oorge?rfde idees, postkoloniale teorie en die politiek van die plaaslike. Ons navorsingsgebiede (onder meer queerteorie, kritiese natuurstudie, diasporastudie, lewenskryfkuns, visuele aktivisme, en neo-Victoriaanse en kontemporêre po?sie) dra by tot ons vermo? om Engels as ’n ruimte van letterkunde, taal en kultuurstudie te posisioneer wat doelbewus wyd uiteenlopende denke, uitdrukking en sienswyses insluit. Ons rus ons gegradueerdes toe met konseptuele en uitdrukkingsvaardighede wat hulle in loopbane in die media, onderwys, nieregeringsektor, die regte en die staatsdiens kan gebruik. Terselfdertyd besef ons dat die vermo? om samehangend te dink en daardie denke verstaanbaar te verwoord ’n kernrol in demokrasie en transformasie kan vervul.
Die Departement Engels heg waarde aan ’n kollegiale, inklusiewe navorsingsgemeenskap waar alle deelnemers (personeel, voor- en nagraadse studente, genote, buitengewone professore en emeriti) aangemoedig word om oorspronklike en innoverende werk te lewer. Vir dié doel word ’n program van gereelde geleenthede aangebied, waaronder navorsingseminare met sprekers uit die streek en verder, werksessies oor navorsingsmetodes, die skryf van navorsingsvoorstelle en kreatiewe skryfkuns, sowel as aktiewe lees- en skryfgroepe. Hierdie platforms is ter aanvulling van die Departement se lewendige InZync-po?sieprojek en die digitale SlipNet-inisiatief (http://slipnet.co.za/), wat ons in staat stel om ’n onderrig- en leeromgewing te skep waarin ons die vreugdes én uitdagings van Engels in die openbaar kan bespreek, sowel binne as buite Stellenbosse grense?.
Die jaar lange residensi?le HonsBA-program bestaan uit agt komponente, naamlik ses lesinggebaseerde kursusse (drie per semester) en ’n verpligte navorsingsopstel/mini-tesis wat vir twee modules tel (een per semester). Elke klaskomponent is in die vorm van ’n weeklikse twee uur lange seminaar. Die mini-tesis word in die loop van die jaar geskryf.
Alle studente volg die module English Studies. Dit dek ’n aantal literêre kwessies en tekste, waaronder postkoloniale teorie en letterkunde, outo-/biografie en lewenskryfwerk, moderniteit, vervreemding en die krisis van ervaring, Afrikawetenskapfiksie, moderne teorie, die Victoriaanse roman en die neo-Victoriaanse beweging, kultuurstudie, en die letterkunde van Suid(er)-Afrika. Die toelatingsvereiste is 65% in Engels 3 (of ’n gepaste verwante dissipline). ??
- ’n Navorsingstesis van sowat 50 000 woorde oor ’n akademiese onderwerp
- ’n Tesis wat uit ’n oorspronklike kreatiewe werk én ’n nadenkende vakkundige komponent bestaan (Die twee dele moet saam 50 000 woorde lank wees.)
Hoewel MA-studente geen kursuswerk doen nie, is hulle deel van ’n ge?ntegreerde nagraadse kohort en dus betrokke by weeklikse seminare, lees- en skryfgroepe en opleiding in navorsingsmetodes.?
Die doktoraat behels die voltooiing van ’n proefskrif van 80 000 woorde oor ’n onderwerp wat die student in oorleg met die Departement kies, en wat aan sowel interne as eksterne eksamineerders voorgelê word. Die proefskrif word onder leiding van lede van die Departement geskryf. Studente struktureer hulle programme individueel in oorleg met promotors en na gelang van die vereistes van die navorsingsonderwerp. Let daarop dat die PhD ook in die vorm van ’n oorspronklike kreatiewe werk plus ’n nadenkende vakkundige komponent kan wees.
Die Departement het ’n aantal strategiese navorsingsfokusgebiede ge?dentifiseer, en alle nagraadse studente word aangemoedig om hulle navorsing daarvolgens in te rig. Nietemin strek ons personeel se kundigheid ver en wyd, wat studente in staat stel om navorsing op die bre? gebied van Engelse literêre en kultuurstudie te onderneem. Voornemende studente word aangeraai om die departementele navorsingsblad te raadpleeg vir ’n volledige beskrywing van personeellede se navorsingsbelangstellings en studieleidingsgebiede.
Benewens voltydse personeel, kan professore emeriti en buitengewone professore ook beskikbaar wees om as medestudieleiers vir tesisse op te tree. Raadpleeg ook die departementele tuisblad vir toelatingsvereistes en kontakbesonderhede.??
NAGRAADSE KWALIFIKASIES??????????
HONNEURSGRADE ? MAGISTERGRADE ? DOKTORALEGRADEProgramaanbod?
Nagraadse Diplomaprogramme? Honneursprogramme? Magisterprogramme DoktoraleprogrammeDepartemente
Afrikaans en Nederlands Afrikatale? Algemene Taalwetenskap Antieke Studie? Drama? Engels Filosofie Geografie en Omgewingstudie Geskiedenis? Inligtingswetenskap Joernalistiek Maatskaplike Werk Moderne Vreemde Tale Musiek Politieke Wetenskap Sielkunde?? Sosiologie en Sosiale Antropologie Visuele KunsteSentrums
Navorsingsalliansie vir Ramp- en Risikovermindering (RADAR) Sentrum vir Navorsing oor Evaluasie, Wetenskap en Tegnologie (SENWET)?