肆客足球

????????????????????????????????Departement bos- en houtkunde

Navorsing word op die volgende terreine onderneem.?

Bosbouwetenskappe?

?BOSKULTUUR

Navorsing handel oor die genetiese verbetering van bome, boomkweking, boomvestiging, bestuur van inheemse woude en bosveld, sowel as terrein–spesie-passing. 

Bosontwikkeling

Die gebruik van inheemse bome deur gemeenskappe, die deelnemende bestuur van inheemse woude en bosveld, en die gebruik van agrobosboutegnologie? vir gemeenskapsontwikkeling word ondersoek. 

Bosbestuur?

Navorsing konsentreer op bosinventaris, groei- en opbrengsmodellering van natuurlike woude en kommersi?le plantasies, GIS-modellering, informatika, bosekonomie en -finansies, bedryfsbestuur en beleid. 

Bosingenieurswese

Hierdie gebied handel oor logistiek en verskaffingskettingbestuur, bedryfsnavorsing, die optimalisering van oesstelsels, optimale bou- en bestuurspraktyke vir toegangspaaie en bospadnetwerke, en houtvervoer, -kostebepaling en werk-studie-protokolle.?


Houtwetenskappe

Houteienskappe

’n Dieper studie van die belangrike biologiese, fisiese en chemiese eienskappe gedurende die verwerking en gebruik van houtgebaseerde produkte. Dít sluit in mikro- en makrostrukture, bioafbreking, hout–water-verwantskap, termiese gedrag, meganiese sterkte, en elektriese en akoestiese eienskappe. 

Houtverwerking

Behels verdere studie van die prosesse, ekonomie en bestuur van primêre en sekondêre houtverwerkingsbedrywe. 

Houtgebaseerde Konstruksies???

Die ontwerp, vervaardiging en eienskappe van houtgebaseerde konstruksies, voe? en hegstukke, duursaamheids- en prestasietoetsing. 

Bedryfsnavorsing en -Praktyk

Identifisering en oplossing van ’n bedryfsprobleem, of die ontwikkeling van ’n produk.


NAGRAADSE KWALIFIKASIES

? NAGRAADSE DIPLOMAS  MAGISTERGRADE  DOKTORAL???E??GRADE???
Aansoekproses