肆客足球

Business Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Finansi?le Bestuur

??

Hierdie fokusarea is gerig op indiensneming in die private sektor waar 'n gespesialiseerde kennis van finansi?le bestuur en ontleding vereis word.?

Finansi?le bestuur fokus op die volgende onderwerpe:

  • Finansi?le beplanning en beheer
  • Gedragsfinansies
  • Kapitaalinvestering
  • Amalgamasies en oornames

Beroepsmoontlikhede:

  • Finansi?le direkteur
  • Finansi?le adviseur
  • Finansi?le ontleder

Voorgraadse vakke wat in Finansi?le Bestuur aangebied word:


Inleiding tot Finansi?le Bestuur 214

Samestelling van die staat van finansi?le posisie, die staat van wins of verlies en die staat van kontantvloei; die meting en beoordeling van finansi?le prestasie met verwysing na winsgewendheids-, likiditeits- en solvabiliteitsanalise; gevallestudies oor finansi?le ontleding; inleiding tot die investeringsbesluit; die finansieringsbesluit; finansieringsbronne; die dividendbesluit; finansi?le beplanning en die bestuur van bedryfsbates, met spesiale verwysing na kontant-, handelsdebiteure- en voorraadbeheer; finansi?le mislukkings; internasionale finansi?le bestuur. 


Korporatiewe Finansi?le Bestuur 244

Die evaluering en interpretasie van korporatiewe finansi?le prestasie met behulp van omvattende verhoudingsgetalontledings en volhoubaarheidsoorwegings; aandeel- en skuldbriefwaardasie; bespreking van die effek van dividendbeleid op korporatiewe waardasies; die effek van finansieringsbeleid op ’n firma se waarde; die effek van gedragvoordele en heuristieke op investerings besluite.


Finansi?le Beplanning en Beheer  314

Standaardisasie van gepubliseerde finansi?le state; herklassifisering van items uit finansi?le state vir bestuursbesluitneming; toepassing van finansi?le beplanningsproses met behulp van finansi?le vooruitskatting; berekening van die volhoubare groeikoers; beraming van ’n optimale kapitaal?struktuur; die toepassing van vrye kontantvloei-waardasies; die invloed van inflasie op finansi?le jaarstate.


Kapitaalinvestering 332

Toepassing van die volgende finansi?le seleksiemaatstawwe op groot kapitaalprojekte: terugverdienperiodemetode, metode van die ekwivalente uniforme jaarlikse koste, metode van die netto teenswoordige waarde en die interne-rentabiliteitsmetode; die invloed van inflasie by die beoordeling van investeringsprojekte en die berekening van die koste van kapitaal; prioriteitsbepaling met betrekking tot meervoudige onderling uitsluitende projekte


Finansi?le Bestuur – Navorsing  352

Identifisering en formulering van finansi?le bestuursvraagstukke en/of geleenthede; daarstelling van finansi?le navorsingsdoelwitte; identifisering van toepaslike navorsingsontwerpe; toepassing van sekondêre en/of primêre navorsing; ontleding van finansi?le data ten einde navor?singsdoelwitte te bereik.


Amalgamasies en Oornames 354

Prosesse by amalgamasies en oornames; finansi?le en strategiese aspekte; teorie?; toepaslikheid van mededingings- en ander wetgewing; empiriese gegewens; hefboomuitkope; bestuursuitkope; verdedigingstrategie?; gesamentlike projekte en alliansies; ontbondeling; bestuursriglyne. 

Vir Finansi?le Bestuursvakke in die Honneurskursus, verwys asseblief na die Honneursblad?.