肆客足球

Business Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

BCom (Bestuurswetenskappe) met fokusarea Finansi?le Bestuur

???

Sekere sleutelvaardighede word deur werkgewers in verskeie bedrywe verlang. Om studente voor te berei om doeltreffend in ‘n dinamiese en wisselvallige sakeomgewing te funksioneer, word in dié fokusarea spesifiek gefokus op die ontwikkeling van kritiese denke, probleemoplossing en navorsingsvaardighede. Essensi?le aspekte van al die modules behels die vermo? om fundamentele finansi?lebestuursvrae te ontleed deur relevante teorie? te identifiseer en toe te pas, bevindinge te interpreteer, en die implikasies daarvan met vertroue te kommunikeer.

Finansi?le Bestuur fokus op die volgende onderwerpe:

  • Ontleding van finansi?le state
  • Evalueringstegnieke
  • Finansi?le beplanning en beheer
  • Kapitaalinvestering
  • Amalgamasies en oornames
  • Gedragsfinansies
  • Finansi?lebestuursnavorsing

Sentrale tema

Waardes-gebaseerde bestuur maak ‘n sentrale tema uit. Die klem op waardes (meervoud) dui op die benadering tot die bevordering van langtermyn- volhoubare waardeskepping.

Alle finansi?lebestuursbesluite, ongeag of hulle deel uitmaak van kapitaalstruktuur- of kapitaalbegrotingsoorwegings, behoort waarde vir aandeelhouers en sleutelbelangegroepe te skep. Etiese en ESG-oorwegings (Engels: environmental, social, and governance) word met konvensionele besluitnemingsmodelle ge?ntegreer en die gevolge van gedragsvooroordele word belig.

Vooraanstaande navorsers op die gebied van korporatiewe waardasie, ESG-integrasie en gedragsfinansies is deel van dié span. Só word verseker dat navorsing op die voorpunt bly en dat praktiese voorbeelde deurlopend met studente gedeel word deur geesdriftige dosente wat passievol oor hul vakgebied is.

Loopbaanmoontlikhede

  • Finansi?le ontleder
  • Finansi?le konsultant
  • Finansi?le bestuurder/direkteur
  • Kredietbestuurder
  • Prestasie-analis
  • Risikobestuurder
  • Finansi?le kontroleur

Voorgraadse vakke vir hierdie fokusarea

  • Inleiding tot Finansi?le Bestuur 214

    Samestelling van die staat van finansi?le posisie, omvattende inkomstestaat en kontantvloeistaat; meting en evaluering van finansi?le prestasie met verwysing na winsgewendheid, likiditeit en solvabiliteit; gevallestudies in finansi?le ontleding; inleiding tot die investeringsbesluit; die finansieringsbesluit; finansieringsbronne; dividend-besluit; finansi?le beplanning en die bestuur van bedryfskapitaal met spesifieke verwysing na kontant-, handelsdebiteure- en voorraadbeheer; finansi?le mislukkings; internasionale finansi?le bestuur.

  • Korporatiewe Finansi?le Bestuur 244

    Evaluering en interpretasie van korporatiewe finansi?le prestasie met behulp van omvattende verhoudingsgetalontledings; omvattende ontleding van die kontantvloeistaat; basiese aandeel- en skuldbriefwaardasie; effek van dividend-beleid op korporatiewe waardasies; effek van finansieringsbeleid op die waarde van ‘n onderneming; evaluasie van bedryfskapitaalbestuur deur middel van die kontant-omsettingsiklus.

  • Finansi?le Beplanning en Beheer 314

    Berekening van die geweegde gemiddelde koste van kapitaal, sowel as die koste wat verband hou met die verskillende kapitaalkomponente; finansi?le waardasie van ondernemings; finansi?le voorspelling.

  • Kapitaalinvesterings 332

    Skatting van die relevante kontantvloeiwaardes vir kapitaalinvesteringsprojekte; toepassing van die volgende finansi?leseleksiemaatstawwe op groot kapitaalprojekte: terugbetaalperiode-metode; metode van die ekwiwalente eenvormige jaarlikse koste, netto-huidige-waarde-metode en die interne-opbrengskoers-metode; prioriteitsbepaling vir veelvuldige wedersyds uitsluitende projekte.

  • Finansi?lebestuursnavorsing 352

    Identifisering en formulering van finansi?lebestuursvraagstukke en/of -geleenthede; daarstel van finansi?lenavorsingsdoelwitte; identifisering van toepaslike navorsingsontwerpe; doen van sekondêre en/of primêre navorsing; ontleding van finansi?le data om navorsingsdoelwitte te bereik.

  • Amalgamasies en Oornames 354

    Tipes samesmeltings en verkrygings; strategiese motivering vir amalgamasies en oornames; wetlike aspekte; die waardasie van geteikende maatskappye; transaksiestrukturering; rekenkundige hantering van amalgamasies en oornames en post-integrasie-ontleding.

  • Verpligte modules
    • Finansi?le Bestuur 214
    • Finansi?le Bestuur 244, of
    • Beleggingsbestuur 254

Meer besonderhede

  • Programbrosjure: Die brosjure van die Departement Ondernemingsbestuur kan hier afgelaai word. Dit bevat ‘n tabel met al die modules wat in hierdie graad gedek word.
  • Programinligting: Sien al die voorgraadse programme van die Departement Ondernemingsbestuur hier.
  • Sien ook die Kalender van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe hier.
  • Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie 2022
  • Kontakpersoon vir navrae oor hierdie program: Morné Daniels by +27 (0)21 808 2392 of mmd@sun.ac.za
  • Waar om aansoek te doen: https://student.sun.ac.za/signup/
?

Vir Finansi?lebestuursmodules in die Honneursprogram, gaan asb na die Honneursblad.

?