肆客足球

Wilgenhof
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Gewilde vrae en antwoorde

Raadsvergadering van 2 Desember 2024

Die Raad het kennis geneem van en oorweging geskenk aan van die bevindings van die Kriegler-paneel, asook skriftelike voorleggings van prokureurs namens die De Jager-paneel, bykomende dokumentasie en insette wat deur die Visekanselier verskaf is en insette deur die voorsitter van die Raad.

Die Raad het ná 'n robuuste bespreking 'n mosie met meerderheidstem aanvaar wat erken dat die Visekanselier en voorsitter van die raad 'n fout begaan het deur nie die Raad van wysigings aan die De Jager-paneelverslag in kennis te stel nie. Die minderheidstemme teen die mosie is aangeteken soos versoek.

Die Raad het aanvaar dat nie een van hulle "kwaadwillig of te kwader trou of met enige bedoeling om die besluite van die Raad met betrekking tot Wilgenhof-koshuis te be?nvloed opgetree het nie, en slegs gedoen het wat hulle geglo het in die beste belang van die Universiteit Stellenbosch is".

Die mosie het die Visekanselier gekritiseer wat die verslag van die De Jager-paneel met Kanselier Edwin Cameron gedeel het. Volgens die Raad verteenwoordig dit 'n mistasting in oorsigbestuur wat nie herhaal moet word nie.

Net so het die Raad kennis geneem van die Voorsitter se verskoning vir 'n oordeelsfout wat verband hou met die nie-openbaarmaking aan die Raad van die wysigings wat aan die De Jager-paneel se verslag aangebring is. Die Raad was krities oor hierdie oordeelsfout en het die Voorsitter dit op die hart gedruk dat 'n herhaling vermy moet word.

Buitengewone Raadsvergadering

(1 November 2024) - huidige verwikkelinge, mediaberigte? en bewerings.

?

Die Universiteit Stellenbosch (US) het vir Vrydag 1 November 2024 'n buitengewone vergadering van die Raad belê om die onlangse verwikkelinge te oorweeg nadat die Kanselier se be?digde verklaring aan die media beskikbaar gestel is wat bewerings van onbehoorlike inmenging bevat ten opsigte van die bevindings van die onafhanklike paneel wat die inhoud wat gedurende 'n oudit van die ruimtes en geriewe van die koshuis gevind is, moes ondersoek en aan die Rektoraat verslag moes doen oor sy bevindings en aanbevelings. (Klik hier om die opdrag aan die paneel te lees.)

Die Raad het besluit om die aangeleentheid vir verdere ondersoek te verwys. Die Raad het die Sosiale en Besigheidsetiekkomitee ("SBE") en die Oudit- en Risikokomitee ("ORK") van die Raad opdrag gegee om toepaslike onafhanklike deskundige(s) ("Die Paneel") aan te stel en te ko?rdineer om die volgende te ondersoek: (1) die omstandighede waaronder die Wilgenhof-paneelverslag verander is, (2) of die Uitvoerende Komitee van die Raad op sy vergadering op 4 Junie besluit het dat Wilgenhof gesluit moet word, en (3) of die Voorsitter van die Raad die Kanselier se kommer oor die verandering aan die laaste paragraaf van die Wilgenhof-verslag by sy vergadering van 24 Junie 2024 aan die Raad moes bekend gemaak het.

Die paneel sal sy bevindinge betyds aan die Raad voorlê vir die Raadsvergadering wat vir 2 Desember 2024 geskeduleer is, sodat die Raad oor toepaslike optrede kan besluit. Lees die Universiteit se verklaring hier.

The Panel will present its findings to Council in time for its meeting scheduled for 2 December 2024, for Council to decide on appropriate action.

Onafhanklike deskundige(s) ("Die Paneel") sal die volgende ondersoek: (1) die omstandighede waaronder die Wilgenhof-paneelverslag verander is, (2) of die Uitvoerende Komitee van die Raad op sy vergadering op 4 Junie besluit het dat Wilgenhof gesluit moet word, en (3) of die Voorsitter van die Raad die Kanselier se kommer oor die verandering aan die laaste paragraaf van die Wilgenhof-verslag by sy vergadering van 24 Junie 2024 aan die Raad moes bekend gemaak het.

Inligting oor hierdie paneel sal beskikbaar gestel word sodra dit intern gefinaliseer is. Die Universiteit sal na verwagting hierdie week (4-8 Nov) die name van die onafhanklike kundiges wat deur die twee komitees aangestel is, bekend maak.

Die paneel sal sy bevindinge betyds aan die Raad voorlê vir die Raadsvergadering wat vir 2 Desember 2024 geskeduleer is, sodat die Raad oor toepaslike optrede kan besluit. Lees die Universiteit se verklaring hier.

?

Raadsvergadering van 16 September 2024? & verwante kwessies

Die skikking met die AWIR moet beskou word as ’n positiewe stap in die strewe na oplossings vir en toewyding aan die be?indiging van onaanvaarbare praktyke by Wilgenhof en die Universiteit se transformasiereis met die US en sy koshuise.

Die AWIR se aansoek het uit twee dele bestaan – eerstens, ’n dringende interdik om die implementering van die Raadsbesluit van 16 September 2024 te voorkom en tweedens; ’n aansoek om onder meer die Raadsbesluit van die 16de te hersien en tersyde te stel. Die implikasies van ’n suksesvolle interdik kon moontlik die implementering van die Raadsbesluit verhinder – in so ’n geval sou die koshuis dus moontlik oop gebly het, en die fasiliteringsproses vir ’n herverbeelde, nuut-ge?nspireerde studentegemeenskap, en die opgradering van die badkamers, alles tot stilstand gebring word tot tyd en wyl die hersiening van die besluit afgehandel is. Soos ons weet, kon hierdie proses etlike jare geneem het, gegewe tydlyne van hofprosedure, die beskikbaarheid van verhoordatums en die verskillende appèlprosesse tot die partye se beskikking om dit tot by die Konstitusionele Hof te voer.

Met die skikking het die Raad ingestem om Wilgenhof-inwoners te akkommodeer deur die sluitingstydperk tot een semester te verkort en deur dié studente wat dit sou verkies, toe te laat om in die grootste van die twee nuwe noordkampuskoshuise te bly.


Dit is belangrik om daarop te let dat die skikking nie die kern van die aanbeveling in gedrang bring nie, naamlik om die koshuis in sy huidige vorm te sluit en ’n gefasiliteerde proses te volg na ’n herverbeelde, nuut-ge?nspireerde studentegemeenskap.

Die Raad staan die Wilgenhof-alumnivereniging (of Wilgenhof-bond) se hersieningsaansoek in die hof teen wat poog om die verslag van die Paneel wat aangestel is om ondersoek in te stel na die inhoud van twee kamers in Wilgenhof, tersyde te stel. Die Universiteit vertrou dat hy deur die Raad en regsprosesse op koers sal bly in sy pogings om deurslaggewende verandering te bewerkstellig.

Op grond van die talle voorleggings wat van belanghebbende partye ontvang is en inaggenome alle inligting wat aan die Raad beskikbaar is, is daar besluit dit is van kritieke belang dat 'n behoorlik gefassiliteerde proses gevolg word wat die US-bestuur, huidige Wilgenhof-inwoners, ander studenteleiers en koshuishoofde insluit, ten einde 'n hernieude, herbedinkde, en verjongde manskoshuis te vorm.

Die Raad het ook kennis geneem dat dié proses bedoel is om die beginpunt te wees van betekenisvolle en sistemiese verandering in die Universiteit se strewe om 'n omgewing te bevorder waar alle studente kan floreer in 'n gemeenskap wat die waardes van inklusiwiteit, respek en uitnemendheid handhaaf en wat strook met die US se Visie 2024, US-waardes, Kode 2040, die gees van US se Restitusie-verklaring en die Suid-Afrikaanse Grondwet.

'n Vernuwende koshuis sal die opbouende aspekte van Wilgenhof erken, maar ook 'n beslissende breuk maak met die onaanvaarbare en geheimsinnige praktyke van die verlede, terwyl ons vorentoe beweeg in die bevordering van 'n omgewing waar alle studente kan floreer, in 'n gemeenskap wat die waardes handhaaf van inklusiwiteit, respek en uitnemendheid.

Ja. Lede van die Rektoraat en Raad het toegang tot al die voorleggings gehad.

Die doel van ? hernude koshuis is om die konstruktiewe aspekte van Wilgenhof erken, maar ook 'n beslissende breuk maak met die onaanvaarbare en geheimsinnige praktyke te maak. Om hierdie doel sal ? gefasiliteerde studente-gedrewe proses ook die name van die koshuis oorweeg. ?

Die koshuis sal opgegradeer word in lyn met die US se strewe om leer- en leefruimtes te skep wat uitnemendheid bevorder en sodoende aan die DHOO se Beleid oor die Minimum Norme en Standaarde vir Studentebehuising by Openbare Universiteite te voldoen.

Prof Deresh Ramjugernath (Viserektor: Leer en Onderrig), het die inwoners van Wilgenhof Maandagmiddag 16 September 2024 by die koshuis ingelig. Personeellede van die Afdeling Studentesake was ook teenwoordig.

Voornemende eerstejaarstudente wat Wilgenhof aangedui het as een van hul voorkeurkoshuise vir 2025, en wat reeds 'n koshuisaanbod ontvang en aanvaar het en (indien van toepassing) die aanvaardingsfooi betaal het, sal die geleentheid gebied word om hul koshuiskeuse te wysig voordat hulle vir plasing in 'n spesifieke koshuis oorweeg word.

Raadsvergadering van 24 Junie 2024? en die Raad se versoek vir skriftelike voorleggings

Die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het op Maandag 24 Junie 2024 vergader en breedvoerig beraadslaag oor die Rektor se aanbeveling, wat eenparig deur die Rektoraat gesteun is, dat Wilgenhof-koshuis in sy huidige formaat moet sluit op grond van die hoofaanbeveling in die verslag van die paneel wat daarmee getaak was om ondersoek in te stel na die inhoud wat in twee vertrekke in die Wilgenhof-koshuis gevind is. Die Rektor se addisionele aanbeveling was dat die gebou as 'n opgegradeerde koshuis behou moet word.

Die ontdekking van ontstellende inhoud in vertrekke in Wilgenhof vroe?r vanjaar het driftige en uiteenlopende reaksies van studente, ouers, alumni en ander belanghebbendes ontlok. Die Raad het kennis geneem dat menings oor die toekoms van Wilgenhof ten diepste verdeeld is. Dit sluit verskeie kwessies in, waaronder die interpretasie van tradisie en die behoefte dat alle praktyke by die Universiteit tot 'n inklusiewe universiteit moet lei waar alle belanghebbendes voel hulle kan behoort. Hierdie kwessies moes deeglik oorweeg word in die belang van regverdigheid, deursigtigheid en administratiewe geregtigheid, belyn met die US se visie en waardes.

Teen dié agtergrond het die Raad besluit die Rektor se aanbeveling noodsaak verdere oorweging en konsultasie.

Gevolglik het die Raad alle belangstellende en geaffekteerde persone en belanghebbendes genooi om skriftelike voorleggings in te dien oor: Die kwessies wat die sluiting of nie-sluiting van Wilgenhof tot gevolg mag hê en wat oorweeg moet word; Wat die gevolge sou wees van die aanvaarding van die Rektor se aanbeveling wat betref die herontwerp van Wilgenhof as 'n gewysigde en/of opgegradeerde koshuis; Of daar alternatiewe vir die sluiting van Wilgenhof is wat redelikerwys die bekommernisse kan hanteer wat in die paneel se verslag uiteengesit is, en wat dit sou wees; en, Watter aanwysers die Raad moet gebruik om die sukses van hierdie alternatiewe te meet.

Die tydperk vir die indiening van skriftelike voorleggings het op Woensdag 26 Junie 2024 om 09:00 begin en is afgesluit op Woensdag 31 Julie 2024 om 17:00

a. Kommunikasie is via interne e-pos en die Universiteit se webwerf versprei. Engels en Afrikaans

Die Paneel se verslag en aanveling deur Rektoraat

Die ontdekking van die items in twee kamers by Wilgenhof in Januarie 2024 en die aanstelling van 'n paneel om die items in o?nskou te neem, volg op die US se konsekwente standpunt oor die handhawing en verskansing van die menswaardigheid van al ons studente en personeel, en 'n verbintenis om onverpoosd onaanvaarbare praktyke op ons kampusse en in studente-verblyf aan die US uit te roei.

Met die aanstelling van die paneel het die Rektoraat gestreef na die verwesenliking van die transformasie van die Universiteitskultuur in ooreenstemming met US se Visie 2040.

Die Rektoraat het die paneel se hoofaanbeveling aanvaar dat Wilgenhof-koshuis gesluit moet word.

Die Rektor het gevolglik die Raad aanbeveel dat Wilgenhof-koshuis in sy huidige vorm gesluit moet word en dat alternatiewe gebruike vir die geboue oorweeg moet word. Die Raad het op sy vergadering van 24 Junie 2024 besin oor die Rektor se aanbevelings.

Ja. Kommunikasie is via interne e-pos en die Universiteit se webwerf versprei: Engels en Afrikaans

Ja, die verslag is hier op die Universiteit se webwerf beskikbaar.

??
?

? ?